Moet die DA die ANC-alternatief wees?

Die posisies van die nege belangrikste politieke partye in Nederland. Saamgestel deur André Krouwel. (Foto: Wikimedia Commons)

Die Demokratiese Alliansie (DA) se politieke strategie lyk nogal onduidelik. Dit word bevestig deur die gesloer met die Wysigingswet op gelyke indiensneming. Ja, die DA het maar sy idees. Maar ’n strategie bestaan nie net uit idees nie. Die posisie in die politieke speelveld moet duidelik wees.

In ’n veelpartystelsel is dit uiters belangrik dat die partye aangee op watter plek hulle in die progressief/konserwatief-regs/links-stelsel staan. In Nederland is so’n stelsel goed ondersoek. Dit maak eintlik nie saak waar ’n party staan ten opsigte van ’n party wat geheel verskil. Die DA hoef hom die te verduidelik ten opsigte van die Azanië-party of die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party nie.

Maar baie baie baie baie baie baie (x100) Suid-Afrikaners moet en wil weet waar die Demokratiese Alliansie staan ten opsigte van die ANC, VF+ of Agang SA. Die “Ken-Jou-DA-veldtog” het die sig op die politieke posisies verder bemoeilik.

Wat die veldtog wel duidelik gemaak het, is dat die DA in sy geskiedenis min verskil van die ANC. Beide het immers ’n anti-apartheidsverlede. By verkiesingsveldtogte “toyi-toyi” die DA met hul staat van dienslewering, as bewys dat die DA ’n goeie alternatief vir die ANC is. Die Kaapstadse DA-bestuur skree dit al vir jou: “Hierdie stad werk vir jou”.

Maar tegelyk probeer die DA nie met die ANC oor die inhoud te baklei nie, want baie DA-doelstellings is dieselfde as die ANC s’n. Dikwels stem die DA saam oor die probleem wat opgelos moet word, maar verskil die DA van mening met die ANC op die vlak van uitvoering. Natuurlik is dit moeilik om net op uitvoeringsvlak nie saam te stem nie. As die DA buitendien te hard baklei en daarmee ’n teenstander van transformasie lyk, kan sy die verkiesings in ’n rasse-sensus laat ontaard. Dit sou funes wees vir die DA én Suid-Afrika.

Daarom benodig die DA ’n koersverandering.

Die DA moenie teen die ANC skop nie, maar sê dat die DA die beter alternatief is, die alternatief wat werk. Die DA is die ANC sonder korrupsie, sonder rasbeheptheid, sonder magsmisbruik ens. Die DA moenie opposisie teen die ANC voer nie, sy moet die alternatief wees. Die DA moet die ANC uitvang op die punte waaroor ANC-ondersteuners ontevrede is.

Maar wat beteken “die alternatief wees”? Die DA moet benadruk dat hy (deels) dieselfde doele (dis nie planne nie!) as die ANC het, maar dat sy uitvoeringsplanne verskil. Die DA moet aktief met alternatiewe planne en met ’n alternatiewe agenda vir Suid-Afrika die verkiesingsveldtog voer.

Voordeel van eie planne is dat die ANC op twee maniere uitgevang kan word. Eerstens bewys die DA dat hy ’n visie op die toekoms van Suid-Afrika het. Tans ontbreek hierdie visie, want waar is die DA se eie Nasionale Ontwikkelingsplan vir Suid-Afrika? Tweedens kan die foute van die ANC beter benadruk word met eie planne: “Kyk die ANC maak hierdie foute en ons gaan dié foute nie maak nie, omdat ons hierdie planne het.”

Nee, sonder eie visie kan ’n party nie behoorlik opposisie voer nie. Tans laat die DA hom lei deur die agenda van die ANC. Dit moet anders. Dit kan anders.

Die DA moet toon waar hy staan ten opsigte van die ANC. Hy kan. As die DA daar in slaag om sy eie toekoms vir Suid-Afrika aan die publiek te toon, gaan hy glansryk die verkiesings wen. Maar ek dink nie die DA sal daarin slaag om hom ten opsigte van die ANC te posisioneer nie.

Advertisements

4 comments

  1. i90Christian, ek moet se, ek is beindruk met hierdie ontleding van jou. Ek kan nie se dat jy dinge hier skryf wat ek nie geweet het nie, maar wat jy hier gedoen het is knap ontleding.

    Die DA, dink ek, het sy plaffon bereik.

    Ek het tyd gelede geskryf oor die feit dat ek dink dat Suid-Afrika uiteindelik ‘n 2 partystaat gaan word. Ek dink steeds so maar ek dink nie die DA gaan die ‘ander’ groot party wees nie. Dit gaan eerder die Ekonomiese Vryheidsvegters wees, of Agang SA, of so iets. Miskien sal die DA ‘n koalisie met daardie party vorm wat uiteindelik die 2de ‘groot’ party gaan wees, maar die DA gaan nie self daar uitkom nie. Hulle gaan teen daai tyd die junior vennoot wees in daardie koalisie.

    Maar ek voel Suid-Afrika moet hierdie klein partytjies wat sit en niksdoen in die parlement wegvat. Watse verskil maak ‘n party soos die VF plus met sy 3 LP’s? Hulle kan nie eens by al die kommitees uitkom nie. Maar ek vir een kan nie vir die DA stem nie. Maar beslis ook nie die Vryheidsfront nie.

    Ek gaan nie my stem vir dok Piet Mulder gee om nog ‘n termyn te suig aan die agterste Nkandla speen nie daar in die kabinet nie.

  2. Die DA is maar dieselfde as die ANC. Hul doelwitte is dieselfde en die DA is nou in n dolle gejaag na swart stemme en het hul rug gedraai op minderhede. Daar is natuurlik alewig iemand wat verwys na klein “partytjies” en dat hul niks doen nie. Die VF Plus is n party wat geweldig baie regkry,maar ongelukkig word dit nie in die media weerspieël nie. Wonder hoekom het mense vir die klein partytjie,die DP,in 1999 gaan stem? Wonder hoe het Helen Suzman vd Progge destyds vrou-alleen so baie in parlement reggekry? Goeiste,wonder hoekom kry n groot party soos die ANC dit reg om niks reg te doen nie? Wat kry die DA,wat dink hy is groot,maar ook eintlik klein is,eintlik reg? Niks nie! Wie staan op vir Transnet se pensioenarisse? Die VF PLUS. Wie het darem probeer om e-tol te stop? Die VF PLUS. Watter enigste party het teen die wysigingswetsontwerp op gelyke indiensneming gestem? Die VF PLUS. Die lys van suksesse vd VF Plus gaan aan en aan. Die VF + met sy 4 parlementslede,nie 3 soos sommige dink nie,kry meer reg as wat gedink word. En nee,dr. Mulder suig nie aan Nkandla se agterspeen nie.Wat word eintlik bedoel daarmee? En nee,die VF+ sit nie hand om die blaas met ANC nie. Dis nou al holrug gery en van alle waarheid ontbloot. Gaan kyk bietjie wie is die VF Plus en wat hul doen by http://www.vfplus.org.za Die toekoms lê in minderhede,in belangepolitiek en nie getallepolitiek nie. Die VF+ is n party wat minderheidsregte voorstaan en veg daarvoor. Minderheidsregte vir die Afrikaner en ander minderhede in Suid Afrika. Kan net weereens noem dat Christian altyd insiggewende artikels skryf sonder om enigiemand te na te kom. Dankie Christian.

  3. Wat ek met die agterste speen bedoel is, dis altyd voordelig om ‘n minister in die kabinet te wees. Dit het sekere voordele . . . Selfs al sou jy die geld weier, en ek wonder of dok Mulder dit doen, dan sal dit ‘n lekker ding wees om te he op jou CV . . .

    Ek moet egter se, die DA is ook gekant teen etol. Ek dink veral aan die posters wat die DA opgesit het:

    http://www.bdlive.co.za/national/politics/2013/10/06/da-admits-to-e-toll-billboards-that-got-ancs-back-up

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s