Hollanderhaat: Afrikaners moenie kla oor Hollandse anti-apartheidstryd

(Foto: Wikimedia Commons)
(Foto: Nederlandse Wikipedia: Transvaalbuurt)

Hollanderhaat is ’n interessante verskynsel onder Afrikaners. Maar eintlik is die verhouding tussen Afrikaners (die boere) en Hollanders (die kaaskoppe) meer kompleks.

Afrikaners haat die Britte, tenminste, party van hulle sê dit. Maar daar is ook Hollanderhaat. En ja, ook die verskynsel is al baie oud. Tydens die Boererepublieke was daar al Boere wat die Hollanders beskuldig het die republieke se bestuur te kaap. Maar omdat baie Boere in daardie tyd geen weens Britse aanslae op hul kennis nie die vermoë gehad het om ’n staat op te bou nie, was dit beleid van Staatspresident Kruger om Hollanders in staatsdiens te neem. Baie sekretarisse, onderwysers en ingenieurs is vir jare lank in Amsterdam en Rotterdam ingeskeep Transvaal toe. In 1890 was meer as 3000 ingenieurs, 500 onderwysers en 25% van die land se amptenare Hollanders. Tot groot onvrede van ’n groepie Boere.

Nederlandse Nasionale Monument vir Christiaan de Wet (Foto: Wikimedia Commons)

Die ‘Tweede Boerenoorlog’ was ’n tyd van groot verbondenheid tussen Afrikaners en Hollanders, ondanks die feit dat die Nederlandse regering nie in die oorlog betrokke was nie. “Slegs” 2000 Hollanders het na die Oranje-Vrijstaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek gereis om teen die Britte te veg. Die “klein” aantal het tot meer woede onder Boere gelei. Die Hollanderhaat ten spyt, meer as 100 jaar na die oorlog word ek nog elke dag aan die oorlog herinner – in Holland. Die stasie van my stad is geopen deur Staatspresident Kruger. Ons het ’n nasionale standbeeld vir Staatspresident De Wet – op ’n plek wat De Wet in 1904 gekies het. Ons het talle Transvaal- en Afrikanerbuurte, waar strate, pleine en parke vernoem is na ons helde. Ons het tussen 1902 en 1939 ’n nasionale herdenkingsdag gehad om die slagtoffers van die Tweede Boerenoorlog te herdenk en monumente daarvan is reg oor die land versprei.

Na die Tweede Wêreldoorlog het ons vriendskap aangegaan. Daar was ’n Nederlandse afvaardiging by die opening van die Voortrekkermonument in 1949. En die regerings van Suid-Afrika en Nederland het saam die Van Riebeeckfees georganiseer. Met groot feeste in Kaapstad (SA) en Culemborg (NL) is in 1952 die 300ste verjaarsdag van die Nederlandse koms in die Kaap gevier.

Maar 1952 was ook ’n versigtige keerpunt. Waar Nederland in 1954 sy kolonies opgehef het en sy land in ’n federasie tussen die Amerikaanse en Europese gebiede omgeskep het waarby almal (ongeag velkleur) die volle Nederlandse burgerskap gekry het, het die Nasionale Party-regering planne deur die parlement geloods om die stemreg vir Kleurlinge af te skaf. Tydens die Van Riebeeckfees het Nederland beswaar teen hierdie NP-voorstelle gemaak, omdat Nederland die standpunt (gehad) het dat bruin mense ook (deels) van Nederlandse afkoms is en ook “ons taal” praat. Daarmee het Nederland hom aangesluit by voormalige Eerste Ministers soos Hertzog en Smuts. Buitendien het ons in Europa gesien en ervaar wat die resultaat van ekstreme vorme van eksklusiwiteit tot die Jodevervolging was.

Dit was ’n baie belangrike bruek met die voorgaande beleid. Waar Nederland voorheen altyd die Afrikanerdele van die kabinette Botha, Hertzog en Smuts ten opsigte van die Britse faksies gesteun het, is die Nederlandse kritiek op die NP se kleurlingebeleid die eerste Nederlandse kritiek op enige Afrikanerregering ooit. Die Nederlandse kritiek het in ’n tyd gekom, waarin Australië, Nederland, Nieu-Seeland en Suid-Afrika die enige “westerse” bondgenote op die suidelike halfrond was. Nederland het Indonesië in 1949 verloor, maar het nog Nederlands-Nieuw-Guinea gehad. Omdat die Suezkanaal deur die Egiptenare gesluit was vir enige Europees-koloniale magte, moes al die skeepsverkeer via die ou roete: KAAPSTAD. Die waarde van Kaapstad se hawe en die bondgenootskap tussen Nederland en Suid-Afrika was van lewensbelang tussen 1950 en 1963.

Die Nederlandse veroordeling van apartheid kom eers na die bloedbad van Sharpeville. Die Nederlandse regering het daardie optrede van die Suid-Afrikaanse Polisie bekritiseer. Ook is daar vrae gestel oor “die beleid teenoor swart mense”, maar dié beleid is (nog) nie veroordeel nie.

In die sestigs is daar ’n rewolusie in die Nederlandse samelewing. Die stelsel van vrywillige apartheid in Nederland (op basis van kerkverband) is deur die na-oorlogse generasie verwerp. Jy, as lidmaat van die hervormde kerk het slegs die hervormde skool besoek, jy ’t net klere gekoop in winkels met hervormde eienaars, jy luister net hervormde radioprogramme, lees net die hervormde koerant, ens. ens. ens.. Maar daai stelsel van “verzuiling” het in onguns verval en is in die sestigs en sewentigs verwerp. Desondanks het Nederland tans nog sy unieke staatstelevisiestelsel, wat volgens die beginsels van verzuiling ingerig is.

Juis toe was aparheid in Suid-Afrika op sy hoogtepunt. Ons, Hollanders, die uitvinders van apartheid, het die stelsel sopas in eie land verwerp.

Wat gebeur daar as ’n fabriek uitvind sy produke is nie veilig nie?

Die fabriek probeer sy produkte terughaal.

Juis daarom het Nederland een van die felste lande teenstanders van apartheid gehad. Dit was dieselfde mense wat die stelsel van verzuiling (vrywillige apartheid) verwerp het, wat toe teen apartheid in Suid-Afrika begin protesteer.

Maar het heel Nederland teen apartheid gestry? Nee, die Gereformeerde Kerke en die Reformatorisch Dagblad het apartheid nog lank gesteun, tot ver in die tagtigs en negentigs. Bedrywe soos Makro en Shell het nie die apartheidsboikot gesteun nie, en radikale ANC-aanhangers het meer as 30 aanslae op kantore, winkels en petrolstasies pegpleeg. Die daders – wat moontlik deur die ANC gehelp is – is nooit gevind nie. Die land se progressiewe dele (veral in die stede, wat goed georganiseer is) was teen apartheid, die vér-konserwatiewe dele (veral op die platteland, waar vrywillige apartheid soms nou nog voortduur) het apartheid gesteun.

Nee, Afrikaners moenie kla as Hollanders vir hulle sê apartheid is verkeerd nie. Die Afrikaner moet eerder boos wees vir die Hollander omdat hy hy hom so’n slegte stelsel gegee het.

Die Nederlandse stelsel van vrywillige apartheid (verzuiling)
Die Nederlandse stelsel van vrywillige apartheid (verzuiling). Hierdie prentjie is ‘n ernstige veralgemening. Die protestantse “suil” het uit ongeveer 4 of 5 verskillende suile bestaan. (Foto: Nederlandse Wikipedia: Verzuiling)
Advertisements

13 comments

  1. Ek is nie kwaad vir die Engelse nie. My oupagrootjies het teen hulle baklei, hulle kinders is in die helkampe dood. Maar dit was oorlog. Oorlog is wreed en onnodig.

    Ek blameer ook nie die Europa of Nederland omdat hulle apartheid teengestaan het nie. Dit as die regte besluit.

    Ek betreur die feit dat daar van die Boere is wat die Nederlanders verkwalik omdat hulle teen apartheid gekant was. Dit hoort nie so nie. Maar nou ja, party mense sal nooit verander nie en wil ook nie.

  2. “Holanders se anti-Aparthied-stryd!”
    Ag die arme goed, lol, hierdie Blog is besig om een van my gunstelinge te word! Snaaaaaaaaaks!
    Die Holanders; hoe dankbaar moet die wêreld nie wees vir hierdie mense nie? Hoe primitief en vervalle sou die wêreld nie gewees het as die Heilige Holanders nie daar was om die stryd te stry nie… …gerêd het hulle Suidafrika, dankie Wilhelmina, dankie Cornelis, dankie Daan! Ons dank u, dankie.

    • Nee, die grap word net erger: die meeste Hollanders dink hul buitelandse beleid is die beste in die wêreld. Ons hou van ons vingertjie-politiek of dominee-gekla. Tussen die stasies het ons skielik ‘n verlede van handelskolonialisme (slawe, VOC, Royal Dutch Shell en (BHP) Billiton) en apartheid, om van die Afrikaners nog nie eens te praat nie. Maar ons hou daarvan om hierdie onderwerpe onder die mat te veeg. Ons verlede word net grondig ontken.

      Nee wat, die wêreld mag maar dankbaar wees vir die Hollandse buitelandse politiek… 😉 (sarkasme)

      NS. Verwoerd ontbreek in jou rytjie van Nederlanders wat Suid-Afrika “gered” het…

      • Ek het bittermin verstaan van wat jy daar gesê het holander:

        “Ons hou van ons vingertjie-politiek of dominee-gekla. Tussen die stasies het ons skielik ‘n verlede van handelskolonialisme (slawe, VOC, Royal Dutch Shell en (BHP) Billiton) en apartheid, om van die Afrikaners nog nie eens te praat nie. Maar ons hou daarvan om hierdie onderwerpe onder die mat te veeg. Ons verlede word net grondig ontken.”

        Wat?!

        • Dat ons Hollanders daarvan hou om vir ander mense “die waarheid” te sê en mense tereg te stel vir die dinge wat hulle fout doen. Dit terwyl ons Hollandse hande ook glad nie skoon is nie: ons het “multinationals” soos Shell, Billiton en die VOC opgerig en in vervloë tye in slawe gehandel.

          Die Nederlandse dominees en die koopmanne werk maar saam in die buiteland, terwyl hulle ook teengestelde belange het. Ekonomiese belange en menseregte gaan dikwels nie saam nie.

          Maar ek praat nou wel sleg oor my eie buitelandse diens, maar wat van jou buitelandse diens, Andre? Jou buitelandse diens was vir jare lank maar die mees geboikotte diens in die wêreld…

          En tog verstaan ek nie hoekom jy wil hê dat Afrikaners die Nederlanders moet haat nie.

          En by-the-way, ek is nie ‘n Holander nie. Ek is ook nie ‘n HoLLander nie, ek is slegs ‘n Nederlander. Jou sistematiese “skryffout” beskou ek as ‘n groot belediging. Dalk is ek selfs ‘n Fries. Wie weet? Ek like glad nie die siniese toon waarop jy oor Hollanders praat nie. Of versprei die Hollanderhaat oop en bloot, maar gaan dit nie in sarkasme verskuil nie – net omdat jy bitter is oor daardie volkie aan die Noordsee. Hier praat ons met oop visiere – soos ‘n volwasse debat gevoer moet word.

          • Nee, nee, nee jy verstaan nie.
            Shell, Biliton en die VOC is/was van die bitter min goeie goed wat uit die Nederlande gekom het. Die Nederlande doen goed wanneer hulle in eiebelang handel, want dan is hulle tenminste eerlik.
            Dit is presies die inmenging in ander mense se lewens wat die skade aanrig, bv. jy wat probeer Afrikaans skryf en voorgee asof jy met Suidafrika iets te doen het en asof jy insig het om uit te deel.
            Dankie vir die moeite holanders ons weet julle bedoel goed maar asb. gaan weg! Los ons uit! Bepaal julle by julle eie dinge, julle eie land! Julle het genoeg skade aangerig met julle goeie bedoelings, asb. gaan sien ‘n sielkundige as julle gewetes julle nie meer kan dra nie, of gaan lê belydenis af maar hou op om julle gewetes te probeer paai deur ander mense te “help”… julle help nie!

            Boere haat nie Nederlanders nie. Nederlanders bestaan nie vir ons nie. Zulus en Xhosas en Sothos en al die mense in Suidafrika bestaan vir ons, maar nie Nederlanders nie, Nederlanders bestaan net in hulle groot monde en hulle groot woorde wat oor die see angevlieg gekom het, ons het mooi geluister en weet nou dat daardie mense geen idee het waarvan hulle praat nie en dat hulle tien teen een aan ‘n Neurose lei.

            Verstaan?

              • Kom nou Christian, raak ‘n bietjie rustig. Vertel ons eerder van jou land en jou mense en dinge. Plant julle nog blomme? Lê die water hoog hierdie jaar? Dit is tog baie interesanter en maak meer sin, dan weet jy tog waarvan jy praat.

                Boere mense is dit wat verder gegroei het nadat hulle voorouers die europese wortels afgekap het en in Suidafrika gaan bly het. Jy groei nog op daardie wortels wat van Boere mense afgekap is.
                Boere is ander mense Christian, respekteer dit eers, dan kan ons dalk verder gesels. Moeilik om te verstaan nê?

  3. Ek geniet altyd i90Christian se perspektiewe op Suid-Afrika. Ek en Christian het al erg baie verskil oor sake in die verlede, maar ek verwelkom sy belangstelling in my land en ek het al baie dinge geleer by i90Christian se skrywes. Christian het ‘n reg om in Suid-Afrika belang te stel – ‘n reg wat niemand mag ontneem nie.

    Ek wag nog vir die dag wat Andre enige positiewe kommentaar op enige plasing hier lewer. Tot dusver was als negatief en van dit selfs haatdraend.

      • Jy kan maar gaan leer by ander mense hoe om beskaaf deel te neem. Jy is amptelik die heel eerste kommentator op die Afrikaanse Opinieplatform wat gemaklik voel met die gedagte van om ander mense te haat en te verwerp.

        Ek het ‘n ingeboude wantroue wanneer dit by teoloë kom. Dit kom met die jare en jare wat ek deur hulle seergemaak was. Moet se jy doen nie veel om my negatiewe indruk van hulle te verminder nie.

          • Nee ek weet nie. Pleks jy se wat jy wil se, maar jy praat in sirkels nes die gemiddelde teoloog en jy weet ook beter as elke ander mens nes gemiddelde teoloog. Weet nie hoekom jy deelneem hier nie. Jy is duidelik beter as die mense wat op hierdie platform skryf. Ons is ver benede jou kennis.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s