Teologie vir die twyfelaar (10): Teenkultuur en van hulle interessante boeke

Teenkultuur is ’n goeie ding in ons gemeenskappe, want dit daag ons persepsies uit. Die gaygemeenskap is nie presies teenkultuur nie, hulle is eerder teenoorgestelde kultuur (as die aanvaarde patriargale norm as vertrekpunt geneem word). Tog is die gay gemeenskap knaend besig om vrae te vra oor ons identiteit, oor ons spiritualiteit, oor hoe ons dink oor onsself en andere.

Teenkultuur is ook nie anti-kultuur nie. Goeie voorbeelde van anti-kultuur is Laveyaanse Satanisme sowel as ateïsme (wat Laveyaanse Sataniste ook eintlik maar is). Anti-kultuur is ’n bedreiging vir ons Grondwet en vir ons landsleuse van ‘Eenheid in verskeidenheid’. Hoewel ’n ateïs die vryheid moet he om hom of haarself te beywer vir die uitroei van godsdienste, moet die samelewing hulle pogings voortdurend monitor, want ateïsme is ’n fundamentalistiese ingesteldheid wat ditself leen tot die skending van andere se regte. Dit is net soos die fundamentalisme wat mens kry in die Christendom of die Islam of in watter ander geloofgemeenskap ook al.

’n Goeie voorbeeld van teenkultuur is die sogenaamde ‘stand-up comedy’, wat so floreer in Suid-Afrika. Die kunstenaars sowel as hulle ondersteuners. Dit is nie ‘polities korrek’ om van Loyiso Gola se werk te hou in Suid-Afrika nie, maar Gola vra vrae oor Suid-Afrika. En selfs al sou mens kon argumenteer dat hy dit net vir die geld doen, dan kan mens nie ontken dat sy aanhangers hom ondersteun omdat hulle die norme uitdaag nie.

In ons spirituele lewens bestaan daar ook natuurlik dinge soos teenkultuur. Mense wat mekaar op ’n vriendelike manier uitdaag en mekaar bevraagteken. Party doen dit weliswaar net vir geld. Een so iemand wat stink ryk geword het uit die naïwiteit van die Christendom, is ene Dan Brown, wat met sy boek ‘The DaVinci Code’ (wat ’n uitstekende fiksie is so terloops) die grootste pot strooi verkoop het as die ‘historiese’ en mense totaal en onnodig op hol gehad het.

Maar een ander werk wat ek altyd aan dink, wat viervoetig in die tradisie van kruiskultuur val, is die boek ‘The Shack’ van ene William P. Young. Dit was ’n boek wat vervloek was deur menigte prediker. Vir baie teoloë is dit belangrik om die monopolie oor die verstaan van God te hou. Hulle sê mos nie verniet ‘there’s no business like show business’ en DIS die beroep waarin hierdie mense staan. Daarom staan hulle op hemelhoë kansels, klein torinkies van Babel, wat hulle kamstige spesiale status by God illustreer. En omdat hulle verkondig dat God iewers daar buite in die uitspansel bly, is dit belangrik vir hierdie mense om hulle volgelinge ‘dom’ te hou, en te sorg dat hulle volgelinge bly vasklou aan die antieke kosmologie van voor die tyd van teleskope en ruimtereise.

Die Shack het gekom en basies gesê dat – daar is te veel mense wat maak asof hulle weet wie God is. En gevolglik leer die Shack vir ons dat hoe ons lewe, is veel veel meer belangrik as wat ons glo en wat ons persepsies is. Ons verstaan eintlik maar min. Selfs in die Bybel staan dit daar dat ‘nou kyk ons in ’n dowwe spieël, sien ’n raaiselagtige beeld’ – dieselfde Bybel wat gebruik word deur hierdie predikers op hulle kansels om mense mee te piets. Om mense bang te maak.

So is dit ook met hierdie geval van die sanger Dozi. Ek is maar versigtig om ds. Isak Burger se kritiek te sluk. Isak Burger het al interessante boeke geskryf waarvoor ek groot waardering het, maar hy herinner my bietjie aan daardie soort wat dink dat hulle God se kop kan lees. Wel eintlik kan hierdie mense ook nie anders wees as om te dink hulle kan God se kop lees nie, want hulle glo immers dat hulle hierdie ‘persoonlike verhouding’ met God het, en dat húlle spesifieke ‘verhouding’ met God baie beter is as meeste ander mense s’n, en dat hulle gevolglik vir God so goed ken en weet wat God vir die wêreld wil he dat, nou ja . . . Dat hulle maar kan veroordeel en veroordeel en veroordeel.

En dan, nadat hulle vir almal vertel het hoe ‘verkeerd’ hulle is en hoe vuil en sleg dan sit hulle en wonder, haai maar dis nou snaaks né, hoekom kom niemand meer na ons kerke toe nie? Ons is dan sulke ‘nice’ mense.

Maar nou ja, ek hoor hulle respons al. Ek weet wat hierdie mense dink. Hulle sal sê ‘nice’ kry jou nie in die hemel nie.

Want ons moet ook in die hemel in opstyg soos ’n vuurpyl eendag. Diep, diep in die uitspansel in.

Advertisements

2 comments

  1. Ek dink dit is maar weer ‘n goeie artikel oor die hoe en wat in ons samelewings.

    Nou vra ek hoekom ateïsme anti-kultuur is? Omdat dele daarvan teen geloof stry? Dan is die Christendom heeltemal anti-kultuur, want die Evangelie MOET EN SAL versprei word. By die Christendom is die gelowige verplig om die evangelie te verkondig. Dit beteken dat al die ander gelowe en oortuigings vernietig moet word. Sommige ateïste is daarvan oortuig dat alle gelowe uitgeroei moet word, maar ander mense (veral liberale mense) deel die standpunt nie.

    Dus as by die Christendom (en ook by die Islam) alle ander oortuigings uitgeroei moet word en jy as gelowige daartoe verplig is, terwyl die ateïs kan kies, wat is dan ‘n bedreiging van ons Grondwette? 😉

    • Jy is so reg i90Christian. Die artkel is geskryf met die uitgangspunt dat die Christelike geloof die norm is, soos dit inderdaad in Suid-Afrika die geval is, anders as in Europa.

      Maar sjoe jy kry darem baie verdraagsame Christene wat nie hul geloof juis op andere afforseer nie

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s