Los gedagtes om die film ‘Oh Schuks, your country needs you’

Leon Schuster (Foto: Wikimedia Commons)

Ek voel my tog geroepe om ietsie te skryf oor die film ‘Oh Schuks, your country needs you’. Dit is altyd moeilik vir ’n blogger, want jy het daardie behoefte om te skryf, dit sit in jou, maar daar is te veel onderwerpe, en jy moet kies wat jy aanpak en wat nie. En is dit wat jy uitlaat altyd net onbelangrik? O nee, gladnie. Jy laat dinge vir verskeie redes uit. Een rede is dat jy te min weet van ’n bepaalde saak om iets daaroor te sê. Dit is miskien een van die belangrikste maatstawwe as mens besluit om te blog, dat as jy te min van iets weet, vermy liewer die onderwerp, laat dit aan ’n ander oor.

Ek was nie van plan om iets oor Schuster te skryf nie, maar nou het ek destyds ’n stuk oor sy vorige film ‘Mad buddies’ geskryf – ’n film waarvan ek min gedink het. Daarom voel ek moet ek ietsie oor sy nuutste poging skryf.

Leon Schuster is bietjie soos Kurt Darren. Die man het ’n resep van wat vir hom werk en wat nie. Natuurlik is karakterontwikkeling dikwels ’n goeie ding, maar in Leon se geval . . . Hy is ’n Kurt Darren. Hy is ’n Michael Connelly. En sy gehoor kan nooit, maar nooit genoeg kry van dieselfde ding oor en oor nie. En dit is wanneer Schuks niksvermoedende mense se moermeter so ver as moontlik opstoot.

Met ‘Oh Shucks, your country needs you’, keer Leon terug na sy wortels toe. Sy groot werk het jare gelede begin met ‘Die Vrypostige mikrofoon’. Want dit wat hy op film doen het kan net so goed op radio gedoen word. En die nuwe ene is uitstekend. Daar was wel van hierdie films wat nie ‘candid camera’ was nie maar wat heel geslaagd was oor die jare. Daar kan gedink word aan films soos ‘Mama Jack’ en ‘Oh Shucks, here comes UNTAG’, onder andere. Maar dit is die ‘candid camera’ wat van Leon die legende gemaak het wat hy is.

En die nuwe film, wel, al wat ek kan sê is ek het dankbaar gevoel toe dit verby was, nie omdat ek die tyd omgewens het nie, maar omdat mens ook net só baie kán lag. ‘Oh Shucks, your country needs you’ is BESLIS iets wat ons nodig het in hierdie land. Dit is ’n baie knap klassieke stuk Schuster.

Advertisements

2 comments

  1. Ek het Schuster se film uit 2010 gesien, die een wat oor die voorbereiding van die 2010 FIFA Wêreldbeker Sokker gaan. Ek het daai film baie geniet. Ek het dié fliek vanmiddag – nadat ek jou artikel gelees het – sommer weer op my rekenaar gekyk. Dit was een van die erfenisse van my vriende uit SA.

    Ek weet nie wat ek moet vind van Leon Schuster nie. Dit lyk vir my of hy weinig uitdaging in sy flieks het. Sy films maak jou lag, maar raak geen dieper emosionele laag nie. Dit is te oppervlakkig. Maar dalk maak dit juis ‘n goeie film – juis vir SA. Juis ‘n fliek sonder betekenis, net om die dag se sieklike nuus te vergeet.

    Maar verseker dankie vir jou resensie! 🙂

    • Ja ek dink dit moet vir hom soms net so swaar wees. In die nuwe film raak hy iets hiervan aan, want die hele idee is dat, hy is nou moeg vir candid camera, maar Shorty oortuig hom hy MOET weer ene maak, want ‘sy land het hom nodig’. En dan kry hy sy ‘seun’ om hom te help en om van die houe te vat.

      Ja Leon se werk is suiwer vir ontstpanning. Meeste van dit. Hoewel sy lied ‘hier kommie Bokke’ ‘n groot lied was in 1995 tydens die wereldbeker en baie mense aangegryp het.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s