Kommentaar op die film ‘Nelson Mandela – The long walk to freedom’

Nelson Mandela en die Amerikaanse president Bill Clinton in 1993 (Foto: Wikimedia Commons)

Nelson Rolihlahla Mandela (Madiba), Suid-Afrika se heel eerste demokraties verkose president. Sy gesig is die mees bekendste gesig op die ganse aarde. Hy is ’n internasionale ikoon van vryheid en geregtigheid. En sy outobiografie, ‘Die lang pad na vryheid’, is nou verfilm en het in ons teaters begin draai. Hierdie is nie ’n resensie nie. Dit is sommer net los gedagtes oor my indrukke van die film.

Ek moet begin deur te sê dat die idee om ’n ‘biografie’ te verfilm volgens my ietwat ongewoon is. Ek dink nie dat film die beste manier is om reg te laat geskiet aan enige mens se lewe nie. In die minste oud-president Mandela se kleurryke lewe. Dit gesê dink ek dat ’n film van hierdie aard op die lange duur eintlik half onafwendbaar is. Dit gaan ’n uitdaging wees om die nalatenskap van Madiba vir die toekomende geslagte relevant te hou. Maar dit is iets wat ons net sal móét doen in Suid-Afrika.

Ek het hierdie film geniet. Daar is al baie swakker films geskiet. Wat vir my die meeste kere uitstaan in hierdie film, is Madiba se vermoë om sy eie kop te volg. Dit gebeur oor, en oor, en oor. So was dit in sy lewe. So is dit ook dan in hierdie film. In 1963, tydens die Rivonia verhoor, maan Fischer hom om nie sy repliek te lewer nie. Madiba gaan teen Fischer se raad in en lewe sy nou legendariese toespraak waarin hy erken dat hy dade van terreur beplan het, dat hy nie daardie dade wóú doen nie maar daartoe gedryf is, en hy verklaar dat hy bereid is om te sterf vir sy ideaal van nie-rassigheid.

En toe was daar die tyd toe hy in die tronk was, en die regering begin met hom onderhandel. Sy naaste bondgenote kritiseer hom en sê Madiba, dis nie reg dat jy man alleen met die regering onderhandel nie. Wat gaan doen Madiba? Hy gaan teen die koukus in en veto sy eie koukus en hou aan onderhandel.

Daar was die tyd toe daar onderhandel was oor mag. Sy volgelinge het geglo daar mag geen magsdeling wees nie, maar Madiba gaan hulle tee, en sê nee, ons moet die mag deel.

Die film wys ook baie goed onder hoeveel druk Madiba by tye verkeer het, soos wat faksies binne die ANC gesmag het daarna om die gewapende stryd voort te sit, terwyl Madiba gesmag het na vreedsame onderhandeling.

Die film is egter minder toeganklik vir mense wat nie redelik goed onderleg is met die algemene geskiedenis van Suid-Afrika nie. Ek neem as voorbeeld twee spesifieke sake. Een is die Sharpeville skietery. Daar word nie, vir wat ek gesien het, ENIGE melding gemaak van die Pan African Congress (PAC) se rol in die gebeure nie, en ook nie hoe die PAC en Sobukwe se populariteit die ANC beïnvloed het nie. Dan is daar ook byvoorbeeld iets oos die United Democratic Front (UDF) in die film. Die film gee mens geen informasie oor wie die UDF was of hoe die UDF tot stand gekom het nie. En hoe baie mense gaan geen idee he van wat hierdie ‘UDF’ was nie?

Soos dit gaan met hierdie dinge, is dit ook maar in hierdie film die geval dat die boek beter is as die film. Films is nou maar net eenmaal vir mense wat nie graag lees nie. Vir my is een van die mees aangrypendste tonele in die film die slottonele, waar Madiba deur die veld stap. En dan word een van sy mees legendariese gedagtes aangehaal – mense word nie gebore om te haat nie, haat is aangeleerde gedrag. En omdat ons kan léér om te haat, moet ons tog kan léér om lief te he ook. Maar die onus rus op die ouer generasies. Kinders kan nie sonder oumense nie. Ons sien dit in die toneel waar Madiba sy kleinseuns aanvat omdat hulle die wit mans kwaadwillig spot.

Ek moet sê dat, ek dink oor ’n saak soos die Rivonia verhoor sal mens al meer as genoeg materiaal kan saamstel om ’n film oor dit en nét dit te maak. Sover my kennis strek was Madiba se toespraak veel veel langer as wat mens in hierdie film sien.

Maar as daar een ding is wat ek hoop mense uit hierdie film kan neem, dan is dit dat daar tye is om die groep te volg, en daar is tye om jou eie kop te volg. Madiba was in sy lang en ryke lewe iemand wat gewéét het van wanneer die een en wanneer die ander. Hy was niemand se ‘puppet’ nie. Hy was iemand wat kon luister na andere, maar wat uiteindelik self besluit het. Selfs sy eie lewe was nie vir hom so belangrik soos sy vryheid van gewete en die vryheid van sy medemense nie. Hy was bereid om ter dood veroordeel te word by Rivonia vir dit waarin hy glo. Hoe baie van ons kan dit sê?

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s