Europa: Die stryd van België amper verby?

Kaart van België  (Foto: Wikimedia Commons)
Kaart van België: Vlaandere geel, met Nederland in die noorde en ooste. Waals rooi, met Frankryk in die suide en Duits blou met Duitsland in die ooste. (Foto: Wikimedia Commons)

België? Hoekom België en wat is die belang daarvan vir Suid-Afrika? Die antwoord is baie. Die land het eintlik perfekte taalapartheid, nadat die Nederlandssprekendes in die Vlaamse deel van die land vir meer as 100 jaar oorheers is deur die Franssprekendes uit die suide.

Tydens die Belgiese onafhankelikheidsoorlog, waarby die Franse adel oor die Nederlandssprekende noorde geheers het, moes die weermag van Frankryk die Franse adel help om die mag oor Vlaandere (die Nederlandse deel van België) te hou. Antwerpen, die grootste stad van Vlaandere, was nog vir lank in hande van die Nederlanders en (volgens sommige bronne) wou die inwoners van Vlaandere nie regtig die rewolusie steun nie.

Maar in daardie tyd was geloof belangriker as taal, dus die Katolieke Vlaandere het hom saam met Katolieke Wallonië (die Franse deel van België) afgeskei van die Protestanse Nederland. Dit was die begin van die taalonderdrukking. Die Nederlandse taal is in 1830 afsgeskaf as amptelike taal (7 jaar na dit ook in die Kaapkolonie gebeur het). En die meerderheid van die bevolking moes skielik Frans begin praat teen hul heersers.

Die Franse adel het die land slegs in Frans bestuur, ook op stadsvlak, waarby die mense in die Vlaamse stede natuurlik Nederlands gepraat het. Na politieke proteste en stakings ens. het die Belgiese parlement in 1898 bepaal dat Nederlands en Frans gelyk moes wees. Wat die “gelykheid” ingehou het, was baie duidelik. In die weermag het die Franse offisiere vir die Vlaamse soldate in Frans die bevele geskree, en vervolgens in Frans geroep: “Dieselfde geld vir die Vlaamse soldate.”

Na die Eerste Wêreldoorlog word Nederlands die amptelike taal op die Rijksuniversiteit Gent (die universiteit het tans ook ‘n Departement Afrikaans). Ook word die sg. Talentelling ingestel, waarby die aantal sprekers van Nederland, Frans en Duits op dorpsvlak getel word.

Tussen 1900 en 1940 vind egter die Verfransing van Brussel plaas. Die grootste Nederlandssprekende stad (en voormalige hoofstad Nederland) se taal raak Frans… Na die Tweede Wêreldoorlog raak die Vlaminge (Nederlands) en Wale (Frans) verder van mekaar verwyder. Die koningskwessie, skoolstryd en sosiaal-ekonomiese teenstellings beheers die Belgiese politiek. Steeds staan Vlaminge en Wale reglynig teenoor mekaar.

Franse vandaliste het die Nederlandse teks op die tweetalige bord by die plek 's Gravensvoeren onleesbaar gemaak
Franse vandaliste het die Nederlandse teks op die tweetalige bord van ‘s Gravensvoeren onleesbaar gemaak

In 1961 bars die bom. Die taalgrense word vasgestel. Dit beteken dat jy geen taalregte het aan die ander kant van die grens. Vlaandere is Nederlands, Wallonië is Frans en Brussel tel 19 tweetalige munisipaliteite. Die Vlaamse Voerstreek word eintlik by Wallonië ingedeel (in Voeren praat hulle Rupuardies – ‘n Nederlands-Franse grensdialek), maar in 1963 word dit Vlaams. Die streek sou nog lank onrustig bly, totdat Nederlandse immigrante (want die Voerstreek grens aan Nederland) die balans regtig na Nederlands laat slaan. Tussen 1963 en 1968 is daar ook taalonrus op die universiteit in Leuven (Vlaandere). Die tweetalige universiteit se Franse deel wil uitbrei, teen die wil van die Vlaamse inwoners en studente van die universiteitstad. In 1968 breek ‘n opstand in Leuven uit en word die Franssprekendes letterlik die stad uitgegooi en verban na ‘n nuwe stad aan die andere kant van die taalgrens: Nieu-Leuven. In die 1970’s skeur buitendien die meeste nasionale politieke partye in ‘n Nederlandse en Franse deel.

In 1993 word België ‘n federale staat. Amper alles word geskei. Kultuur, onderwys, transport, infrastruktuur, sosiale dienste; alles kom in die hande van die twee taalgemeenskappe. Die tweetalige Brussel ook word ‘n gewes, nes die taalgemeenskappe. Tans tel België 5 minister-presidente (1 nasionaal, 4 VL/FR/DU/Brussel), 4 parlemente (nasionaal, Vlaams, Waals, Brussel). Buitendien kan die nasionale regering nie die beleidsterreine behandel wat reeds deur die deelstate behandel word nie.

Maar die Belgiese “apartheid” is tot op die milimeter deurgevoer. Waar Suid-Afrika ‘n mislukte stelsel gehad het, het België sy stelsel so gemaak dat almal gelyk is, maar as jy dienste in jou taal wil hê, kan jy net in jou gemeenskap tereg. Woon jy as Waalse meneer in ‘n Vlaamse munisipaliteit, dan is jou openbare lewe geheel Nederlands, omdat die politiek Nederlands is, jou werk is Nederlands, jou sportvereniging is Nederlands ens. Hulle moet, want bedrywe kan immers nie hul vergunnings in Frans kry as hullein Vlaandere sake dryf nie. Voor Vlaminge in Wallonië geld dieselfde: slegs Frans.

Maar die federalisering van België is nie genoeg – volgens baie Vlaminge. In die nasionale parlement kan daar ‘n oorlog uitbreek as ‘n pakkie suiker wel die Nederlandse opkrif het, maar geen Franse opskrifte nie. Ja, dit het werklik gebeur. Alle Vlaamse partye wil nog meer outonomie vir Vlaandere. In 2010 en 2011 het België 541 dae geen regering gehad nie. Dit was die langste regeringsformasie in die wêreld, omdat die Vlaamse en Waalse politieke partye nie daarin kon slaag om saam ‘n regering te vorm nie. Die Waalse sosialiste het uiteindelik ‘n tipe staatsgreep gepleeg deur die grootste party van België, die Vlaamse N-VA, buite die regering te hou. Die Vlinderakkoord – wat uit die regeringsonderhandelings gekom het en nou word uitgevoer  – voorsien gedeeltelik in verdere outonomie vir die geweste.

Maar ‘n nuwe stryd het hom al gemeld: Die nasionale verkiesings van 2014. Die grootste party van Vlaandere (en van België), die N-VA, het sy partyprogram reeds gepresenteer. Die N-VA wil meer outonomie vir Vlaandere. Hy wil byvoorbeeld dat die belastings op gemeenskapsvlak geïn word.

Maar wat is die belang vir Suid-Afrika met sy 11 tale en 23 kultuurgroepe? Dit mag ‘n mens self bepaal. Maar die Belgiese storie word gruwelik wanneer ‘n mens die jare van staatshervormings in België en Suid-Afrika vergelyk… Daarvan mag die konklusie wees dat 6 miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika op die gebied van taalregte agteruit boer, terwyl hul 6 miljoen taalbroeders in Vlaandere stadig vooruitgang boek…

N.S. Moenie dink Vlaminge was so dom as Afrikaners om ‘n eie taal te kies nie. In Vlaandere praat ‘n mens NEDERLANDS. Vlamige gebruik dieselfde taal- en spellingsreëls as Nederlandssprekendes in Nederland en Suriname.

Advertisements

2 comments

  1. n Baie goeie stuk wat geskryf is. Is Vlaandere nie ekonomies sterker as Wallonie nie? Blykbaar kla baie Vlaminge hulle moet die Franssprekende Wallonie ekonomies dra. O Ja,wat het vd Vlaamse Blok en manne soos Filip De Winter geword?

    • Ja, Vlaandere is ekonomies sterker as Wallonië, maar vóór 1940 was Wallonië sterker, omdat die Franssprekende adel die grootste industrieë daar gevestig het (en dus weggehou het uit Vlaandere). Vlaminge kla inderdaad oor die feit dat hulle Wallonië ekonomies moet dra, omdat die Wale (ook) steeds elke staatshervorming blokkeer. Hoewel Vlaminge in die meerderheid is, het die federalisering veroorsaak dat beleidsvoorstelle aan beide kante ‘n 50% meerderheid moet hê. Dit was tot voor kort nie ‘n probleem nie, maar nou Vlaandere regs stem en Wale links, moet die regering dus teenoorgestelde politieke standpunte herberg, nog los van die taalpolitiek.

      Die Vlaams Blok bestaan nie meer nie. Die party was in 2004 (tereg) veroordeel vir rassisme. Die party het homself toe omgeskep in die Vlaams Belang. Maar die party het steeds weer probleme gekry omdat verskillende partyleiers kontakte gehad het met Duitse Neo-Nazi’s (‘n politieke doodsonde in Europa), en omdat een van die voormalige partyvoorsitters gesê hy wou vroeër na apartheid-Suid-Afrika emigreer, omdat die stelsel hom nie gesteur het nie (ook ‘n doodsonde). Die Vlaams Blok en Vlaams Belang is beide verregse partye. Dit het gelei tot ‘n koalisie-uitsluiting deur alle ander Vlaamse partye en dus kon Vlaams Blok nêrens aan die mag kom nie.

      Tegelyk het die N-VA meer en meer populêr geword, ook omdat dit ‘n goeie alternatief was, omdat hulle minder regs is. Ekstreme standpunte van die VB word nie gedeel deur die N-VA nie, terwyl die harde taalpolitiek en die onafhankelikheidsstrewe ook deel is van die N-VA se politiek.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s