Lesersartikel: Hondegevegte is ‘n onding

Hondegeveg uit ‘n Hollandse boek uit die 17e eeu (Foto: LACMA / Wikimedia Commons)

Ek kyk nou die aand die TV-nuus en sien n stuk oor hondegevegte en wonder hoekom mense sulke dinge doen. Dit sluit aan by my artikel wat ek oor dieremishandeling geskryf het.

Blykbaar is daar verskillende kategorieë of klasse waarin die honde met mekaar veg. Die een kategorie is glo vir enige tipe hond en honde word sommer van die straat af daarvoor gebruik. Die ander kategorie is nou weer vir die “spesialis” honde. Dis natuurlik honde soos ‘n Pitbull en dies meer wat geklassifiseer word as veghonde.

Lyk my die honde veg teen mekaar en dan word daar geld verwed op die honde. Die eienaar sal seer sekerlik ook n bedrag geld kry as sy hond wen. Dis ontstellend dat mense honde sulke dinge sal laat doen net vir geld.

Is geld dan belangriker as ‘n dier se welstand? Het die mens dan so laag gedaal dat hy geen meer waardes het nie? Geen respek vir enige lewe nie?

Daar sal beslis aandag aan hierdie saak gegee moet word en swaar strawwe sal opgelê moet word vir oortreders. Belonings moet ook uitgeloof word aan mense wat hierdie dinge sien en help om oortreders aan die pen te laat ry. Hondegevegte is beslis nie enige vermaak nie en om geld op die honde te verwed ‘n onaanvaarbare praktyk wat beslis uitgeroei moet word.

Hondegevegte is ‘n onding en n klad op die mensdom. Ons is daar om na ons diere om te sien, nie te misbruik vir geldelike gewin en hul te mishandel nie. Ek glo almal sal saamstem: Genoeg is genoeg!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

4 comments

  1. Ek is ‘n vredeliewende, liefdevolle mens maar as ek iemand alleen kry in ‘n donker hoekie wat honde laat veg, gaan ek vergeet ek is ‘n gelowige heiden en daardie man ‘n goeie loessing gee.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s