Lesersartikel: Die Afrikanerdebat ver verby

Afrikaners (Foto: Wikimedia Commons)

Wie is die Afrikaner? Hierdie vraag word soms moedswillig gevra deur mense wat nie altyd die Afrikaner goedgesind is en dit is eintlik onnodig wat almal weet of behoort te weet wie die Afrikaner is.

As mens dan daai vraag wil beantwoord kan daar kortliks gesê word die Afrikaner is ‘n inheemse blanke Afrikaanssprekende volk van Afrika met sy eie unieke kultuur,geskiedenis en tradisies. Netso het die Afrikaner ook sy gelofte wat hy herdenk op 16 Desember. Die Afrikaner het ook sy eie onafhanklike Boererepublieke gehad en die bekendste was die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) en die Republiek van de Oranje Vrijstaat. Hierdie republieke het saam geveg teen die Britse Ryk in die Vryheidsoorloë.

Ons weet beroemde Afrikaners was mense soos genl. De Wet,genl de la Rey en Danie Theron. Die Afrikaner het ‘n baie interessante geskiedenis en is ‘n trotse volk wat hom nie laat onderkry nie.

Ons moet ook net onthou dat nie almal wat Afrikaans praat Afrikaners is nie want daar is groepe wat hul eie identiteit het, eie geskiedenis en eie kultuur. Hulle praat wel Afrikaans, maar behoort nie tot die Afrikanervolk nie.

Die Afrikaner weet wie hy is en hy is hier om te bly in Suid-Afrika. Laat ons dus ophou vra wie die Afrikaner is en eerder kyk hoe ons minderheidsregte kan bevorder. Regte vir die Afrikaner en regte vir álle minderheidsgroepe in Suid-Afrika.

Daar is so baie volke en tale teenwoordig in ons land en dis tyd dat ons erkenning gee aan elkeen van hulle. Die Afrikaner is van Afrika en hy het nie ‘n ander tuiste nie. So, kom ons gun die Afrikaner sy plek in Suid-Afrika en hou op moedswillige vrae vra oor wie en wat ‘n Afrikaner is. Dis mos nie te veel gevra nie.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

  1. Dis nie verby nie. Dis net dit was ‘n doodloopstraat van die begin af en mense raak moeg gestry oor dieselfde ding oor en oor.

    Die probleem is dat jou definisie van die woord ‘Afrikaner’ nie klop met wat die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) se nie. Die HAT meld nie ras nie. Vir die HAT is die enigste maatstaf die Afrikaanse taal. En ingevolge die HAT dus, is enige mense wat Afrikaans praat dan ‘Afrikaners’. En in ons land kry jy swartmense wat Afrikaans by die huis praat. Dit is hulle moedertaal.

    Om my argument verder te steun wil ek delf in die literatuur en kultuur. Ek het self op my ou blog ‘n stuk geskryf met die titel “Boer met ‘n hoofletter B” (http://blogs.24.com/vdmbj/2012/09/30/boer-met-n-hoofletter-b/), maar kom ek “recap” net.

    – Daar was anderdag gese as mense nie stem nie, dan gaan die “Boere” weer oorneem.

    – Daar word gepraat van die “Anglo-Boereoorlog” en nie die Anglo-Afrikaneroorlog nie.

    – In die donker dae van apartheid was die mooiste taal genoem – “SeBuru”, soos “SeTswana” die taal van die “BaTswana” is en “Sesotho” die taal van die “BaSotho” is, so was “SeBuru” die taal van die Boere (al was Afrikaans eintlik nog altyd die taal van baie soorte rasse)

    – Daar word gesing “Skiet die Boere” deur sommige politici . . .

    Wat ek se is dat daar is ‘n verskil tussen ‘Afrikaners’ en ‘Boere’. Nie ALLE Afrikaners is Boere nie maar al die BOERE is Afrikaners.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s