Lesersartikel: Hulde aan ou SAW-soldate

Die SAW-monument by Fort Klapperkop, Pretoria (Foto: Wikimedia Commons)

Waar is die soldate van die ou Suid-Afrikaanse Weermag (SAW)? Ek sit en dink wat van al die soldate geword het wat in die vorige bedeling se weermag gedien het. Waar is hulle almal en wat doen hul vandag? Ja, destyds toe ons militêre diens gedoen het was ons maar jonk gewees,18 tot 19 jaar oud.

Ek glo elkeen wat diens gedoen het sal saamstem dit was ‘n belewenis, iets wat mens nooit sal vergeet nie. Daar is baie vriendskappe gesmee en daar was goeie tye gewees,harde tye en ook moeilike tye. Die opleiding was hard, maar baie goed en dit het ons uitstekend toegerus om puik soldate te wees. Ekself was by 2 Spesiale Diensbataljon gewees en het my grensdiens gedoen by 10 Pantser in Oshakati.

Ons het ons taak goed gedoen en het die militêre stryd gewen, maar die politici van die Nasionale Party het als ongedaan gemaak met die mag wat hul op ‘n skinkbord weggegee het. Ek glo baie van ons soldate is bitter daaroor en wonder of als die moeite werd was, want hoe is dit moontlik dat jy die oorlog wen, maar die vyand heers in elk geval oor jou?

Ek is trots om te sê ek het gedien in die SAW en dit het my baie geleer, van dissipline tot respek en natuurlik ‘n goedopgeleide soldaat van my gemaak. Ons was inderdaad een van die beste weermagte in die wêreld en trots daarop. Een van die beste bevelvoerders was generaal Constand Viljoen en hy was ook voorwaar ‘n goeie, ordentlike mens, nie net ‘n militaris nie. In elk geval, ek wonder waar is almal deesdae en hoe voel hul oor die land waarin ons vandag bly.

Ek bring hulde aan ons oud-soldate,die wat nog leef en die wat gesterf het in die uitvoering van hul taak. Ons sal jul nooit vergeet nie.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

13 comments

  1. Sover ek weet lewe Constand nog. Maar hy’s oud nou.

    Ek was te jonk. Ek was gebore in 1985. Ek ken nie oorlog nie.

    Was die oorlog verniet? Ek weet nie aldag nie. Het jy al Leopold Scholtz se nuutste boek oor die Grensoorlog gelees? Daar is uiteenlopende skrywers wat argumenteer dat die oorlog NIE verniet was nie al regeer die ANC vandag.

    Ek was nie daar nie maar ek kan jou net se dat ek glo dat niks in die lewe ooit verniet is nie, al voel dit ook so. Kyk net al die mooi vriendskappe waarvan jy getuig? En ja, julle was opgelei as top soldate en dit het waardes gekweek wat by julle gebly het.

    Dankie vir hierdie bydrae van jou.

    • Ja,genl Viljoen leef nog en boer daar in die omgewing van Ohrigstad. Ek het so paar maande terug so bietjie op die foon met hom gesels. Soos ek sê was hy een vd beste generaals wat daar was en hy is n opregte mens.

      • Hy (Viljoen) was ‘n konkelaar wat in die geheim met die ANC/SAKP onderhandel het, ‘n pion van die NP-regime. Lees die boek, Die IDASA Komplot, deur Jaap Marais. Viljoen was instrumenteel om die Boervolk aan die ANC/SAKP uit telewer. Hy was gewentenloos! Niks minder as ‘n verraaier nie!

        • Met alle respek, jy is besig om goed kwyt te raak wat snert is. Jy ken nie Genl. Viljoen nie en glo allerhande propaganda om Genl. Viljoen verdag te maak. Jy het geen insig en insae in wat daai tyd gebeur het nie. Genl. Viljoen is n opregte en eerbare mens. Die beste SAW generaal wat daar ooit was!

          • Hallo Frik. Dis belangrik om sy prestasies as soldaat en sy “prestasies” in die politiek afsonderlik te beskou, alhoewel daar wel raakpunte mag wees. Hy mag ‘n goeie weermaggeneraal gewees het, maar daar hou dit beslis op. Sy toetrede as selfverklaarde liberalis tot die sogenaamde “regse” politiek, was ‘n intelligensie-oefening. Hy is self ook taamlik aan die neus gelei deur die Nasionaliste, maar net so het hy op sy beurt weer die “regses” aan die neus gelei met Volkstaat-foefies en dooie beloftes. Constand was seker die grootste Trojaanse Perd wat FW de Klerk se oorgawe aan die ANC/SAKP geolie het en wat teen die wense van die meerdeheid “regses” aan die oorgawe-verkiesing gaan deelneem het.

            Die een ou se snert en gebrekkige insig is die volgende se feite en kennis. Die geskiedenis is geskryf. Die feit dat die kommuniste in die parlement telkens vir Kontant Miljoen hande geklap het, spreek boekdele! Kommuniste vereer graag verloopte Afrikaners soos Beyers Naude, ens. Die IDASA Komplot is geskiedkundige feite wat nie weggewens kan word nie, en hierin het Constand ‘n sleutelrol gespeel om die Afrikaner uit te lewer. Sy jare by die VF+ het op niks uitgeloop nie, en hy kan ook niks wys daarvoor nie. Inteendeel, ons is vandag – ook te danke aan hom – verder op die pad na vernietiging… Boeregroete!

          • Die grootste ape was die NP-leiers en Broederbonders wat gesorg het vir al die gemors waarin ons vandag verkeer. Mos ‘n blanko tjek vir die ANC/SAKP gegee. Indien die NP-verleiers tog maar ag geslaan het op oom Jaap se waarskuwings van wat sou volg onder ‘n swart kommunistiese regime … maar hulle was soos die bobbejaantjie wat horende doof en sienende blind was vir waarskuwings en kritiek! Vandag sit ons en ons arme kinders met die gebakte pere … en die uitleweraars sit lekker in veilige aftree-oorde met vet pensioene.

  2. @ Frik Lotz : het jy dalk vir George Bester (Noddy-kar drywer) geken wat gedurende 1983 by 10 Pantser in Oshakati gestasioneer was?

  3. Francois, nee, ek was in 1985 daar toe Kapt Garth Rodgers die bev. v 10 Pantser was en hy het in daai jaar ook Majoor geword. Ek was saam 2 SDB se A eskadron op die grens en my bev. was Kapt. Von Mollendorf. 2 SDB se bev. was Komdt. Beyleveldt. Nee kyk, dit was moeilike maar goeie tye gewees.

  4. Nou ja, daars ‘n klomp vriendelike generaals wat hulle volle pensioenvoordele onder die ANC behou het, maar ook klomp minder vriendelike middelvlak offisier wat in die nag van die generale vroegtydig gepos was omdat hulle die NP verraaiers uit die setel wou lig en die land wou regruk, en hope grysharige middeljarige dienspligtiges wat vandag die hele wereld vol le en van te min geld en werk staan en krepeer van die elende.

    Ek kan vir julle se dat sekere nasionaalgesinde immigrantegroepe, wat hulle kinders laat vrywillig diensplig doen het om iets in die land terug te ploeg, met ander woorde hulle kinders kanonvoer gemaak het, groot dunk van sekere generaals gehad het, maar na die tyd gese het dat hulle nie dit gelewer het wat hulle verwag het nie. Bedoelende hulle het weerstandsloos in die nuwe bedeling ingegly, terwyl hulle die seggenskap oor die sterkste weermag ooit wat Afrika opgelewer het, gehad het, terwyl hulle goed geweet het wat die kommmunis was.

  5. Constand Viljoen het n sekere strategie gebruik en die AWB en sy trawante het nie die insig gehad om dit te verstaan nie en het als opgeneuk. Nou wil hul ander blameer vir hul mislukkings. Hoekom het hulle dan nie iets gedoen nie? Onderhandeling is maar een van vele strategieë en deel vd stryd. Die VF Plus staan op vir die Afrikaner en het ook altyd dit gedoen. Wie anders sal? Genl. Viljoen is n held en beslis nie n verraaier nie. Afrikanergroete!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s