‘n Harde ‘NEE’ vir die distrikstelsel!

‘n Nederlandse stembrief met lyste (=partye), persone en hul woonplekke. Slegs persone is (proporsioneel) verkiesbaar. (Foto: Wikimedia Commons)

Die debat oor die kiesstelsel in Suid-Afrika vorder nou so bietjie vinnig op hierdie webwerf. Daar is mense ten gunste van ’n proporsionele stelsel en mense ten gunste van ’n distrikstelsel.

Nou het Barend van der Merwe groot argumente van stal gehaal om sy mening – dat ’n distrikstelsel beter werk – te versterk. Hoewel ek saamstem met sy argumente in die Suid-Afrikaanse konteks, stem ek glad nie saam met die konklusie wat hy vervolgens trek. Sterker, ek gebruik dieselfde argumtente, maar my konklusie is heeltemal die teenoorgestelde.

Barend gebruik die volgende argumtente teen ’n proporsionele kiesstelsel (soos Suid-Afrika dit het):

  • Mense stem vir ’n party, ‘n logo, merk of ‘brand’.
  • Beleide en wette raak peanuts in ’n proporsionele kiesstelsel.

Vervolgens gebruik Barend die volgende argumente ten gunste van ’n distrikstelsel:

  • Mense weet watter LP (voorheen LV) hulle verteenwoordig,
  • Die kieser in die ‘Kleindorpie-in-die-middel-van-nêrens’ word nou ook verteenwoordig.

Ek stem met Barend saam dat die proporsionele kiesstelsel in Suid-Afrika ’n groot gebrek het: jy stem vir ’n party en nie vir ’n persoon nie. Ons in Nederland het ook ’n proporsionele kiesstelsel. Maar dit is heeltemal anders ingerig. Ek stem op ’n persoon, wat behoort tot ’n bepaalde party (formeel “lys” genoem). Dit is nie moontlik om slegs op ’n party te stem nie. As mense tog vir ’n party wil stem en nie vir ’n persoon nie, stem hulle gewoonlik op die eerste man of eerste vrou op die lys.

Die stemme op ’n lys (party) gesamentlik bepaal hoeveel stoele ’n party in die parlement kry. Vervolgens word die kandidate wat meer as ¼ van die benodigde stemme vir ’n stoel direk in die parlement toegelaat. Die wat nie ¼ van die benodigde stemme kry nie, word op volgorde binne die lys toegelaat. Buitendien is die stoele in die parlement persoonsgebonde, wat beteken die party kan nooit ’n parlementslid uit die parlement gooi nie.

Vervolgens stem ek nie saam met Barend se argument dat ’n proporsionele stelsel beleid laat verander in ‘peanuts’ nie. Dat beleid verander in peanuts, soos tans in Suid-Afrika en Zimbabwe, word eerder deur die kiesers se onvermoë om partye, wat nie beleid en reëls (die Grondwet) nakom nie, uit te stem, bepaal. En ’n distrikstelsel beperk eerder die moontlikheid om partye ‘te straf’ vir hul beleid. ’n Meerderheid van die wit bevolking in Suid-Afrika het apartheid in 1953 en 1961 afgewys. Ja, die NP was steeds die grootste (met 48%), maar die opposisiepartye, wat almal teen die NP se apartheidbeleid gekant was, het 52% gekry. Maar weens die distrikstelsel was die opposisiepartye nie in staat om saam ’n regeringskoalisie te vorm en die mag oor te vat nie, want danksy die distrikstelsel het tydens die verkiesings ’n groot meerderheid van die setels in NP-hande beland. As daar toe ‘n proporsionele stelsel was, sou Suid-Afrika vandag heeltemal anders (beter?) lyk…

Verder gee Barend as ’n sterke punt dat die mense weet deur watter LP (voorheen LV) hulle verteenwoordig word. Soos ek hierbo geskryf het, is dit ook moontlik binne ’n proporsionele stelsel.

Die laaste argument van Barend is dat die ‘Kleindorpie-in-die-middel-van-nêrens’ word nou ook in die parlement verteenwoordig is. Dit is niks anders as ’n mispersepsie nie. In die ou Suid-Afrika, met slegs 3 miljoen kiesers was dit dalk ’n bietjie moontlik, maar in ’n land met 32 miljoen kiesgeregtigde kiesers is minstens daar 80 000 kiesers per distrik (om 400 setels in die parlement te vul).

Minderhede wat geheel versprei woon in Suid-Afrika – soos die Afrikaner – sal dus binne elke distrik die minderheid vorm en geen verteenwoordigers in die parlement kry. Want daar is maar bittermin plekke waar meer as 40 000 Afrikaners so naby elkaar woon dat hulle minstens die helfte van die distrik kan verower.

Buitendien is die distrikgrense erg gevoelig en kan hulle deur elke regering verskuif word, soos in die Verenigde State van Amerika (VSA) dikwels gebeur. Konsentrasies van stemmers op jou teenparty word dikwels oor meerdere distrikte verdeel, sodat jy alle distrikte met ’n klein meerderheid kan wen. Ondertussen het jou politieke teenstander, wat dalk tot 49% van die stemme kan kry, geen enkele verteenwoordiging gekry. Dit lyk uiters funest vir ’n land vol minderhede.

Om terug te gaan na Barend se ‘kleindorpie-argument’: Op provinsiale vlak stem ek vir mense wat ek miskien ken. Hierdie mense kan vervolgens in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) beland. In Nederland kies die lede van die provinsiale parlemente die lede van die NRP. So is in Nederland die plaaslike vlak (indirek) verteenwoordig op die nasionale vlak.

Dus, ek dink die proporsionele stelsel is die beste kiesstelsel vir Suid-Afrika. En ja, ongelukkig kan daar  – soos met baie dinge in Suid-Afrika – nog verbeterings gemaak word.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s