Dus volgens Ramaphosa is Boere geen Suid-Afrikaners nie?!

Is “die Boere” regtig ‘n bedreiging vir ‘n demokratiese Suid-Afrika? Die antwoord is ‘n duidelike NEE. (Foto: Wikimedia Commons)

MaroelaMedia en The Star het vandag berig dat Cyril Ramaphosa, die vise-president van die ANC en moontlik selfs die volgende president van Suid-Afrika, teen ANC-ondersteuners in Limpopo gesê het: 

“If all South Africans don’t vote, we will regress. The Boers will come back to control us”

(Vertaling: “As alle Suid-Afrikaners nie stem nie, sal ons terug in die tyd gaan. Die Boere sal terugkeer om ons te oorheers.”)

Feit is dat as geen enkele Suid-Afrikaner gaan stem nie, “die Boere” ook tydens die verkiesings ook nie die mag kan kry nie, omdat ook hulle nie stem nie. Of beskou Ramaphosa die Boere nie as Suid-Afrikaners nie? Want dít skuil implisiet in sy woorde.

Ook ‘n feit is dat die betrokkenheid van burgers by die demokrasie in Suid-Afrika maar baie beperk is. As van 32 miljoen kiesgeregtigdes slegs 23 miljoen stemgeregtig is weens die registrasieproses, beteken dit outomaties dat 9 miljoen mense, oftwel 28% van die kiesgeregtigdes, nie eens die moeite neem om te registreer nie. In 2009 het 80% van die 23 miljoen geregistreerdes gestem.

Dit beteken dat van die 32 miljoen kiesgeregtigdes slegs 18 miljoen gestem het, oftewel 56%. Ek dink dit is bedroewend sleg. In Nederland lê die stempersentasie vir nasionale verkiesings gewoonlik rondom 75-80%. En daardie land het sedert 2002 6 keer (!) gestem, omdat die regering steeds geval het rondom politieke besluite.

Terug na Ramaphosa. Dat juis hy – die ANC se tweede man – sulke uitsprake doen, is skokkend. Laas Desember was die media liries oor hom. Maar sy invloed op die nasionale praktyk van bestuur lyk min. Ons is amper ‘n jaar verder en steeds is die korrupsie hoog, die aantal moorde steeds te hoog en vier rassisme steeds hoogty – miskien ook by Ramaphosa, want nou word die vraag gestel of (selfs) Ramaphosa ‘n rassis is.

Buitendien gaan Ramaphosa met sy uitspraak verby aan die vertroue van mense in die politiek. In Suid-Afrika is die publieke vertroue in die politiek baie baie baie laag. Daarvan getuig die feit dat mense in dieselfde week demonstreer teen en stem vir die ANC – sonder dat die ANC enigiets verbeter het. Mense – veral die armes – word al hoe meer desperaat. Verder is daar groot groepe mense in alle bevolkingsgroepe wat nie wil/gaan stem nie. En almal het verskillende redes. Dit is nie net voorheen agtergestelde mense wat nie stem nie, maar ook voorheen bevoorregte mense. Dit lyk of Ramaphosa dit vergeet of – meer waarskynlik – nie wil sien nie.

Natuurlik, daar is niks verkeerd om burgers te motiveer om hul stemreg te gebruik nie. Maar die wyse waarop Ramaphosa sy uitspraak gedoen het, waarby hy ‘n deel van die Suid-Afrikaanse bevolking op bedenklike wyse weggesit het, is ‘n groot fout.

Dit is lyk of Ramaphosa met hierdie uitspraak ‘n “Zuma-tjie” gedoen het.

Advertisements

3 comments

  1. Ja, jy is reg. Ek het geen motivering om te gaan stem nie. Die politci in ons land het geen gewetens nie, en hulle is almal dieselfde.

    Dankie hiervoor Christian, ons gaan deur swaar tye. Dit is goed dat sommige van die Nederlanders nog in ons sake belangstel. En die mense wat julle kritiseer omdat julle nasie teen apartheid was sit die pot lelik mis en gooi kanse weg en vernietig baie jare se goeie werk.

    Ek sal altyd immer dankbaar wees teenoor Nederlanders soos jy.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s