Lesersartikel: Proporsionele kiesstelsel beter vir Suid-Afrika

Hierdie skrywe van Frik Lotz het betrekking op die artikel van Barend van der Merwe, wat dink Suid-Afrika se politiek sal hom op die ou einde maar ontwikkel as ‘n tweepartystelsel.

Stembrief van die algemene verkiesings in 2009 met baie deelnemende partye (Foto: Wikimedia Commons)

Is die proporsionele kiesstelsel die beste vir Suid-Afrika? Suid-Afrika is inderdaad ‘n unieke land. Die land bestaan uit verskeie volke, tale en kulture. Daar sal dus ook verskeie menings wees oor baie aangeleenthede.

Dit is dan ook net logies dat daar vele politieke partye gaan wees. Elke party verteenwoordig ‘n spesifieke groep met n eie unieke siening oor politieke aangeleenthede. Mense kan dus stem vir die spesifieke party wat hy weet sy belange gaan dien. Daar sal dus groot partye wees en ook kleiner partye,maar elkeen verteenwoordig ‘n spesifieke groep.

Netso tel elke stem ook en gaan geen stem verlore nie. Met die Westminster-stelsel is dit egter ‘n geval van “die wenner vat alles” en daar gaan wel stemme verlore. In so ‘n stelsel gaan die ANC ook meer mag verkry en dit sal katastrofies vir Suid-Afrika wees.

Dit is juis belangrik dat minderhede se stem ook gehoor kan word en daarom werk die proporsionele stelsel goed in Suid-Afrika. Daar is dus verskeie partye wat verteenwoordiging het op al die vlakke van regering en dit as gevolg van die proporsionele kiesstelsel wat ons het.

Daarby kan Suid-Afrika ook nie net 2 partye hê nie, maar moet daar vele partye wees wat aan verkiesings deelneem sodat verskeie groepe en menings verteenwoordig kan word, juis omdat die land baie tale, kulture, volke en dies meer het.

Die proporsionele stelsel met sy verskeie politieke partye werk dus puik vir Suid Afrika. Hou dit so.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s