Teologie vir die Twyfelaar 9 – Pous Franciskus en dáái foto en ietsie oor die kerk

Pous Franciskus (Foto: Wikimedia Commons)

Dit het nogal gegons oor die foto waarin die pous onlangs verskyn het, die ene van die pous en die siek man. Dit moet nogals ’n gatslag wees vir al die ateïste van hierdie aarde, al hulle vurige anti-godsdiensinisiatiewe het nogal ’n hou hier weg. Maar dit wat die pous gedoen het, is eintlik maar net ’n mikrokosmos van wat die kerke elke liewe dag en op reusagtige skaal doen. Die kerk het ’n roeping en verander ongetwyfeld die wêreld.

Toegegee, die kerke het ’n baie donker sy. Die Katolieke kerk self het nogal ietwat van ’n donker verlede. Sedert die Trinitaristiese sekte binne die vroeë Christendom die dominante een geword het, is die leer van die drie eenheid met geweld afgedwing in die Romeinse ryk. Waar die kerke eers self aan die mees hartelose onderdrukking en vervolging onderworpe was, het hulle later self die onderdrukkers geword. Maar wat ons hier sien van die pous, skets vir ons baie treffend hoekom die wêreld so smag na die spirituele, en hoekom die kerk nog ’n wyle met ons gaan wees. Wie anders as die kerk sal daardie man omhels?

Dit laat my onwillekeurig reflekteer op my eie situasie. Ek is ’n rustende lidmaat van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG kerk) van Suid-Afrika, die oudste gereformeerde Kerk in ons land. Die naam ‘Nederduitse’ is eintlik half bietjie simpel en baie mense weet seker nie eens mooi wat dit beteken nie, maar dit is my kerk. Ek sal nooit ontken dat dit die kerk is waartoe ek behoort nie en ek sal my kerk ook nooit verruil vir ’n ander nie. Die NG kerk was die kerk wat die grootste rol gespeel het in die teologiese regverdiging vir apartheid. Ek was nie daar nie, en het nie self die apartheidsteologie geformuleer nie, maar voel my tog ek het ’n plig om daardie nalatenskap te help korrigeer. Dit kan ek nie doen as deel van ’n ander kerk nie.

Ek sal egter geen mens aanraai om hulle kerke te verruil vir ’n ander nie. Die beste is om te bly by wat jy ken. Daar is so baie sektes daarbuite en desperate mense word maar al te dikwels uitgebuit.

Wat die kerk dus betref, ek hoef amper nie eens te kyk na die pous se foto om te weet dat daar ’n rol is vir die kerk om te speel nie. Die wêreld het die kerk nodig. En mens hoef nie elke Sondag na ’n groot gebou toe te gaan om kerk-in-hierdie-wêreld te lééf nie. Inteendeel.

Die rede hoekom ek ’n rustende lidmaat is, is omdat ek my nie meer steur aan teologie nie. Meeste van dit, indien nie als nie, is menslik uitgedinkte dinge. Die Joodse leermeester en messiaanse figuur Jesus (Ya’shua), het skynbaar volgens die ou geskrifte vir die mense probeer leer dat naasteliefde beteken om God lief te he – “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”

Daarom is enige iemand wat besig is om lief te he waar ook al op aarde, besig met God se werk. Of jy nou glo daar is ’n God en of jy nie glo nie, dit maak nie saak nie.

Die feit van die saak is dat dit die heersende sektes is wat die norme van ‘Christenskap’ vasstel. Dit was altyd so en dit is vandag nog so. En ek is tevrede om te settle met die beskrywing ‘geestelik binne die Christelike tradisie’. Dit is wat ek is. Ek hoef nie langer vir die wêreld ’n “Christen” te wees om te doen wat my plig is nie. Ek kan inspirasie kry by van hulle en by die Bybelse Jesus self oor wat my te doen staan en hoe om te lewe, maar weier om myself ooit weer te forseer om die wêreld tevrede te stel.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s