Lesersartikel: Dieremishandeling moet uitgeroei word

‘n Goedversorgde hond (Foto:Wikimedia Commons)

Dis ongelooflik hoeveel dieremishandeling daar plaasvind. Ek het onlangs weer gelees van honde wat wreed mishandel is. Die arme diere was uitgeteer en het geen kos of water gehad nie. Die vraag is hoe so-iets kan gebeur?

Mense skaf diere aan, maar sorg nie vir hulle nie. Die diere kry skaars kos en water, hul het nie behoorlike slaapplek nie en soms word die diere vasgeketting en daar gaan hul ook dan dood. Wat kan dan gedoen word?

Ek dink ouers en ook skole moet kinders van jongs af leer dat diere mooi behandel moet word en ordentlik versorg moet word. Dan natuurlik moet daar baie swaar strawwe opgelê word vir mense wat diere mishandel. ‘n Duidelike boodskap moet gestuur word dat sulke dinge onaanvaarbaar is en nie geduld sal word nie.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) doen baie goeie werk, maar hulle sukkel altyd met geld en kan altyd nie al die diere help nie. Daar moet beter befondsing kom vir die DBV om hul werk te kan doen en hul moet ook meer magte kry sodat oortreders behoorlik vasgevat kan word. Intussen moet almal wat kan en waar moontlik die DBV help met befondsing,vrywillige werk en dies meer.

Belangrik, as jy nie na ‘n dier kan kyk en behoorlik kan versorg nie, moet dan nie een aanskaf nie. Dit geld veral waar troeteldiere vir kinders gekoop word met kersfees en verjaardae. Feit is, dieremishandeling is onaanvaarbaar en moet met wortel en tak uitgeroei word.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.


 

Hierdie artikel is die mees gelese artikel van 2013-2014.

Advertisements

3 comments

  1. Jy is reg. Maar.

    Daar is so baie lelike dinge in die lewe dat diere die laaste ding is waaraan baie van ons dink.

    Nietemin dankie vir hierdie stuk van jou. Almal kan klein dingetjies doen wat reeds ‘n reuse verskil kan maak, soos om nie diere aan te skaf waarvoor jy nie kan sorg nie.

    Dis verskriklik as mens net dink die feesgety le nog voor vir 2013, die naarste dinge word aan diere gedoen in hierdie tyd.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s