Die demokratiese patroon van tweepartystelsels

Tweepartyestelsels (rooi/pink) en veelpartystelsels (blou/donker pers) in die wêreld. (Foto:Wikimedia Commons)

Gaan die Vryheidsfront plus (VF+) nou ’n paar stemme terugkry ná al die onlangse herrie oor die Demokratiese Alliansie (DA) se rassebeleid? Miskien, maar waarskynlik nie veel nie, indien enige. Dit was ’n harde klap wat die DA van hulle oud-leier, mnr. Tony Leon gekry het, dat hulle ‘nes die ANC is’. En so het die DA toe nou hulle besluite herroep, en daar is waarskynlik bietjie skade vir hulle. Maar die koeël is gladnie deur die kerk vir die DA nie.

In hierdie verkiesing wat voorle, so lyk dit my, is daar slegs een party wat wáárlik as ’n “loose cannon” beskryf kan word, en dit is die Economic Freedom Fighters (EFF) van meneer Malema. Maar selfs die EFF sal nie maklik daarin slaag om meer as 5% van die stem te kry nie.

Soos met elke verkiesing sal die VF+ baklei vir die DA krummels. En net soos in vorige verkiesings glo ek gaan ons sien dat die minderheidspartye se stem eerder sal aanhou krimp as wat dit stabiliseer of groei. Partye soos die UDM, die VF+, COPE en die ACDP, al hierdie partye gaan sukkel.

Suid-Afrika sal op die ou einde maar in ’n tipiese 2 party staat ontwikkel. Dit is wat in so baie groot demokrasie oor die wêreld heen gebeur het. Wat dan ook geneig is om te gebeur, is dat daar reuse ooreenkomste tussen die twee grootste partye ontwikkel. Hoewel hulle altyd verskil, is daar uiteindelik maar min te kies, en dit gaan uiteindelik meer oor die leiers wat jy verkies, want die beleide is maar minder of meer dieselfde. Wanneer ’n demokrasie daardie punt bereik, dan kan dit ’n baie stabiliserende effek op die politiek van die streek he.

Ons demokrasie in Suid-Afrika is egter maar nog tiener, en die probleem op hierdie stadium is dat dit nog nie ’n uitgemaakte saak is dat dit die DA is wat daardie rol van die 2de groot party gaan vervul nie. Die party slaag nie daarin om groot getalle van die regerende party se kiesers af te rokkel nie, en dis ’n ope vraag of dit ooit sal. Maar ons sien reeds iets hiervan in Suid-Afrika – dat die twee grootste partye (hoewel een van die twee ‘grotes’ eintlik maar nog relatief klein is en waarskynlik klein gaan bly) se beleide nie regtig oral dramaties verskil nie.

Die groot vraag ten opsigte van die DA is, met die oog op die toekoms: Hoe sal die DA die post Helen Zille tydperk hanteer? Sal die party die mas op dieselfde manier kan opkom sonder Zille? Sal Mazibuko of wie ook al die leisels oorneem, die party se steun kan handhaaf? Dalk moontlik laat groei?

Wat Mazibuko betref, ek vermoed sy is die soort leier wat eerder die status quo op ’n manier sal gehandhaaf kan kry as wat sy die party noodwendig sal laat kan groei. Want leiers soos Mazibuko, hoewel sy ’n swart Suid-Afrikaner is, verteenwoordig nie die gemiddelde arm swart Suid-Afrikaner nie. Nee, dit is die Jacob Zuma’s van die wêreld wat meer daarin slaag.

Met dit als in gedagte, pynlik soos dit miskien mag wees vir enige opposisiepartye, kan mens nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat die regerende African National Congress (ANC), in ’n uiters gunstige posisie verkeer nie. Daar is nie eintlik kompetisie in ons politiek vir die ANC nie. Dit is nét die EFF wat ’n waarlike impak op die stembus kan he, veral met die oog op die verre toekoms.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s