Lesersartikel: Minderheidsregte nie beskerm deur die DA-op-pad-mag-toe

Lindiwe Mazibuko, Patricia de Lille en Helen Zille begin 2011 se verkiesingsveldtog in Kaapstad (Foto: Wikimedia Commons)

Die ‘Wysigingswetsontwerp op gelyke indiensneming’ is drakonies en diskriminerend teenoor minderheidsgroepe. Blankes, bruinmense en Indiërs word uiters nadelig geraak deur hierdie wet. Baie van dié minderhede gaan sukkel om werk te kry en sodoende gaan armoede ook toeneem.

Interessant is dat die destydse Demokratiese Party (DP), vandag die Demokratiese Alliansie (DA), die ‘Wet op gelyke indiensneming’ hand en tand beveg het in 1998. Hulle het die wet destyds selfs “Verwoerdiaans” genoem. Die DP is ook beloon daarvoor in die 1999 verkiesing toe mense vir dié party gestem het. Vandag,in 2013, is die ‘Wysigingswetsontwerp op gelyke indiensneming’ nog strenger en meer diskriminerend.

En ja,die DA het dit ondersteun. Die vraag is hoekom die DA dit gedoen het? Die enigste logiese antwoord is dat hul dit doen slegs om swart kiesers te beïndruk en hul stemme te kry.

In die dolle gejaag na swart stemme gooi hul alle beginsels oorboord, ingesluit minderheidsregte. Is daar werklik nog ‘n verskil tussen die ANC en DA?

Die DA neem aan sy blanke en bruin ondersteuners gaan vanselfsprekend vir die party stem, selfs al ondersteun hul ‘n wet wat juis gaan veroorsaak dat blankes, bruinmense en Indiërs nog moeiliker werk gaan kry. Die wet gaan net meer werkloosheid en armoede onder bogenoemde groepe veroorsaak wat hierdie land nie kan bekostig nie.

Die DA wys duidelik met hul optrede dat hul nie belangstel in minderheidsgroepe nie en alle beginsels oorboord gooi net om swart steun te werf. Afrikaners en ander minderhede moet besef die DA gaan beslis nie na hul belange omsien nie en sal moet kyk na ander alternatiewe as die DA.

Dit word al hoe duideliker daar is deesdae geen verskil meer tussen die ANC en DA se beleide nie. Die een probeer die ander voor wees om te kyk wie die beleid die beste kan toepas. Suid-Afrika is moeg vir die ANC en soek beslis nie ‘n ANC-lite in die vorm van die DA nie.

Minderheidsgroepe moet uiters bekommerd wees oor die ‘Wysigingswetsontwerp op gelyke indiensneming’ en sal hul stem dik moet maak daaroor. Suid-Afrika het nie nog rasbehepte wette nodig nie en nog minder partye wat sulke wette steun. Ons verdien ‘n beter toekoms!

Die ideale geleentheid om ‘n verskil te maak is die 2014 verkiesing. Maak gebruik daarvan en gaan stem.

Terloops, die Vryheidsfront Plus (VF+) het nie die ‘Wysigingswetsontwerp op gelyke indiensneming’ gesteun nie en dit wys hul dra inderdaad minderhede se belange op die hart.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Nota: Die hoofredakteur is jammer dat hierdie skrywe – weens die privaat omstandighede waarin die hoofredakteur verkeer het – nie vroeër opgelaai kon word nie.

Advertisements

4 comments

  1. Dankie dat die artikel opgelaai is. Ja,die DA het intussen omgeswaai en hul steun onttrek aan die wysigingswetsontwerp op gelyke indiensneming. Minderhede moet nou nog meer bekommerd wees,want hoe kan n party sê hul steun die wetgewing en slaan dan gat oor kop en sé skielik hul steun dit nie meer nie. Duidelik kan die DA nie vertrou word om na minderhede se belange om te sien nie. Die DA is inderdaad besig om soos ANC te word.

  2. Sjame Frik gebruik die Afrikaanse Opinieplatform om stemme te werf vir sy geliefde Vryheidsfront Plus. Solank hierdie plek net die AFRIKAANSE Opinieplatform bly en nie die VRYHEIDSFRONT PLUS Opinieplatform word nie is ek fine daarmee. Maar tensy jy self politikus is wil ek jou waarsku dat jy besig is om jou tyd te mors deur stemme te werf. Jy maak net politici ryk.

    So terloops, die VF plus maak dikwels koalisies met die DA. Dis eintlik so verspotte besigheid, die VF plus het homself lelik in die voet geskiet toe hulle leier in die kooi gespring het met die regering en die pos van adjunkminister aanvaar het. Dit het daartoe gelei dat die VF plus geweldige steun verloor het in die vorige verkiessing en dat mense vir die DA gaan stem het. Nou is daar weer klomp mense vies vir die DA so nou gaan hulle seker weer terug VF plus toe, maar net todat die VF plus maar weer iets doen wat hulle potjies roer.

    En so baklei die mense maar vir die krummels in plaas daarvan dat hulle saamwerk.

    Politiek is waarlik ‘n snaakse ding en ek wil dalk nog self ‘n artikeltjie plaas oor die sake wat jy aanroer.

  3. Barend,ek werf nie stemme nie,ek gee net die feite soos dinge gebeur op grondvlak. Dis seer sekerlik my demokratiese reg om my opinie te gee of hoe? Die Afrikaanse opinieplatform is juis geskep om verskeie menings weer te gee van verskeie mense. Ons mag saamstem en ons mag verskil van mekaar. Ek glo die oorgrote meerderheid sal saamstem daarmee. Laat elkeen sy mening gee en dan debatteer mens mos daaroor. In elk geval,dis elkeen se reg om te stem vir wie hy wil. Dis hoe demokrasie werk.

    • Jip jip, jy het nie my kommentaar mooi gelees nie. Ek se iewers daarin ek is fine daarmee. En ek bedoel dit uit die hart hoor! Grondvlak of topvlak of sitvlak of hoe ook al, ek dink dis wonderlik as mense se wat hulle dink!

      So ek is fine met jou gestemwerwery hier vir die VF+, want dis presies wat dit is, jy doen dit net baie subtiel. Dis stemwerwery en dis niks anders nie.

      En my mening daarop is dat jy jou tyd mors en net die politici ryk maak. Maar dis net my mening jy verskil van my en dis goed ek aanvaar dit so.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s