President Zuma is die Ben Schoeman van die nuwe Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse president: Jacob Zuma (Foto: Wikimedia Commons)

Suid-Afrika, soos alle plekke, verander stadig maar seker. Swart welvaart neem toe. Die swart middelklas, so lees ons, is nou die grootste. Dis ’n goeie ding. Daar is groter gelykheid.

Maar die middelklas is nog nie groot genoeg vir Suid-Afrika om stabiel te wees nie. Ons land se mense is nog baie arm.

Daar word natuurlik baie gedoen om president Zuma in die media af te breek en te beledig, maar al hierdie dinge doen natuurlik min aan al daardie mense in Suid-Afrika wat nie eens toegang het tot koerante en die internet nie, daardie mense wat so hard moet veg net om te oorleef dat hulle nie die minste gepla kan wees oor die media nie.

Of president Zuma bekwaam is om Suid-Afrika te lei of nie is ’n ope vraag, maar, die ANC het mense soos Zuma nodig, net soos wat die Nasionale Party die Ben Schoemans van die wêreld nodig gehad het. Vir die gemiddelde ANC ondersteuner versimboliseer president Zuma dit wat kan gebeur as jy lojaal is, as jy opoffer. Jy hoef nie in die ‘regte skool’ te gewees het nie. Jy het geen graad nodig nie. Jy hoef nie die geldmag agter jou te he nie. Jy moet jouself net beskikbaar stel en opoffer, en dan kan jy die hoogste sport bereik.

President Zuma is miskien dikwels ’n verleentheid vir sommige mense, maar die regerende ANC kan net so min met hom as sonder hom. Ek mag verkeerd wees, maar op grond hiervan voorspel ek dat president Zuma nog ons president gaan wees vir die volgende termyn. Tot 2018 dus, of is dit 2019?

Advertisements

2 comments

  1. Die eerste keer wat ek hierdie gelees het, het ek gedink dit lyk soos ANC-propaganda. Maar na ek stadiger gelees het – beter daarna kyk – lyk dit of jy heeltemal nie ‘n eie opinie oor Zuma gee nie. Dit is regtig ‘n baie goeie plasing, seker omdat dit goed die ANC se belang in Zuma ontleed. 🙂 Dankie vir hierdie skrywe.

    Wat dink jy van my siniese skrywe oor die ANC se regeerstyl?

    • Dankie Christian.

      As daar een ding is wat jy my nooit sal sien doen nie, dan is dit dat ek ‘n politikus sal gaan ryk maak. Die verkiessing kom nou al nader en jy moet sien hoe staan party mense in die bloedigge Afrika son en mors hulle tyd om stemme te werf vir die politici.

      Ek sal dit vir geen politikus doen nie. Ek sal nooit.

      Maar die politiek fassineer my. Soos jy weet is ek historikus, en dit sal die grootste fout wees van my as ek nie die politiek ontleed en bestudeer nie. Ek moet net eenvoudig op hoogte bly. En ek deel graag my insigte.

      Ek neem kennis van jou skrywe van 29/10/2013. Dit is goed dat jy dit geplaas het dis waarvoor die Afrikaanse Opinieplatform tog daar is. Maar ek voel my nie geroepe om daarop kommentaar te lewer nie. Ek sal beslis weer in die toekoms op van jou ander stukke kommentaar lewer.

      Laat ek dit so stel, ek geniet ALTYD om jou perspektiewe te lees. Jy verteenwoordig iets van Europa, van die ‘ou wereld’. Natuurlik skryf en praat Christian nie namens die ganse Europa nie, nes Barend beslis nie namens ‘Suid-Afrika’ skryf en praat nie, maar jy verteenwoordig tog iets daarvan, en dit is dus altyd lekker om te lees wat jy skryf.

      Ek het al baie dinge geleer uit jou plasings.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s