Die ANC het na 20 jaar bestuur niks geleer nie

My liefde vir die ANC se regeringssuksesse is onbeperk… (Foto: Wikimedia Commons)

Liewe ANC,

Ek het vanoggend, toe ek in alle vroegte die koerant oopgevou het – dit was nog donker in die verre Holland – vol genoeë geraak. U baie doeltreffende regeerstyl was onderwerp van een van die koerant se artikels. My hart het plotseling vinniger geslaan – net weens die rus wat U in die tronke geskep het.

Die buitelandse media is gewoonlik liries oor U doen en late. Die afgelope 20 jaar was sukses na sukses – en die vooruitgang gaan net vinniger.

Europese lande kan maar baie leer van U doeltreffende beleid. Europa, Amerika het al jare groot finansiële krisisse. Armoede in die lande styg. Tegelyk het 3 miljoen arm mense in Suid-Afrika die armoede-groep in die laatste twintig jaar verlaat.

Laat ek U grootste suksesse op ‘n rytjie sit.

En dit net in minder as twee jare se tyd! En die meeste van U groot suksesse word groot in die buitelandse media uitgemeet! Talle van u ander suksesse is hier nie eers gelys nie, ek is meer as jammer daaroor. Dit sou boeke kan vul. Op u almag vas vertrouend kan ek sê: U regering is die beste wat Suid-Afrika ooit kan én sal beleef!

Liewe ANC, dit lyk of u die hemel op aarde skep. VIVA ANC VIVA!

U regering is fantasties SLEG.

Opmerking van die skrywer: Hierdie berig is niks anders as satire nie. Weet jy nog “regeringssuksesse” wat op die lys ontbreek? Reageer!

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s