Lesersartikel: Plaasmoorde: Genoeg is GENOEG

Die Plaasmoorde-monument naby Pietersburg in Limpopo. (Foto: Wikimedia Commons)

Plaasaanvalle het kritieke afmetings begin aanneem en daar sal dringend daarna gekyk moet word. Die aanvalle gaan met uiterste geweld gepaard en mense word wreed vermoor. Baie word op onmenslike maniere gemartel en diegene wat wel die aanvalle oorleef, ervaar uiterste trauma daarna.

Dit is ontstellend dat die regering nie iets aan die saak doen nie en plaasaanvalle nie wil klassifiseer as ‘n prioriteitsmisdaad nie. Dit is asof hulle in ontkenning leef en nie besef hoe ernstig die situasie is nie.

Netso teleurstellend is dat daar nie statistieke uitgereik word oor plaasmoorde nie. Die vraag is natuurlik hoekom plaasaanvalle plaasvind en hoekom dit op so ‘n gewelddadige manier plaasvind.

In baie gevalle word niks gesteel nie en word boere net eenvoudig doodgemaak.

In ander gevalle word daar wel iets gesteel. Is dit net gewone misdadigheid of sit daar politieke redes agter?

Natuurlik help dit ook nie dat uitsprake gemaak word dat blankes die grond gesteel het en onteien moet word nie. Sulke uitsprake vererger net die situasie en help rassespanning aan. Boere is ‘n sagte teiken en nou is dit ook so dat daar nie meer n kommandostelsel is wat hul kan help beskerm nie.

Die regering moet besef boere verskaf die voedsel en help ook om baie werkgeleenthede te verskaf aan baie mense. Daar sal moet gekyk word na die situasie en dringende oplossings sal gevind moet word.

‘n Eerste stap sal moet wees om plaasmoorde n prioriteitsmisdaad te maak en iets te doen om boere te beveilig. Dan moet daar ook opgehou word om boere uit te beeld as mense wat hul plaaswerkers sleg behandel en uitbuit. Verder moet uitlatings gestop word dat blankes die grond gesteel het en dreigemente van onteiening moet ook gestaak word. En natuurlik, bring die doodstraf terug vir sulke gewelddadige moorde wat al hoe meer gepleeg word.

Ek glo elke boer sal saamstem: Genoeg is genoeg!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s