Kommentaar op Musiek vir die Agtergrond

Die laaste keer wat ek vir Ian Robberts op die silwerdoek gesien het, was in ’n film met die naam ‘Babelaas’ – ’n film wat onreg aan die mensdom (en aan diere) gedoen het. Die film Musiek vir die Agtergrond het natuurlik ’n tyd gelede in ons teaters begin draai ek weet nie presies wanneer nie. Kan nie regtig byhou met als nie. Net gister, toe gaan kyk ek die een of ander Hollywood produksie. Dit was nie sleg nie. Ek wou eintlik hierdie een gaan kyk het maar die tyd het ons nie toegelaat nie. Dankbaar dat ek toe nou vandag ook hierdie een kon inwerk.

Met ’n span akteurs soos wat mens in hierdie film vind, gaan dit eintlik sukkel om regtig ’n swak produksie saam te stel. Terwyl ek my verkyk het aan Brumilda van Rensburg, het ek net weer besef watse tragedie dit is dat hierdie kunstenaar so baie jare haar talent moes wegsmyt op die stel van ’n sepie. Maar nou ja, dit is seker maar wat dit beteken om kunstenaar in hierdie land te wees.

En daar was John-Henry ‘Roepman’ Opperman. En Niel Sandilands. En daar was Terrence Bridgett. Is daar ENIGE rol wat Terrence Bridgett nie goed kan vertolk nie?

Maar nou ja, John-Henry sing vir my baie mooi. Ek was jare gelede al een van Klopjag se heel eerste ondersteuners. Ek weet tot waar hulle naam vandaan kom. Maar as jy ’n sogenaamde meer ‘sielvolle’ kunstenaar wil vat en van hom ’n popster wil maak, wel, dan het jy regtig iets besonders nodig. Dan het jy ’n Chris Charmeleon/Sarel Fourie nodig.

En dan is daar Sera (Lizelle de Klerk). Alhoewel De Klerk se vertolking vir my heel gangbaar was, is dit die karakter self (en nie soseer die aktrise wat dit vertolk nie) wat vir my net gladnie oortuig het nie. Arm mense hou van geld. Hulle gee nie om om opofferinge te maak nie.

Maar wat my die meeste gepla het van hierdie film, is die oorkoepelende boodskap wat dit uitstuur. Ons sou alternatiewelik hierdie film ook die naam kon gee van ‘Revenge of the Rock People’. Want hierdie hele film is befondament op die skynbare premis dat rock en roll mense hierdie ‘real’ mense is en dat popsangers hierdie absolute ‘fake’ mense is met geen harte nie. En dit oortuig my miskien die minste van als.

Die ontknoping is dan ook wonderbaarlik dat Opperman en sy ‘gang’ uiteindelik vir van Rensburg ‘wen’, nadat die Opperman-kamp eers vir Opperman teruggewen het nadat hy hierdie totale ‘fake’ mens geword het. En Van Rensburg gaan so oorboord sy word sommer op die daad ’n hippie. Soos Ian.

Op die ou einde ‘wen’ die rock en roll mense. Viva Bob Dylan viva!

Tog, al my kommentaar ten spyt, het ek dit geniet om hierdie film te gaan sien . Alhoewel daar gesê was dat dit nie regtig ’n ‘musiekfilm’ is in die sin dat die verhaal op die agtergrond skuif nie, was die musiek wat wél in die film verskyn tog ’n hoogtepunt.

So terloops, wat was die Beatles anders as ’n popgroep? Ja goed hulle het miskien tydlose musiek geskryf. Maar, húlle was die mense wat die fondamente gele het. Dit was nie harde drinkers by kroeë wat die Beatles ‘gemaak’ het nie. Nee, dit was die Beatleabers van die 60’s. Meisies, amper soos die vir wie Opperman by die Supermark gesing het – en daai jare het die meisies flou geval.

Punt wat ek maak is, die grens is baie, baie dun.

Daar is ’n liedjie wat op die radio speel deesdae. Kyk, ek is nie die grootste Jak de Priester ondersteuner nie. Maar hy sing mos so liedjie met die naam “Fyn lyn” …

Musiek vir die Agtergrond se ‘trailer’:

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s