Redakteursnota: ‘nuwe’ webwerf

Die laaste paar dae is enige wysigings op ons webwerf deurgevoer. Die meeste is slegs klein en ‘mooi’ wysigings, soos ‘n prentjie op die bladsye wat ‘n mens in die menu/kieslys kan vind. Maar daar is ook twee belangrike wysigings deurgevoer.

Die eerste wysiging was reeds vroeg in die week sigbaar. Die hoofredakteur stel ‘n oorsig van die beste artikels op ons webwerf saam. Kliek net op ‘Innie kollig’ in die menu/kieslys. Buitendien is die beste artikels geselekteer op onderwerp. Gaan met jou muis oor ‘Innie kollig’ en ‘n tuimelkieslys met onderwerpe sal verskyn. Jy kan kies uit politiek, teologie en lesersartikels. As jy ook ander onderwerpe in die kollig wil sien, laat ons weet!

Webadres

Die tweede verandering is ‘n groter een. Dit is ‘n lekker een. Dit is ‘n belangrike verandering. Ons webadres is verander. Van opinieplatform.wordpress.com is die webwerf nou geskuif na opinieplatform.co.za! Dit sal die besoekgemak behoorlik verhoog. As jy die ou webadres gebruik, word jy direk na die nuwe webadres weggevoer. Dit geld ook vir alle (voormalige) skakels.

Hoewel ons nuwe webadres eindig op .co.za, sal dit geen probleem wees as jy .com in jou adresbalk tik. Jy sal outomaties na die regte webadres gelei word.

Skrywers moenie ongerus raak nie, want agter die skerms het niks verander nie. Die WordPress-gebruikerspaneel is steeds beskikbaar. Buitendien kan geregistreerde skrywers nou tereg op /webwerfbestuur vir handige links.

Ons hoop dat hierdie wysigings die gemak van lesers én skrywers verder sal verhoog. Dankie vir die lees. En moenie bang wees om jóú stem te laat hoor. Gee kommentaar of laai jou artikel.

Advertisements

2 comments

  1. Dankie vir die harde werk agter die skerms Red. Ek glo hierdie mooi platform sal net van krag tot krag gaan. En ek hoop dat ons nog baie nuwe stemme sal lok om aan ons debatte te kom deelneem sodat ons kan leer by mekaar en mekaar kan verryk.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s