Lesersartikel: Malema se EFF is nie goeie nuus vir SA

Julius Malema
Julius Malema (Foto: Wikimedia Commons)

Die stigting van die Economic Freedom Fighters (EFF) deur Julius Malema en hul deelname aan die verkiesing het baie mense aan die praat. Hoe gaan die EFF vaar in die verkiesing en is hulle ‘n gevaar vir die demokrasie? Gaan hulle enige steun wegvat van die ANC en moet blankes begin bekommerd raak oor al die uitsprake wat gemaak word aangaande blankes?

Dis duidelik dat Malema sekere swartmense teiken om vir die EFF te stem. Daar is baie swartmense wat werkloos is, nog nie huise gekry het nie, in armoede leef en ontevrede is met swak dienslewering. Verder is daar probleme by die myne en Malema teiken ook daardie swartmense wat ontevrede is met dit wat aangaan by die myne. Natuurlik is daar ook die swart jeug wat gaande is oor Malema en hy behoort steun daar ook te kry.

Malema se uitsprake dat blankes die land by swartes gesteel het is natuurlik kommerwekkend, want dit wakker emosies aan by swartmense. Dit kan die rassespanning verhoog. En ja, sulke onwaarhede wat hy kwytraak word deur baie swartmense as die waarheid aanvaar en dít kan problematies word.

Hy wil ook myne en banke nasionaliseer en grond wat aan blankes behoort onteien, want blankes “het dit mos gesteel.” Volgens Malema moet dit nou teruggegee word aan die sogenaamde wettige eienaars nl. die swart bevolking.

Malema en sy EFF gaan beslis steun kry in die verkiesing en daarom moet hulle nie onderskat word nie.

Gaan hulle die ANC onttroon? Nee, maar hulle gaan beslis steun wegrokkel van die ANC en spesifiek daardie deel van die swart bevolking wat al moeg geword het van die ANC se beloftes wat nie gerealiseer word nie. So, vir sommige swartmense is hy ‘n Messias, maar vir die blanke bevolking is hy ‘n persoon wat gevaar voorspel en daarom is Malema en die EFF nie goeie nuus vir Suid-Afrika nie.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

4 comments

  1. Dit is interessant dat daar in vandag se koerant ‘n stuk deur Lizel Steenkamp verskyn het onder die titel ‘Malema is goeie nuus’. Ek het dit nog nie self gelees nie en is te moeg nou, sal dalk more.

    Daar is positiewe dinge aan die EFF. Aan die een kant gaan dit dalk die ANC se monopolie tipe mag bietjie breek. Aan die ander kant kan die bestaan van die EFF die ANC se interne politiek baie stabiliseer. En ek is geen aanhanger van die ANC of van enige ander politieke party 4 that matter nie, maar ek moet seg, ek verkies ‘n stabiele ANC bo ‘n diep verdeelde een. Hoe minder hulle met mekaar baklei, hoe meer kan hulle fokus daarop om die land beter te probeer bestuur.

    Dink jy REGTIG dat daar nooit grond gesteel was by swart Suid-Afrikaners nie? Is dit REGTIG ‘n gevolgtrekking waaarby jy uitgekom het? Die grond is dikwels met geweld afgevat. Dit was gebruik in die Kaapkolonie onder Rhodes en ook in die ZAR onder Kruger dat die hoofmanne se koppe afgekap word en as trofees gebere word.

    In die Kaap was die kuddes wat wederegtelik van swartmense afgevat was vir spotgoedkoop opgeveil deur die Kaapse regering. Ek het self die bewyse daarvoor gesien, en dit le, sover ek weet, in die Africana Museum in Kimberley.

    Ek is egter natuurlik geen voorstander van onteiening nie, maar ek dink dit is miskien goed dat hierdie radikale stemme binne die ANC miskien hulle eie tuiste kry. Dit is maar net soos toe die KP weggebreek het van die Nasionale Party af. Dit het die gematigde stemme meer vryheid gegee.

    Die meeste swart Suid-Afrikaners is gematigde mense wat net soos almal sinvol en in vrede wil leef. Daarom dink ek nie dat die EFF besonder baie steun sal kry nie. Ek sien die slim mense se 2%, ek verwag 4%, hoe ook al, dit gaan min wees.

    Hier is ‘n skakel na Steenkamp se artikel, miskien moet ons dit almal onder oe neem:

    http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Debat-Malema-is-goeie-nuus-20131019

  2. Blankes,en spesifiek die Afrikaner,het hul grond wettiglik bekom en nie gesteel by enigiemand nie. Ek glo nie enige blanke glo die snert dat hul grond gesteel het by swartmense nie en baie swartmense sien dit ook so. Malema se uitsprake kan probleme maak en sekere swartmense glo als wat hy sé en dit is uiters gevaarlik vir die demokrasie. Dit kan onstabiliteit op die politieke front veroorsaak en dit het dan n impak op die ekonomie en baie ander dinge. Baie mense neem Malema nie ernstig op nie en lag sy uitsprake weg. Dieselfde is destyds met Hitler gedoen en ons weet wat gebeur het.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s