Wantroue teen ANC dalk tereg

President Zuma en die ANC. Kan ‘n mens “hulle” vertrou of nie?

Die ANC-regering is maar wat listig. Hoekom?! Dit is my mening dat dáái regering regeer met onrus. Die ANC skop onrus in die land en vervolgens kry hy sonder weerstand uit die samelewing ongemerk wette deur die parlement.

Ek dink die ANC wil nie Pretoria se naam verander nie. Ek dink die ANC wil nie die Midvaal-munisipaliteit, wat onder DA bestuur val, ophef nie. Ek dink die ANC wil nie die muilbandwet invoer nie. Ek dink dat al wat die ANC wil, is om sy opposisie te toets.

Die ANC wil net weet hoeveel weerstand sy voorgestelde wette kry. Die opposisie, burgerregteorganisasies, en media skop vervolgens teen daai ekstremistiese planne en wette. Geheel volgens die ANC se eie plan. Hoekom dink ek so?

Die ANC weet die opposisie se krag en middele is beperk. Geld, bemanning, en aanhang is die opposisie se grootste probleme.

Die opposisie kan nie effektief op verskillende fronte stry nie. As sy die verset verdeel oor verskillende onderwerpe, sal sy moontlik op alle punte verloor. Buitendien moet die opposisie ook nog sy eie politieke pad volg…

En die ANC weet dit. En hy gebruik dit baie handig. Elke keer as die ANC enigiets wil invoer, gryp hy ‘n ekstreem kontroversiële plan van die plank af. Wat gebeur is dat die opposisie, burgerregteorganisasies en media as ‘n troep skape op die groot kontroversiële plan duik. Vervolgens het hulle nie meer genoeg krag om ook teen die ‘normaal’ plan, wat die ANC op dieselfde oomblik loods, te stry nie. Die ANC weet hy sal kontroversiële plan nooit sal kan invoer nie, omdat die opposisie te sterk is, maar ondertussen kan hy sonder baie verset sy eintlike doele bereik.

Buitendien gee dit nog ‘n voordeel vir die ANC: hoe meer dikwels hy ekstreem planne indien, hoe meer normaal daai ekstreem planne lyk: Dit resulteer vervolgens in minder verset teen planne wat in 2000 miskien nog ondenkbaar gewees was.

‘n Voorbeeld is die e-tol wat SANRAL per Desember in Gauteng in werking gaan stel. Tydens die wetgewingsproses het die ANC gedreig om Pretoria se naam te verander. AfriForum kon hom slegs gedeeltelik op e-tol rig, want hy was besig met Pretoria se naam. Dit het dus geresulteer in minder verset teen e-tol. Nou e-tol ingevoer is, lyk dit of Pretoria se naam ook gered is. Tot die volgende politieke storie uit die noorde hom in die parlement meld.

Tydens die verslag oor Nklanda het die muilbandwetsaga gesleep. Sommiges het gesê toekomstige Nklanda-stories kan met die muilbandwet toegesmeer word. Dit mag dalk waar wees. Maar die wetgewingsproses het ook die huidige Nklanda-storie ‘n bietjie toegesmeer. Toe die voorstel vir muilbandwet egter nie geheel gehelp het om die aandag van die Nklanda-storie af te lei nie, het die ANC sommer die grootste teenstander van die muilbandwet, die DA, in sy tuiste aangeval deur die landbourelle van November tot Januarie te organiseer.

En nou Midvaal? Nee, Suid-Afrika, hou jou oë oop. Want die ANC het dalk heel ander planne… Maar moenie jou verset teen die Midvaalplanne verswak nie, want DAN gryp die ANC sommer sy kans en loods sy Midvaalplanne deur tot in die Staatskoerant.

Nee, ek vertrou die ANC nie. Saam met my baie Suid-Afrikaners. Die ANC is mos altyd slimmer as wat ‘n mens dink. Buitendien gebruik die ANC die feit dat hy onderskat word baie handig.

Ek sê nie wat ek hier geskryf het is die waarheid nie. Dit is slegs my teorie oor die politieke verhoudings in Suid-Afrika. In die demokratiese land, waar ek woon, het ek vryheid van spraak. Ek gebruik dit. En dit is nie ‘n misdaad nie.

Advertisements

One comment

  1. Politiek is ‘n noodsaaklike euwel. Ek vertrou GEEN politikus nie ongeag watter party. Ons behoort in Suid-Afrika elke 5 jaar van regerende party te verwissel, maar ongelukkig is ons nog vas in hierdie eenpartystaat en dit gaan nie gou verander nie.

    Verder kan ek ook net se dat ja, die regerende party het ‘n briljante intellegensie strategie. Die hele storie van die Zuma skildery was volgens sommige mense ook niks anders nie as ‘n weerligafleier.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s