Die antwoord op armoede en misdaad is baie maklik!

Die Groot Sandvlakte van Soweto waar HOP-huise gebou is.

Die beleid van die ANC-regering om armoede te bestry het stadig verander in ‘n beleid wat armoede laat voortbestaan en selfs bevorder.

Niemand kan ontken dat die outydse regerings grotendeels verantwoordelik is vir die armoede in Suid-Afrika. Ondanks die feit dat verskeie NP-regerings beleid omtrent bantoe-onderwys gehad het, het dieselfde regering baie beleid gehad wat die “bemagtigingsbeleid” weer ongedaan gemaak het. Die massale bevolkingsverskuiwings tydens die 50’s, 60’s en 70’s het veroorsaak dat swart en bruin mense nie gelykwaardig kon profiteer van Suid-Afrika se ekonomiese groei nie. Die armoedekloof tussen Afrikaners en ander inheemse bevolkingsgroepe het in minder as vier dekades ontplof. Verwoerd en Vorster het die grootste kans om armoede in Suid-Afrika te bestry, laat loop.

‘n Mens sou dink die ANC-regering sou die oorlog aan armoede in die land verklaar. Maar nee. Armoede word nouliks effektief bestry. Waar die eenheidsregering onder Nelson Mandela en F.W. de Klerk vol moed begin het aan die bou van miljoene HOP-huise, het die ANC hierdie beleid na Mandela se vertrek nie meer effektief ontwikkel nie.

Vandag bestaan die ANC se armoedebestrydingsbeleid net uit twee effektiewe komponente: die bou van HOP-huise en die verstrekking van staatstoelae. Ander beleid moet byvoorbeeld ontwikkel word deur organisasies soos die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA). Maar hierdie regeringsorganisasies presteer niks nie, behalwe om salarisse aan sy amptenare te betaal. En Suid-Afrika se armes ly daaronder.

Ek kan betoog dat die idee van staatstoelae is geheel en al verkeerd. Maar baie Europese lande ken so’n stelsel. Wat Suid-Afrika se probleem is, is dat die stelsel binne die Suid-Afrikaanse konteks onvolhoubaar is. Daar is gewoonweg te veel arm mense sonder werk.

Maar ook die bou van HOP-huise kan beter. In Nederland sê ons dat ons liewer dinge heeltemal keer as dinge slegs vir die helfte doen. Die ANC-regering het waarskynlik nooit van die wysheid gehoor nie (het Zuma ooit van enige wysheid gehoor?)., want die bou van HOP-huise help vir die primêre probleem (‘n tekort aan behoorlike behuising), maar veroorsaak ook talle van sosiale, geestelike en gedragsprobleme. Misdaad is een van hierdie probleme. Dit terwyl talle van hierdie bykomende probleme relatief maklik opgelos kan word.

Die antwoord – moenie gaan lag nie – is bome. As ‘n mens in ‘n omgewing met bome woon, is die mens gelukkiger. Ongeag status, rykdom en besit. Buitendien help ‘n mooier omgewing om misdaad te bestry.

In Europa weet ons al meer vir 100 jaar dat “groen” mense gelukkig(er) maak. Rondom die huidige HOP-huise is egter baie min “groen” beskikbaar. Daar is geen bome, geen gras en geen struike nie. Dit is dikwels net huise op ‘n desolate sandvlakte. Dit is geen lekker omgewing vir kinders om in groot te word nie. Sterker: die omgewing – met ‘n gebrek aan onderhoud, wat op ‘n gebrek aan gesag dui – fasiliteer sekere probleme in plek van dit te bekamp.

‘n Omgewing wat goed onderhou is, dui op die aanwesigheid van die staat en dus op die aanwesigheid van die dienste, gesag en polisie. Hierdie psigologiese effek maak die stap om misdaad te pleeg groter en moeiliker én bekamp dus misdaad.

Nee, ek vra nie vir groot luukses vir die armes nie. Nee, ek vra nie vir groter staatstoelae nie. Nee, ek vra nie vir groot duur parke in arm woonbuurte nie.

Alles wat ek vra, is een boom per twee huise. Teen misdaad. Teen armoede. Vir gelukkige mense. #maakdielandgroen

Advertisements

4 comments

  1. Interessante stuk Christian. Vandag se Volksblad se hoofberig is die droogte is nou erger as die een in 1933.

    Dis sleg van die bome want mense sal die bome afkap vir kosmaak.

    Maar dit sal goed wees as ons Suid-Afrika meer boomryk kan maak.

  2. Hoe kan jy sê die vorige regering het armoede veroorsaak? Is als nou weer apartheid se skuld? Daar is baie vir die swart bevolking gedoen,baie.Ek het nooit die NP ondersteun nie,maar wragtig,hul het nie armoede veroorsaak nie!

    • Nee, ek sê NIE die vorige regerings het armoede veroorsaak nie, want DIE NP-REGERING HET NIE ARMOEDE VEROORSAAK NIE. Ek sê dat hulle verantwoordelik is vir vandag se armoede: Terwyl die wit bevolking optimaal geprofiteer het van die ekonomiese oplewing in die 60’s, kon die swart en bruin bevolking nie – dit weens die beperkende (apartheids)beleid van die regering. Die vorige regerings het nie die armoede veroorsaak nie, maar wel die finansiële kloof tussen wit en bruin/swart vergroot. Die NP-bantoebemagtingingsbeleid kon nooit die destruktiewe werking van apartheid oorwin nie.

      En dit was ook nie my punt nie. My punt is dat die huidige ANC-beleid heeltemal faal.

      Dankie vir jou kommentaar.

    • Wat is armoede? Armoede is ’n relatiewe begrip. Kom ons noem dit dan liewer ‘ongelykheid’ menner Lotz. Geval die term ongelykheid u meer as armoede? As ons praat oor ongelykheid, dan moet ek sê nee, die NP het nie ongelykheid geskep nie, hulle het dit maar bloot geërf by die Unieregering, wat dit op sy beurt geërf het by die 4 kolonies, waarvan twee onafhanklike Boererepublieke was. As mens net sover teruggaan as die Glen Grey wet in die Kaapkolonie, wat deur die parlement gejaag was deur Cecil John Rhodes, toe nog ’n geëerde man in die oë van baie Kaapse Afrikaners. Die Glen Grey wet was daar gestel om swartmense van hulle grond af te kry, in ’n put van ellende en armoede, sodat hulle hulself uiteindelik aanmeld as goedkoop arbeiders. En so was daar ook die 1913 grondwet wat 80 persent van die land se mense probeer inprop het in 20% van die land . . .

      Toe die NP in 1948 aan bewind kom, het dit natuurlik alles in sy mag gedoen om die mag en die grond te behou. Stringe en stringe wetgewing is oor die jare deur die parlement gejaag om onderdrukking te verseker. ’n Goeie gevallestudie van hoe mense se lewens ingesluk was deur diskriminerende wetgewing, is om die gebruik van biersale te bestudeer. Die regering het natuurlik mense belet om hulle tradisionele bier te brou wat hulle vir millennia gebrou het. Jy kon slegs die bier brou en verkoop met ’n lisensie. Die lisensies is natuurlik NET aan blankes toegeken. Swart vroue wat gevang is dat hulle bier brou was toegesluit soos kriminele.

      Alle drank moes in die biersale gedrink word (anders as witmense wat by die huis kon drink). Die bier is in groot eenhede verkoop, en kon dus nie huis toe gevat word nie . . .

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s