Resensie: Rigtingbenonnerd, op die spoor van die Afrikaner post ’94

Die metershoë Christiaan de Wet-standbeeld in Nederland toon Nederlandse simpatie na die Vryheidsoorloë.

Die verhouding tussen Afrikaners en Hollanders is altyd kompleks gewees. Tye van haat en liefde het mekaar afgewissel. Nederlandse literatuur oor die Afrikaner het altyd die tyd van hierdie haat-liefde-verhouding gevolg.

Tydens die Vryheidsoorloë (Boerenoorlogen) is die Afrikaner tot hemelse proporsies opgeblaas, vereer en die verwantskap tussen Afrikaners en Hollanders swaar beklemtoon. Tydens apartheid is die Afrikaner in Holland tot op die grond verguis en is die stamverwantskap – van beide kante – met alle moontlike middele ontken. Ten spyte daarvan sal Nederland oor enige jare die land met die meeste strate vernoem na Afrikaners wees.

‘n Nuwe perspektief is nodig. Hollanders en Afrikaners verskil. Niemand kan en wil dit ontken nie. Maar Afrikaners en Hollanders het ook ooreenkomste. En dalk meer as sommige mense wil erken. Maar ooreenkomste mag nooit die verskille gaan oorheers nie, en andersom. Soos Hollanders nooit ‘poes’ in Suid-Afrika mag sê nie en Afrikaners liewer die woord ‘neuk’ in Nederland moet vermy…

Skrywer en joernalis Fred de Vries het in sy boek Rigtingbedonnerd, op die spoor van die Afrikaner post ’94 (vertaling van Afrikaners, een volk op drift) ‘n goeie oorsig gegee van ‘die Afrikaner’ in Suid-Afrika en daarbuite. In die boek beskryf hy die geskiedenis van ‘die Afrikaner’ en die Afrikaners se plek in Suid-Afrika. Hy praat almal. Van links, regs, verregs, kommunisties ens. Van Kleinboer (‘the white nigger’) tot Eugène Terre’Blanche, van Orania tot Australië. Uiteindelik kom De Vries by die vraag of daar nog plek vir Afrikaners in die huidige Suid-Afrika is.

In die boek sal jy verseker menings kan lees waarmee jy saamstem. Maar in die boek sal jy verseker ook menings lees, waarmee jy glad nie saamstem nie. De Vries beskryf hierdie menings en verklaar die menings aan die hand van die geskiedenis.

Hy spreek ook Suid-Afrika se probleme aan: misdaad, armoede, rassisme. Die boek is nie net insiggewend vir Hollanders nie, maar so moontlik nog waardevoller vir Afrikaners self. Ek het al talle boeke oor Afrikaners gelees, waaronder gesaghebbende boeke van Giliomee. De Vries vul die leemtes van die bestaande literatuur, omdat hy nie net die feite beskryf, maar ook die verskillende sentimente van verskillende Afrikaners saambring.

Die boek lees vinnig en aantreklik, soos die lekkerste koeksister wat jy ooit geproe het. Die grootste erkenning wat Fred de Vries van Afrikaners behoort te kry is dat hy – nie soos talle van sy voorgangers – paternalisties oor Afrikaners skryf nie. Die Hollander weet mos alles beter is vir een keer vergeet.

Voordeel van die boek is ook dat dit ‘n goeie perspektief bied op die Nederlandse denke, prinsipes en huidige norme en waardes. Die Hollandse raamwerk waardeur Fred de Vries na die Afrikaner kyk, steur egter geen oomblik nie. Waar die Hollander weens die boek ‘n multi-perspektiewe beeld van die Afrikaner kry, kry die Afrikaner ‘n goeie beeld van die Hollandse denkwyse oor die Afrikaner. Dit kan wedersydse begrip laat groei.

Rigtingbedonnerd is ‘n boek sonder oorheersende mening van die skrywer, maar ‘n boek met menings van talle Afrikaners. Die boek bewys die belangrikste paradoks: Die Afrikanervolk bestaan, maar Afrikaners kan nie saamstem nie.

En daardie belangrike eienskap deel die Afrikaner met die volkie wat 9000 kilometer noordeliker woon… Of sou die Afrikaner dan tog meer op die Hollander lyk as wat enigiemand ooit kon dink?

Advertisements

6 comments

    • Natuurlik is jy reg! Maar aangesien die boek se eerste reël van Hollanders praat, het ek maar gekies om my resensie in dieselfde ‘sfeer’ te skryf as die boek. Die boek word vanuit die Afrikaanse konteks met ‘n Nederlandse blik omskryf (en praat dus van ‘Hollanders’); dus ek kan vandag niks anders daarvan maak nie. 😦

      En aangesien die ‘Hollandse (Randstad) denkwyse’ vandag dominant in Nederland is, kon ek vandag ook mooi van Holland praat. 😉 Dankie vir jou kommentaar.

  1. Klink na ‘n lekker interessante boek! Ek wens ons kan meer put uit ons Nederlandse erfenis. Ons weet so min daarvan. Nie dat ek Europa eintlik interessant vind nie, maar ons sal meer moet hammer op ons en veral ons taal se konneksie met Nederland. Dit is altyd goed as mense agterkom dat ons taal Afrikaans, wat eens die taal van onderdrukking was, tog ook deel is van ‘n wereldgemeenskap. Dat die Nederlandse/Afrikaanse taal op baie kontinente deur miljoene mense verstaan word. So baie mense besef dit nie, en die oomblik wat hulle dit besef dan verander hulle houding ook teenoor Afrikaans. Daarom is dit belangrik dat die verhouding op ‘n meer sigbare manier gevier sal word in die toekoms. Dit is van kritiese belang.

  2. Het die boek onlangs gelees. Baie interessant,veral die onderhoude met Pieter Mulder, Dan Roodt, Steve Hofmeyr en Flip Buys. Lees dit gerus.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s