Sobukwe se kantoor

Suid-Afrika en baie wat daarin gebeur is gesentreer rondom die menslike sisteem van kapitalisme. Sommige historici besing graag apartheid se deugde in die naam van die kapitalistiese kasteel wat Suid-Afrika eens was en tot ’n mate steeds is. Ja, maar so is die lewe. Met die sleg kom die lekker en met die lekker kom die sleg. Dis hoe dit is.

Een van ons grootste monumente van die kapitalistiese gierigheid is die stad Kimberley. Ek het baie dinge van Kimberley geleer wat ek nie eens geweet het nie. Een van die bekendste anti-apartheidsaktiviste van alle tye was Steve Biko. Steve Biko se destydse girlfriend wil in 2014 aan die verkiesing deelneem met haar party Agang SA. Steve word onthou vir hoe hy doodgemartel was deur die polisie, maar hoeveel mense weet daar was in dieselfde tyd ook ’n man in Kimberley van die dieselfde studenteorganisasie wat Biko verteenwoordig het in aanhou ding dood? Sy naam was Phakamile Mabija. Die baie bekende ‘Transvaal road’ in is 2011 na Mabija vernoem. Mabija is, as ek reg verstaan, by ’n ruit uitgegooi deur die polisie. En so is hy dood.

Die nuwe Universiteit van die Noord-Kaap, so het ek geleer, gaan bekendstaan as die SPU, kort vir die Sol Plaatje Universiteit. Hulle wil veral fokus op erfenis.

Maar hier is iets baie interessant. Robert Sobukwe. Hy was op sy dag die méés invloedrykste en magtigste swart man in Suid-Afrika en Afrika (dis my eie gevolgtrekking waarvoor ek ten volle pa staan). Die apartheidsregering was niks minder nie as vreesbevange vir hierdie man nie en hulle het hom, na sy tyd op Robbeneiland, Kimberley toe verban, ver weg van sy eie mense, met die oog daarop om hom te ontnugter en ontmoedig. In die meegaande foto’s kan ons sien hoe lyk die kantoor waarin Sobukwe gewerk het in Kimberley. Hy was ’n prokureur van beroep. Die kantoor sal jy vind in die informele nedersetting Galeshewe. Galeshewe is Setswana en beteken iets soos – moenie ons plek se naam verander nie. Mense baklei altyd oor plekname in Suid-Afrika, al baie jare, soos ons kan sien in die naam Galeshewe.

1

2

3

4

5

Advertisements

4 comments

  1. Ek het my nooit ernstig in apartheid verdiep nie. Ek dink die huidige probleme is belangriker as die seer uit die ou dae. Desondanks is dit belangrik dat sekere goed tog deur die mensheid onthou word. Ongeag of iemand daarin wel of nie belangstel nie. Ek dink die stelsel van apartheid (en ook die verset daarteen) moet vir altyd onthou word. Nie as ‘n romantiese stryd nie, maar ook die verskrikkings wat BEIDE partye teen mekaar gepleeg het. Die huidige ANC mag nie hul dade in die ou dae romantiseer net nie. Daar behoort kritiese refleksie te wees. En goeie dinge uit die verlede mag nooit vergeet word weens vandag se slegte dinge nie. Barend, ek dink jou artikel dra ‘n goeie bydrae aan hierdie tweeslagtige refleksie. Veral omdat die kantoor nogal baie vervalle lyk – ondanks die ANC-beheer van die Kimberley Munisipaliteit…

  2. Dit is jammer dat ons nie altyd ‘n inklussief kan wees in wat ons as erfenis beskou in Suid-Afrika nie. Vir my is alle mense se stories interessant, maar daar is baie mense wat net eenvoudig niks belangstel in hoe ander mense gelewe het nie. Ek weier om net witmense se stories te hoor die hele dag lank. Suid-Afrika se mense is veel meer verweef as wat hulle self dikwels wil glo, veral ekonomies. Dit is weens goedkoop swart arbeid dat die land eens so ekonomies stabiel was. Om die waarheid te se Suid-Afrika is gebou deur swart hande. En vandag kan ons almal in mekaar se erfenis deel.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s