Psalm P

(Vir Jan en San Alleman. Vir begeleiding met die orrel. ’n Psalm van Barend)

Ek kyk op na die kansel
waar sal my vrees vandaan kom?
Dit kom van die prediker
wat al die geheime van die heelal ken
en die sterre
selfs beter as die astronoom

Hy maak my bang vir Sinterklaas
En die Paashaas
En seks buite die eg is ’n pes
Met die uitsondering van Genesis 30 vers een tot ses (ens. ens. ens.)
En só lees hy sy boeke
deur sy kulturele bril
en preek en preek en preek
al sy kritici stil

Hy sal nie toelaat dat ek dink nie
Waarlik!
Hy praat die tale van die mense!

Selfs al gaan ek deur ’n dal van verligting en vooruitgang
ek sal geen onheil vrees nie
want my prediker is daar
hy vat my terug en behoed my al my dae

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s