Inspirasie vir boere

Hollanders dink nog altyd hul produkte is nie in die buiteland verkrygbaar nie. Ek het twee van die mees tipiese Hollandse produkte op 9307 km van die huis gekry: drop en kaas.
Hollanders dink nog altyd hul produkte is nie in die buiteland verkrygbaar nie. Ek het twee van die mees tipiese Hollandse produkte op 9307 km van die huis, in Bloemfontein, gekry: drop en kaas.

Dit is tans ‘n moeilike tyd op die plaas. Die plaasekonomie ryk nie meer slegs tot die naaste dorp nie. Dit is ‘n wêreldekonomie. Boere is afhanklik. Wat sal die pryse volgende maand wees?

In Nederland het oor die afgelope 100 jaar meer as 14 000 boere hulself verenig. Die korporasie is eienaar van die vyfde grootste melkbedryf in die wêreld: (Koninklijke/Royal Dutch) FrieslandCampina.

Ook ek woon op ‘n plaas. En ja. Die melk gaan na FrieslandCampina “se” fabrieke. Maar talle produkte word ook geëksporteer.

In 2012 het ek vir ‘n halwe jaar in Bloemfontein gestudeer. Voor my vertrek het afskeid geneem van die Hollandse kaas – die lekkerste in die wêreld. Toe ek op die eerste dag in Pick ‘n Pay se supermark in Brandwag loop, kon ek my oë nie glo nie. Hollandse kaas!

Dus ek koop die kaas (R180 per kilo). Later die week skype ek so’n bietjie met die tuisfront in Holland. Ek vertel vir hulle die storie. En hulle vra vir my watter Hollandse kaas ek gekoop het. Dit was Frico-kaas van FrieslandCampina. Toe blyk dat my pa se beeste se melk ook na daardie Frico-fabriek gaan, is dit duidelik.

In 6 maande tyd het ek vir honderde rande kaas gekoop en geëet. Eie kaas. Op 9307 kilometer van die huis.

Jammer vir die geld? Nee, want dit was óf Frico se kaas óf Clover se kaas. En Clover is eiendom van Fronterra, FrieslandCampina se grootste konkurrent. Dit was dus geen opsie nie. En Frico se kaas is ook 10000000x lekkerder as Clover s’n.

Probeer asseblief net. By Pick ‘n Pay het Frico-kaas (180 gram) in 2012 ongeveer 33 rand gekos.

Dus. Daarom. Net om alle boere in die wêreld te eer het FrieslandCampina hierdie video gemaak: Die storie van melk. Raak geïnspireer deur die boere se werk…

Advertisements

4 comments

  1. i90Christian, as daar een ding is wat ek 100% volkome met jou kan saamstem dan is dit dat die mense van Suid-Afrika nie ‘n clue het wat goeie kaas is nie! Mag ons land se mense bykom in hierdie verband.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s