Lesersartikel: Moedertaal moet onderrigtaal wees!

Professor Jonathan Jansen se onlangse uitlatings dat Engels die onderrigtaal moet wees vanaf skoolvlak tot universiteitsvlak, en dat wit Afrikaanssprekende skole ‘n gevaar is vir rasverhoudinge, het groot ontevredenheid onder Afrikaanssprekendes veroorsaak.

Dit is tog net logies dat onderrig in jou moedertaal moet plaasvind, want dan verstaan ‘n mens dinge net beter. Daar waar onderrig in jou moedertaal plaasvind en uitslae is swak, kan dit mos nie voor die deur van die taal gelê word nie.

Die oplossing kan mos nie wees om die onderrigtaal dan te verander nie. As die onderrigtaal bv. Afrikaans of Sotho is, kan dit mos nie verander word na Engels toe nie.

Die probleem om uitslae te verbeter gaan nog steeds nie opgelos word nie, dit gaan net erger word. In so ‘n geval moet die gehalte van onderwys eerder verbeter word. Engels kan ‘n verpligte vak gemaak word, maar laat die onderrig plaasvind in jou moedertaal.

Elke persoon het mos die reg om in sy moedertaal onderrig te ontvang en die beste gehalte onderwys te kry. Laat daar opgehou word om te dink Engels is die beste opsie om onderrig in te ontvang, want dit is nie. Vir die Engelssprekende ja, maar nie vir my as Afrikaanssprekende of enige ander spreker van n moedertaal nie.

Laat Afrikaans as inheemse taal gedy en gun dieselfde aan ander inheemse tale van Suid-Afrika.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

3 comments

  1. Ek hou van jou skrywe. Ek dink wel Jansen is verkeerd aangehaal in die sin dat hy nooit gese het Afrikaanse skole is afbrekend vir nasiebou nie. Dis soos om te se ek hou die meeste van koeldrank X. Dit beteken nie ek se koeldrank Z en Y is sleg nie, Dis net dat ek meer van X hou.

    Maar, dat die moedertaal die sleutel tot sukses is, daar is waar ek met jou saamstem. Ons is niks sonder ons moedertale nie. Ek wil self later dalk weer iets oor die saak skryf.

    Dankie vir jou goeie skrywe!

  2. Dis wat ons land uiek maak, met al sy verskillende tale en kulture, dis nie reg om bv. Engels te bevorder maar nie Sotho nie of Sotho maar nie Afrikaams nie. Dis waar ons land suksesvol gaan wees, waar elkeen in sy taal groei en tot voordeel van die land is in dit wat hy/sy doen. Ons land gaan nasietrots ontwikkel en saamsmelt om die land te word wat ons veronderstel is om te wees.
    As elkeen in sy moedertaal onderrig kan word {met ‘n aditionele vak} sal dit ons land ekonomies laat groei…

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s