Maties ly onder prof. Botman se transformasie-onkunde

Die sentraal geleë Rooiplein (met ondergrondse biblioteek) van die Universiteit Stellenbosch  (Foto: Wikimedia Commons)

Die Universiteit Stellenbosch moet transformeer, so sê sy vise-kanselier professor Russel Botman. Die nuwe koshuisplasingsbeleid wat volgende jaar moet ingaan, het die laaste maande baie kritiek gekry, ondanks ‘n lang proses van openbare beraadslaging. Daarom het prof. Botman sy beleid reeds maande gelede verdedig in die Sondagkoerant Rapport.

Die US se vise-kanselier maak velkleur ‘n belangrike faktor om te bepaal wie tot die koshuise toegelaat sal word en wie nie. Soos ek vroeër geskryf het, is elke vorm van rassekwalifikasie per definisie rassisties en behoort dit nie by universiteite te gebeur nie.

Soos prof. Botman in sy artikel in Rapport (ontereg!) die Nazi-eugenetikasisteem van Fischer gebruik om sy nuwe beleid te regverdig, beoordeel sy beleid mense op grond van dieselfde aspek as wat die apartheidregimes gedoen het: ras en velkleur. Ongeag die doel van prof. Botman se nuwe beleid, is die feit ewe sleg. Soos ‘n moord altyd ‘n moord sal wees, ongeag die rede vir die moord.

Die doel heilig nie al die middele nie. Prof. Botman sê dat die bevoordeling van van voorheen benadeeldes op dieselfde grond moet plaasvind as die voormalige benadeling. Anders sou die probleme nie reggestel kan word nie. Dit is onsin. Daar is slegs een ooreenkoms tussen die beleid van prof. Botman en die beleid van D.F. Malan: beide is rassisties.

Daar is baie moontlikhede om die gevolge van die verlede reg te stel. en om ‘n eweredige en gemeenskaplike toekoms vir alle Suid-Afrikaanse bevolkingsgroepe te bou. Ook sonder rassisme in beleid. Meriete, matriekresultate, motivering, prestasies, maatskaplike betrokkenheid, ens. kan almal gebruik word om studente as koshuisbewoners te selekteer.

Nee, foute uit die verlede word geïgnoreer en rassistiese beleid weer terug ingestel.

Prof. Botman sê ook die status van Stellenbosch as Afrikaanse universiteit beperk universitêre transformasie in Matieland. Nee, dit is ook onsin. Afrikaans is saam met Engels die enige taal wat moedertaalsprekers in alle bevolkingsgroepe het. Buitendien praat miljoene Suid-Afrikaners Afrikaans as tweede of derde taal. Maar hoekom is die meerderheid van die Universiteit Stellenbosch se studente steeds Afrikaners, terwyl hierdie groep slegs ‘n minderheid binne die groep van Afrikaanssprekendes vorm?

Daar is slegs een rede. Prof. Botman was en is nie in staat om die universiteit as Afrikaanse universiteit te transformeer nie. Hy het gefaal en tans probeer hy sy onvermoë weg te steek deur meer en meer Engels aan die universiteit toe te laat en die nuwe koshuisplasingsbeleid in te voer.

Om sy eie onvermoë te verdoesel, verloën prof. Botman die Afrikaanse karakter van die Universiteit Stellenbosch. Maar die groot “switch” na Engels as onderrigtaal in Matieland is nie net ‘n aanslag op die universiteit en studente nie, maar verseker ook ‘n slag vir Afrikaans.

Prof. Botman pleeg tans dieselfde aanslag op Afrikaans as wat sy voorganger, D.F. Malan, in die 1930s gepleeg het teen die Nederlandse taal as een van Maties se onderrigtale. En ons weet almal wat Malan nog meer gedoen het…

En wat van Jan Marias se stigtingsskenking? Gaan die US nou regting 100.000 pond in vandag se waarde vir die Afrikaanse kultuurorganisasies gee? Die Universiteit Stellenbosch sal nie so ‘n skenking finansieel kan oorleef nie. Maar van die bedrag (in vandag se waarde) sal verseker ‘n nuwe Afrikaanse universiteit opgerig kan word. Prof. Botman kan maar beter Marias se 50%-reël nie definitief verbreek nie…

Maar die ergste is dat prof. Botman nie sien dat sy taak eintlik rees verby is nie. Want hy het reeds gefaal.

Dit is tyd dat die Universiteit Stellenbosch ‘n nuwe rektor en vise-kanselier kry: een wat wel in staat is om die universiteit as ‘n Afrikaanse universiteit te transformeer. Soos dit behoort.

Advertisements

One comment

  1. Soos altyd, interessante skrywe Christian. Dankie hiervoor. Ek is self baie passievol oor moedertaalonderrig. EK wens mense wil die waarde van hulle moedertale begin besef. Ons kan nie oornag vir almal dieselfde diens lewer in hulle moedertale in Suid-Afrika nie, maar ons kan vandag al begin werk na ‘n wereld toe waar almal uiteindelik eendag in hulle tale bedien word.

    Die onus rus op die mens evan Suid-Afrika! Gaan ons die waarde van ons tale besef, of dit nou Afrikaans of Sesotho of IsiZulu of IsiXhosa of wat ook al is? Gaan ons besef hoeveel die moedertaal help in die opheffing van mense? Of gaan ons ingesuk word deur Engels – ‘n taal wat amper niemand van ons by ons huise praat nie!!!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s