Bloemfontein se sjokolade renoster

Soos almal seker weet is ons deesdae waarskynlik die laaste geslag mense wat die voorreg sal hê om renosters in lewende lywe te sien. Die geslagte na ons sal dit net op prente en foto’s kan sien. Dis deels die verwronge praktyk van Oosterse medisyne se skuld, mense wat glo die renosters se horings kan hul gesond maak – iets wat totaal onwaar is aangesien renosterhoring uit basies dieselfde materiaal bestaan as menslike hare. Dis ook deels die mense se skuld wat weier om die handel in renosterhoring te wettig. Vandat die handel in renosterhoring onwettig is, is die enigstes wat lekker lewe diegene wat geld vir renosters insamel – die renosters self kou maar harde bene.

Nietemin, ek wil nie vandag baklei nie, ek wil net wys ek was vandag by die reuse renoster wat van sjokolade gebou was. Die renoster staan by die Bloemfonteinse waterfront. Ek was by die Cheetah/WP wedstryd waar Schalk Burger sy langverwagte terugkeer gemaak het. Die hele waterfront ruik na die sjokolade. Die Grey College boereorkes was ook vroeer vandag daar om die publiek te vermaak, was heel prettig. Maar hier is hoe die renoster lyk. Die ding is reusagtig!

foto0035

foto0036

foto0037

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s