Abel se Lot – Chris Karsten

Die eerste keer wat ek met Abel Lotz gebots het, was eintlik heel toevallig. En dis al ’n tydjie gelede. Die boek Abel se Lot is maar die tweede in die ‘Abel-trilogie’. Die laaste ene, so gele as ek dit nie mis het nie, dra die titel – Die Afreis van Abel.

Ek is nie die grootste fiksie leser op aarde nie. Ek is iemand wat hou van nie-fiksie. Ek lees geskiedenisboeke en ek sukkel om met fiktiewe karakters te assosieer. Tog af en toe geniet ek ’n ou misdaadfiksie, en ek moet sê dat Abel Lotz ’n karakter is wat tog sy merk gelaat het op my as leser.

Die tweede volume in die ‘Abel-trilogie’ was nie vir my presies so goed soos die eerste volume nie, maar dit was nogtans baie goed. Die teks konfronteer die leser met stringe nuwe karakters. Dit het my maar deurmekaar gehad tot amper aan die einde. Net soos in die heel eerste boek, kan mens nie regtig sê dat daar een spesifieke karakter is wat die hoofkarakter is nie. Die hele storie wentel maar om die stryd wat Ella Neser voer in haar pogings om vir Abel vas te trek. Die storie spring van een plek na die ander, van een karakter na die ander, en dit vat bietjie baie lank voor mens begin sien hoe al die drade bymekaar aansluit.

Een ding wat my regtig nie sterk oortuig het nie, is die heel intieme manier hoe Ella en Milo by mekaar se lewens betrokke geraak het. Dit het my nie erg oortuig nie, want ek kan nie sien hoe ’n polisievrou sommer so saam met mense aan wie se saak sy werk gaan ‘draf’ nie. En Milo en Ella se verhouding is uiteindelik deurslaggewend in hoe die hele tweede volume van die Abel trilogie ontvou.

Maar ek moet net ’n lansie breek vir die skrywer ook hier. Ek gesels anderdag met iemand wat ook hierdie boek gelees het, en toe sê die persoon vir my, dit sal vir selfs die heel beste skrywer op aarde moeilik wees om te verbeter op die eerste ‘Abel boek’, naamlik Abel se Ontwaking. Die hoofrede hoekom die tweede een dan so bietjie teleurstellend vir my is, is waarskynlik juis omdat die eerste een so uitsonderlik goed was – nie omdat die tweede een regtig ‘swak’ is nie.

Ek sien uit daarna om nommer drie ook onder oë te neem. Ek gaan dit BESLIS een of ander tyd moet doen.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s