Teologie vir die twyfelaar (4): Of gays nou so gebore word of nie het niks met die prys van eiers uit te waai nie!!!

Dit is vir my so sleg dat ek altyd oor godsdiens moet skryf. Altyd oor gays moet skryf. Dis swaar. Maar dit kan nie anders nie. Suid-Afrika is nou maar net so plek. Ons word oorgebombardeer met godsdiens in hierdie land. Ons word flou gekonfronteer. Dit voel soms of mens om elke hoek en draai ’n ou papiertjie in die hand gestop word van die een of ander sekte. Draai na ons god toe meneer, mevrou . . . Laat óns vir jou bid. Kom woon óns diens by. Óns kerk is die regte een wat al die antwoorde het.

Hand aan hand met hierdie godsdiensoordondering, loop dan die anti-gay sentiment in Suid-Afrika. Dit kan ook nie anders nie! Die Bybel, die heilige boek van Christene, is immers vol van gruwelike geweld teenoor homoseksuele mense. Maar nie alle teoloe is vandag meer oortuig dat homoseksualiteit regtig ‘sonde’ is nie.

Iets wat die kerke miskien moet begin doen, is om te begin kyk na ’n formele definisie van wat presies ‘sonde’ is. Is ‘sonde’ ’n spesifieke lys van dinge wat mense doen? Dan moet hulle so lys opstel en dit aan lidmate versprei, bv. vloek, rook, jaloesie, dronkenskap, verkragting ens. ens. ens. Dan kan ons almal weet.

My gevoel (en verstaan my mooi, ek is geen teoloog nie) sê egter vir my dat sonde nie net ’n spesifieke lys van dinge is nie. As ons kyk na hoe die rabbi Ya’shua (Jesus) in die Bybel geskets word, dan kom ek soms onder die indruk dat ‘sonde’ beteken dat jy besig is om nie jou doel in die lewe na te kom nie. Daarom dat Ya’shua sommer op die Sabbat mense gehelp het. Dit was teen die ‘wet’, maar vir Ya’shua was enige wet onderhewig aan liefde. Hy het dit tot so geformuleer ja, naamlik dat jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart . . . en die tweede wat daarmee gelykstaan is, jy moet jou naaste liefhê aan jouself.

Daar is min boeke wat so selektief gelees word soos die Bybel. In kerke word daar verskillend opgetree teenoor verskillende sondaars. Die ouderling wat vuil grappe vertel tussen die ‘manne’ word oorgesien. Maar die gay wat ’n liefdevolle verhouding het met ’n ander gay word nie geduld nie. Die Bybel word altyd geinterpreteer teen die agtergrond van die kultuur en die norme van diegene wat die mag het. Die Nazi’s het ’n Nazi god in die Bybel gelees. Vir die Jode was god weer aan húlle kant. In Suid-Afrika is apartheid met die Bybel geregverdig, en so ook die geweldadige stryd daartéén.

Suid-Afrika is een van die min lande ter wereld waar daar nie meer staatkundig teen homoseksuele mense gediskrimineer word nie. Dit is vir my tragies dat daar stemme binne die kerk is wat pleit vir groter diskriminasie teen hulle. Hoeveel teksverse is daar in die Bybel wat bloot net geignoreer word? Omdat dit ons almal weet dit is uitgediende kulturele praktyk? Vroue dra nie meer hoede in die kerk nie. En hulle praat in eredienste, party sommer van die kansel af! Ek meen, as DIT darem nie dubbele standaarde is nie, dan weet die Here alleen wat is.

En dan die ewige debat oor of dit ‘geneties’ is en oor of dit ‘’n keuse’ is. Ek is nie ’n Sielkunde professor nie. Ek het op universiteit wel ’n paar kursusse in die Sielkunde gedoen. Ek was blootgestel aan die hele ‘nature’ vs. ‘nurture’ debat. En ek dink net soos in baie debatte is dit in die geval van homoseksualiteit ook so naamlik dat dit die kombinasie van genetika sowel as omgewingsfaktore wat daartoe aanleiding gee dat sommige lede van die samelewing aangetrokke tot dieselfde geslag begin voel. Die eintlike vraag wat ons egter hier moet vra is, maak dit saak of dit geneties is of nie? Want vir my maak dit nie die minste saak nie.

Die Bybel is ’n kosbare versameling van antieke tekste. Dit is een van ons grootste stukke kulturele wêreld -erfenis. Dis nie ’n boek wat ek letterlik volg nie. Dis ’n teks waarin ons die metateks van liefde en geregtigheid moet soek – ’n metateks waarvan ek oortuig is te vinde is in die Bybel.

Advertisements

2 comments

  1. Homoseksualiteit is n sonde en verkeerd.Dis wat in die Woord van God staan en dus hoef daar nie n debat te wees of dit reg of verkeerd is nie.Die Bybel sê duidelik dis onaanvaarbaar.Punt!

    • Ja ja, dit se ook vroue moet hoede dra en hulle bekke hou in eredienste. Gelukkig steur niemand behalwe ‘n paar mense in Potch hulle meer daaraan nie.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s