Teologie vir die twyfelaar (3): Hoekom ek nie ’n Christen is nie

KruisJare gelede is ’n versameling lesings deur die filosoof Bertrant Russell geboekstaaf onder die titel, “Why I’m not a Christian”. Ek steel vandag bietjie hierdie titel maar die trant gaan bietjie verskil. Ek het grootgeword in ’n “Christelike” huis. Abnormale maar liefdevolle ouers. Ek was ’n gelukkige kind en het vir baie jare myself as ’n Christen gesien. Maar dinge kan gou verander. Blitsig nogal. Ek het nog altyd geweet mens kry verskillende soorte Christene, bv. Katolieke, Protestante ens. Maar soos wat die tyd aangestap het, en soos wat dinge in my lewe ontvou het, dink ek dis eerder verskillende godsdienste wat by Jesus geaffilieer is as wat dit almal “Christene” is wat net verskillend dink ens.

So, om by die punt uit te kom, hoekom ek nie ’n Christen is nie. Die antwoord? Wel, baie Christene beskou my nie as ’n Christen nie. Die rede daarvoor is heel eenvoudig. Elke sekte het sy eie standaarde vir wat hulle ‘Christenskap’ noem. Party sê jy moet die Bybel as ’n ware en letterlike geskiedenisboek sien. Elke liewe woord daarin is deur God self geskryf en mag nie bevraagteken word nie. Jy moet vir Bybel blindelings glo. Ander sê weer nee, Bybel is nie so erg heilig nie. Dis nie geskiedenis nie. Dit bevat ‘spirituele waarhede’ eerder as wat dit geskiedenis is.

Ag en so is dit met amper elke ander saak. Party van hulle glo die Duiwel bestaan, ander nie. Party glo die aarde is plat en in ses dae geskep, ander sê dis nie so nie. Ander sê die grootste sonde ooit is evolusie, om te glo in evolusie. Almal wat evolusie glo gaan “hel” toe. O en daar is natuurlik ook nog ‘n klomp wat nie glo daar is so plek soos die hel nie.

En dan is daar die ewige anti-gay sentiment. Dis lekker gerieflik vir dies wat self nie gay is nie en ook nie geliefdes het wat gay is nie, maar vir die res is dit swaar om te hoor dat God hulle haat omdat hulle gays is.

En so is daar ook Belhar. Jy moet dit haat óf jy moet gaga raak daaroor. Jy moet tog net nie almal probeer aanvaar en liefhê nie o jirretjie nee.

So my punt is, sê vir my wat jou definisie van ‘Christenskap’ is, dan sê ek vir jou of ek ook Christen is of nie. Met duisende der duisende sektes wat elkeen vir Jesus/Ya’shua opeis, is ek egter redelik seker dat die antwoord waarskynlik ‘nee’ gaan wees:

Nee, jy is nie een nie. Want vir die meeste van hulle is jy nie goed genoeg nie.

En prys die Heer daarvoor. Dis regtig beter om verlos te word van baie van jou laste. Ek kan daarvan getuig.

Advertisements

11 comments

  1. Hallo ek sien jy’t nog geen kommentaar gekry nie, so ek vra maar die eerste vraag:
    Jy praat so baie oor Jesus. Wie is dit? Is dit ‘n dooie persoon of ‘n lewendige persoon?

    • Hallo Andre. Jesus (Ya’shua) is een van die mees betwiste historiese figure ooit. Hy het geleef in die antieke wereld.

      Party mense se hy het aarde toe gekom om die Christelike godsdiens te kom versitg. Ander se nee Jesus was ‘n wetsonderhoudende Jood wat geleer het dat alle mense die wet moet onderhou.

      Party se Jesus is God self. Andere se dat die leer van die Drie-Eenheid nerens in die Bybel voorkom nie. Dat die woord ‘God-Drie-Enig’ eers ‘n latere skepping is.

      Party se Jesus was die Joodse Messias. Ander se dat deur Jesus ‘n baie ou profesie in die Tora vervul is naamlik dat Eva se nageslag die “slang” se kop sal vermorsel.

      Ander se Genesis vertel mitiese verhale oor die Skepping en dat die aarde baie oud is en dat mense deur die proses van evolusie gekom het tot waar dit vandag is.

      Daar is weinig bronne oor Jesus se lewe. Die oudste bronne was briewe wat deur deur Jesus se vroegste navolgers geskryf was. Dit was nooit bedoel as die direkte “woord(e) van God” soos wat die kerke vir eeue daarna verkondig het nie.

      Die hele sogenaamde “Nuwe Testament” is skynbaar deur Messiaanse Jode geskryf. Net soos die Tora is dit gelaai met verdagte historiese inligting en teenstrydige teologiese interpretasies.

      Daar is wel ook “buite-Bybelse” bronne oor Jesus, soos byvoorbeeld die geskrifte van Josefus. Josefus was egter nie die soort historikus as wat ons vandag aan gewoond is nie. Die antieke mense was nie so goed onderleg in die moderne metodiek van Geskiedskrywing soos wat ons vandag is nie. Hulle het ook nie telefone, motors of die internet gehad nie wat navorsing nogals bemoeilik het.

      In kort, ek glo Jesus het geleef maar my kennis van Jesus is baie beperk.

      Ek hoop dit help.

      Vrede vir jou.

      • Net om seker te maak ek verstaan jou:
        Die Jesus waarvan jy praat is iemand wat geleef het en nou dood is. Is dit reg?

        Jy skryf darem maar baie oor iemand waarvan jy beperkte kennis het.

        • Ja dit gaan so in die lewe André. Jy sal vind dat teoloë en predikers en hulle breinbesoedelde slawe die mense is wat die minste van die sterrekunde af weet maar wat die graagste daaroor praat. Hulle glo hulle gode woon iewers buite die uitspansel of iewers daar. En hulle glo dat Jesus ‘opgevaar’ het in die uitspansel in.

          Maar kom ek probeer dit maar vir jou verduidelik. Ek kry ongelukkig, en ek hoop van harte ek is verkeerd, die indruk dat jy my mond graag wil snoer. Hoekom weet ek nie maar ek het my vermoedens.

          Maar ja jy sal vind dat ek maar nederig is oor my kennis van Jesus, anders as die mense met al die M.Div grade en die groot predikers van die wêreld wat als van als af weet en veral alles weet van Jesus af.

          Dis waar, ek weet miskien min van Jesus af, maar ek weet iets van die diskoers rondom Jesus. Want jy sien, ons lewe in ’n land wat totaal en al godsdiens behep is. Jy sien hulle partykeer as jy tussen een dorp en ’n ander ry in hulle wit pakke op pad rivier toe vir hulle seremonies. Skakel jy ’n radio of die TV of selfs ’n rekenaar aan, dan staan die pastoor of prediker daar reg met sy Bybel. Stap jy in die straat af dan druk hy ’n papiertjie in jou hand. Hy soek jou. Hy wil jou red.

          En behalwe vir die feit dat jy verskillende godsdienste kry, waarvan elkeen glo dat húlle god die regte een is, kry jy boonop ’n haas oneindige string sektes binne elke godsdiens. So kry jy dan, die een pastoor sal vir jou sê dis onmoontlik om ’n baba te ‘doop’. Dit wat die gereformeerde kerke met babas doen is eintlik net ‘besprinkeling’. Jy móét groot doop. Dan kry jy die ander prediker weer wat sê as jy as baba ‘gedoop’ is, en jy laat jou ‘groot doop’, dan verwerp jy die eerste doop en dan doen jy sonde en sal jy gestraf word met die hel.

          Sien, godsdiens is ’n vrees game. Jy maak mense bang met die hel. Jy vertel hulle as hulle nie na jou kom luister en nie hulle geld vir jou gee nie dan gaan hulle tot in alle ewigheid geskroei word deur God.

          So maar die Baptiste hou nie van die NG kerk nie. Die SteedsHervormers hou nie van die Hervormers nie. Die Katolieke glo ander kerke is verkeerd. Die CRC hou nie van die . . . ag, jy kry die prentjie. Ek was self ’n Christen André – ek wéét hoe werk die dinge.

          ’n Mens maak ’n fout as jy jouself nie bemagtig met kennis oor en van godsdienste nie. Mens moet tog ingelig wees om jouself te kan beskerm. Glo my, ek weet BAIE goed dat ek niks weet van Jesus af nie. Die predikers is die mense wat als weet. Ek hou myself en ander mense maar net op hoogte en probeer maar op my beskeie manier die kaf van die koring skei.

          En wat Jesus betref, ek weet nie. Miskien, miskien nie. Ek was nie daar nie. Ek reken daar is wel ’n kans dat Jesus uit die dood uit opgestaan het. Volgens die antieke geskrifte het baie mense vir Jesus gesien en die graf was glo leeg.

          Een ding wat ek vir ’n feit nie glo nie is dat Jesus in die uitspansel in ‘opgestyg’ het soos ’n vuurpyl. Om wat daar te gaan maak? Die antieke mense het geglo die gode bly ‘bo’ in die lug en die hel is ‘onder’ die aarde. Selfs die apostoliese geloofsbelydenis het vir baie eeue verklaar dat Jesus ‘neergedaal het na die hel’. Dis later aangepas en lees vandag dat Jesus ‘ter helle’ neergedaal het, want enige idioot weet dat ‘sheol’ of die ‘die hel’ of wat ook al NIE onder ons voete is nie. So nou as die hel nie daar onder is nie wie sê die gode bly bo in die uitspansel.

          O ja ek vergeet die prediker want die prediker weet mos als.

          • Ek dink nie dis regverdig of mooi om te vertel wat ander mense dink of glo nie, ek vind dit ‘n bietjie verwaand. Ek dink elkeen kan net vir homself praat. Daarom vra ek jou eerder wat JY dink, maar jy sê jy weet nie. Ek verstaan dit, wonder dan net hoekom jy oor dinge skryf waarvan jy nie weet nie.

            • Ek skryf daaroor want dis my reg. Godsdiens word oral om elke hoek en draai in MY keel afgeforseer en ook in al my medelandsburgers s’n. In skole word kinders vroeg geindoktrineer met Islam, met Judaisme, met Protestantisme, met Katolisisme en die vetweet wat als.

              Die probleem met fanatiese gelowiges, en ook dus met ateiste, is dat hulle graag houe kan uitdeel maar hulle nie kan vat nie. Hoekom mag ek nie se wat ek wil oor dinge nie? Wil jy vir my se ‘n gelowige mag op enige platform gaan klim net waar hy wil en mense dreig met sy hel maar ek moet maar net myse bek hou en dit sluk?

              Ek glo nie meer aan bangmaakstories nie Andre. Daar is nie iets soos die hel nie. Daar is nie iets soos Satan nie.

                • Dis jou opinie dat ek niks weet nie. En ek gee toe dat ek niks van God af weet nie. Dit gaan dan ook so dat dit Christene self is wat vir jou vertel of jy ‘n gelowige mens is of nie. Dit was juis op daai manier wat die einde van my pad met hulle godsdiens aangebreek het.

                  Maar al weet ek dalk niks van God af nie word ek daagliks gekonfronteer deur ‘n eindelose stroom opdringende sektes se proseliete. Ek kan regtig nie anders as om oor hulle te skryf nie. Geen mens kan dit ontsnap nie dis oral. Hulle soek jou kop. Hulle soek jou geld. Hule soek jou tyd. Hulle soek jou hande. En hulle gaan nie ophou om jou te probeer intrek by hulle nie. En die CRC soek jou sodat jy saam met hulle kan neerkyk op die NG kerk, en die Baptiste soek jou weer by HULLE sodat jy saam met hulle kan neerkyk op die ‘kleindopers’, ensovoorts ensovoorts ensovoorts.

                  Daar kan tog op die aarde niks daarmee verkeerd wees dat ek oor hierdie dinge blog nie.

                  Dankie vir jou belangstelling nietemin al kry ek die idee jy wil my ontmoedig.

                  • Nou begin jy selfs om my te vertel wat my opinie is. Ek het nog nooit gesê dat jy niks weet nie, jy het dit self gesê. Ek probeer nog die hele tyd uitvind wat dit is wat jy weet, ek probeer jou verstaan, maar dis moeilik want jy praat net die heeltyd sleg oor ander mense, mense wat ek nie eers ken nie.

                • Ag André, eks so jammer dat jy so min verstaan. Ek moet sê ek verstaan ook nie wat jou agenda is nie, want watter Afrikaans sprekende is nie van kleins af met die Bybel gebreinspoel nie? Dalk wil jy dit met ons deel?

  2. Mat 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.

    Mat 24:5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

    Mat 24:6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.

    Mat 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.

    Mat 24:8 Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.

    Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

    Mat 24:10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

    Mat 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.

    Mat 24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

    Mat 24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

    Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

    Mat 24:15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

    Mat 24:16 dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

    Mat 24:17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;

    Mat 24:18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.

    Mat 24:19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.

    Mat 24:20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.

    Mat 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

    Mat 24:22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

    Mat 24:23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.

    Mat 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

    Mat 24:25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.

    Hier praat Jesus een keer van oorloë, hongersnood en verdrukking, maar 4 keer in hierdie gedeelte se Hy pasop dat julle nie mislei word nie. Om die waaruit te se dit is die heel eerste ding wat Hy sê in vers 4 en dan herhaal Hy dit ʼn tweede keer in vers 5 en weer in vers 11 en sluit af in verse 23 en 24 deur te se pasop dat julle nie mislei word nie. Dit behoort dus ooglopend te wees dat die grootste kenmerk dat ons in die einde van die tyd leef, misleiding in die kerk is.

    Hoop dit sal help. Vind rus in God se Woord.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s