Elke vorm van rassekwalifikasie is rassisme; ook op Tukkies

Verteenwoordigers van die Universiteit van Pretoria in gesprek met Barend Taute en Charl Oberholzer van AfriForum Jeug. Kliek hier vir die video op YouTube.
Verteenwoordigers van die Universiteit van Pretoria in gesprek met Barend Taute en Charl Oberholzer van AfriForum Jeug. Kyk die video hier.

AfriForum Jeug het op die kampus van die Universiteit van Pretoria ’n petisie gedryf om aanhoudende rassekwalifikasie te veroordeel. AfriForum Jeug het dit laas week gedoen tydens die Sonop-Ooste Tukkies Lentedag. Vandag het AfriForum Jeug die restante van dié petisie aan die parlement aangebied.

Maar die universiteitsbestuur het die petisie verbied en die byeenkoms beëindig. Die feit dat die Universiteit van Pretoria die petisie-veldtog verbied het is ‘n vorm van ernstige sensuur.

Universitêre ewolusies het ‘n groot stempel op Suid-Afrika se geskiedenis gedruk. Apartheid het sowel sy opkoms as sy ondergang aan die Universiteit Stellenbosch geken. Toe die NP/Naspers-koerante nog swaar onder sensuur gebuk was, het Die Matie reeds “rewolusionêre” dinge geskryf. Die politiek-akademiese debatte in Matieland het in sulke hoë kringe plaasgevind, dat die ideë hul pad na die politieke arena gevind het.

Ook in ander lande met groot beleidswysigings begin nuwe ideë en paradigmas se groei op universiteite. Akademici het reeds vir eeue lank meer vryheid (van spraak en navorsing) geken as gewone burgers. Akademici het byvoorbeeld die Verligting in Europa veroorsaak.

Idees word iewers êrens uitgevind. Die universiteit is so ‘n omgewing waar daar baie intelligensie is om nuwe “konklusies” te maak. Vandag se studente is môre se leiers. Idees wat vandag op kampus gevorm word, beheers die politieke debat van môre.

Dat vandag se leiers die vorming van ‘n willekeurige nuwe paradigma probeer keer, is logies, want vandag se leiers het hul eie paradigmas. Vandag se leiers ontleen hul legitimiteit om te heers aan hul eie paradigmas. Die universiteit se leiers is dus eintlik gevang in die paradigmas van vandag.

Maar dat die Universiteit van Pretoria die vorming van ‘n nuwe paradigma onder sy studente probeer keer, is skokkend. Universiteite behoort – en is aan die samelewing verplig – om nuwe paradigmas te bedink. En die Universiteit van Pretoria wéét dit. Hoekom doen sy professore anders so baie navorsing?!

AfriForum het, soos gesê, ‘n petisie gedryf teen rassekwalifikasie. Hierdie idee van rassekwalifikasie vloei – soos algemeen bekend – voort uit die beleid van transformasie. En transformasie is bedoel om die ongelykhede uit die verlede reg te stel. Na 1994 is besluit dat rassekwalifikasie ‘n tussenstasie op die pad na ‘n nie-rassistiese Suid-Afrika is. Eendag sal Suid-Afrika uitgetransformeer wees.

Die een dink transformasie was reeds in 2000 voltooi, die ander dink transformasie raak nou voltooid en weer ander mense wonder of Suid-Afrika ooit getransformeer sal wees.

Die debat hieroor verdien ‘n plek. Verseker nou rassekwalifikasie meer en meer definitief lyk. Waar rassekwalifikasie na 1994 bedoel was om die transformasie te kan monitor, raak dit al meer ‘n doel op sy eie. Dit is ‘n slegte ontwikkeling. Vanuit my eie ervaring en vanuit Europese perspektief kan ek sê daar is niks so diskriminerend as rassekwalifikasie nie.

In Europa kan jy maande tronkstraf kry as jy die rasvraag stel. Want jou ras en velkleur maak mos nie saak nie.  Dit is jou velkleur. Niks meer nie. Identiteit kan ‘n mens beter ontleen aan taal, kultuur en ander interaktiewe sake.

Die Universiteit van Pretoria se verbod van AfriForum Jeug se petisie teen rassekwalifikasie is niks meer as ‘n poging om die vorming van nuwe idees – die paradigma van môre – te keer. Suid-Afrika sal eendag uitgetransformeer wees en die dag sal rassekwalifikasie onnodig wees. En wanneer die dag is, sal nie net in die Uniegebou besluit moet word nie, maar ook op straat en op die kampus. Want Suid-Afrika is ‘n demokrasie.

Dat die Universiteit van Pretoria die debat rondom rassekwalifikasie probeer muilband, is ‘n akademiese doodsonde.

Dit lyk of die Universiteit van Pretoria baie waarde heg aan rassekwalifikasie. Die Universiteit van Pretoria insinueer buitendien dat AfriForum Jeug aksie voer vanuit rassistiese standpunte. Maar die universiteitsbestuur moet nie vergeet nie dat wie ras en velkleur raaksien, per definisie rassisties is.

Die Universiteit van Pretoria sal moet erken dat Suid-Afrika vryheid van spraak ken en dat die Grondwet beoordeling op grond van ras en velkleur ernstig veroordeel. Solank die Universiteit van Pretoria dit nie erken nie, is AfriForum Jeug se aksies teen rassekwalifikasie geregverdig.

Advertisements

One comment

  1. Ek ken nie veel van die details van hierdie saak nie. Al wat ek weet is dat regstellende askie is ‘n probleem in Suid-Afrika. Ek is oortuig dat regstellende aksie selde of nooit die heel armste mense help nie. Dit is dikwels mense wat in private skole was en goeie grade het wat deur regstel aksie bevoordeel word. Maar dan weer, ons gaan regstel aksie nie keer nie. Toe die blankes regeer het, was werke gereserveer. Vandag word geen werk gereserveer nie maar daar word wel demografiese teikens nagejaag. Ek kan nie sien hoe hierdie beleid gou gaan verander nie, maar om op te hou om ras op die aansoekvorms van universiteite te vra is beslis ‘n stap in die regte rigting.

    Ek dink enige vreedsame protesaksie moet geduld word.

    Baie interessante stuk Christian. Dis altyd lekker om na Suid-Afrika te kyk deur die lens van julle daar oor die water.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s