Resensie: Nuwe stemme 5

Ek het laas ietsie gesê oor my verhouding met die letterkunde, spesifiek die poësie. Ek is mal daaroor maar vertrou niemand se mening nie. As dit by kuns kom vertrou ek niemand. Ek wil self besluit.

Ek het dan ook langtand begin lees aan die bundel ‘Nuwe stemme 5’. Ek hou nie van hierdie tipe bundels wat saamgestel was uit die skryfwerk van verskeie skrywers nie. Ek het al voorheen sulke tipe bundels gelees en was erg teleurgesteld, spesifiek die bundels wat deur Versindaba vrygestel was. Die bundel ‘Nuwe Stemme 5’ het my egter aangenaam verras en ek kan dit beslis aanbeveel.

Daar is, uiteindelik, maar net een maatstaf vir my, vir waarvan ek hou en waarvan nie. En dit is maar, kan ek met die vers assosieer?

In ‘Nuwe stemme 5’ is daar heelwat verse wat sosiale kommentaar lewer. Dis iets waarvan ek hou. Poesie moet mense uitdaag selfs meer as ander kunsvorme, dis maar my mening. In hierdie verband is my nuuskierigheid veral geprikkel deur die werk van Joan-Mari Barendse. Die vers ‘Môre op Noeleen’:

“Jammer Anoniem van Pretoria
ons tyd is nou verby
onthou jy is nie alleen nie
bel die depressiehulplyn
(die nommer tans op jou skerm)”*

Dit is die tipe kuns wat ek veral van hou hierdie. Dis die soort werk wat ek verstaan. Dis tog presies hoe dit gaan in die lewe is dit nie? Die ou wat hulp soek word maar net blootgestel aan groter frustrasies. Die vers “America’s next top poet” deur dieselfde digter sluit ook aan by die onderwerp.

Oloff de Wet se vers ‘Moya’ is een wat ek ook baie geniet het. Moya is natuurlik die Sesotho woord vir ‘wind’ of ook ‘asem’. As ek verse soos hierdie lees dan word ek net weer van voor af verlief op my taal. Ek moet ook die vers ‘hortend’ deur dieselfde skrywer uitsonder. Hierdie vers is tipografies een van die interessantste verse wat ek al gelees het.

Tipies van kunstenaars is daar sommige verse wat ek natuurlik nie kop of gat van uitmaak wat die skrywer probeer sê nie. Maar ons lees en waardeer hulle nogtans want poësie is ’n manier waarop ons die toestand van menswees op ’n besondere manier kan vier. Dit is juis Braai . . . uhm, Erfenisdag, more.

Ek het hierdie publikasie geniet. Dit was, alles in ag genome, nie vir my uitsonderlik nie. Maar dit het my darem nie verveel nie, daar was, inteendeel, baie interessante verse.

* Nuwe Stemme 5, Kaapstad, 2013, p.37.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s