Vergeet die staat, vertrou op jou eie!

Die koffer van die Nederlandse minister van Finansies. Die koffer bevat die sg. Miljoenenota: die jaarlikse begroting vir die komende jaar. (Foto: Rijksoverheid)

Afgelope Dinsdag, op Prinsjesdag, het die Nederlandse regering sy nuwe beleid uiteengesit; wat ook ‘n duidelike perspektief vir Suid-Afrikaners kan gee: Reël jou eie sake. En slegs as jy nie kan nie, is ons daar vir jou.

Nederland is sedert die sestigs ‘n versorgingstaat waarin die burger altyd kan vertrou op “vadertjie staat”. Die owerheid moes jou help as dit sleg gegaan het met jou. Maar ook as dit goed gaan met jou, help die staat jou.

Byvoorbeeld: ek is ‘n student. Alle Nederlandse studente kry 1000 rand per maand. Jy kan dit gebruik om jou studieboeke te koop, klasgelde te betaal ens.. As jy buite die huis woon, kry jy nie 1000 rand nie, maar 3000 rand per maand. As jy as “arm” geklassifiseer is, kry jy nog 3000 rand EKSTRA. Sommer net. Om jou studies van te betaal. En jy hoef niks terug te betaal nie. En studente kan gratis van die openbare vervoer gebruik maak. En die regering betaal jou sorgversekering vir 50% en jy kry ook nog ‘n huurtoelae om jou kamer te huur…

Maar die lewe is nie goedkoop nie. Die lewe in Holland kos minstens 9000 rand per maand – per persoon!

Maar die versorgingstaat loop so op sy einde. Dit raak te duur. Die staatsuitgawes word groter en die staat se inkomstes al hoe kleiner – “gehelp” deur die wêreldwye krisis.

Dus het die Nederlandse regering vir die laaste 5 jare reeds vir 52.000.000.000 euro (= 682 MILJARD rand / 0,6 biljoen rand) besuinig, ongeveer 16% van die gehele begroting. Die staatsuitgawes het gedaal van 320 miljard euro (4,1 biljoen rand) per jaar na 267 miljard euro (3,5 biljoen rand) gedaal. Pynlike maatreëls is geneem.

Die regering, onder leiding van premier Rutte, het baie kritiek gekry. En tereg. Want daai “ou” is ‘n liberaal. Hy regeer – volgens oortuiging – sonder visie. Sy standpunt is dat die regering geen visie behoort te hê nie, omdat dit die burgers sou beperk, en dat slegs die burgers ‘n visie behoort te hê…

Laas Dinsdag, op Prinsjesdag, die derde Dinsdag van September, bied die Nederlandse regering gewoonlik sy planne (en begroting) vir die volgende jaar aan die parlement aan. Dit is vergelykbaar met die opening van die parlement in Suid-Afrika. Hoewel die Koning geen politieke mag het nie, is Hy steeds die hoof van die regering, en in hierdie hoedanigheid lees Hy die troonrede voor.

Sien vanaf die 16e minuut. Die voorgaande minute is die rytoer van die Koning met die Goue Koets, wat net op Prinsjesdag gebruik word.

Nou is een ding baie belangrik vir hoe ons ons samelewing inrig.

Het is onmiskenbaar dat mensen in onze huidige netwerk- en informatiesamenleving mondiger en zelfstandiger zijn dan vroeger. Gecombineerd met de noodzaak om het tekort van de overheid terug te dringen, leidt dit ertoe dat de klassieke verzorgingsstaat langzaam maar zeker verandert in een participatiesamenleving. Van iedereen die dat kan, wordt gevraagd verantwoordelijkheid te nemen voor zijn of haar eigen leven en omgeving. (Lees hier die hele troonrede)

Premier Rutte regverdig sy beleid met “die verskuiwing van ‘n versorgingstaat na ‘n deelnemersamelewing“. Maar nogtans is dit geen visie nie, omdat hierdie verskuiwing steeds gelei word deur die tekort aan geld by die owerheid. Hy gebruik die skuif as ‘n dekmantel vir sy eie swaar gekritiseerde en visielose beleid.

Die ANC en die SAKP roep reeds vir jare dat hulle ‘n versorgingstaat in Suid-Afrika wil opbou, waarin almal gelukkig kan leef. Maar die tye van versorgingstate is verby. Die ANC-regering faal op baie en meer vlakke. Dit maak die noodsaak van ‘n deelname-staat in Suid-Afrika baie hoog. Die Nederlandse owerheid faal egter nie. Dit is ‘n uitermate belangrike verskil.

Die idee van ‘n deelnemersamelewing is reeds baie sigbaar in Suid-Afrika. Waar die owerheid faal, gaan burgers dit self doen. Nuwe Afrikanerinstitusies soos MediClinic, Solidariteit, die Beweging vir Christelike-Volkseie Onderwys se rol word steeds belangriker. Maar Nederland het nog nie sulke institusies nie, al word baie staatsinstitute omgevorm tot selfstandige institute (nie geprivatiseer nie).

Neem jy deel of val jy uit? Dit is die vraag.

In Suid-Afrika faal die regering selfs om die uitvallers te help. Die Nederlandse regering het daarin geslaag om vir meer as 50 jaar lank álle burgers te help. Ek is nie bang vir die deelnemersamelewing nie. Omdat hier in Nederland die uitvallers steeds gehelp sal word.

Maar ek is nie een van daardie toekomstige uitvallers nie. Dus ek kan vergeet van “vadertjie staat”…

Advertisements

One comment

  1. Hierdie is ‘n baie interessante onderwerp. Ek dink nie daar word genoeg hieroor navorsing gedoen en geskryf nie. In Suid-Afrika is daar natuurlik miljoene mense wat “social grants” ontvang. Die getal afhanklikes styg elke jaar en dit terwyl al meer mense sonder werk sit en al minder belasting dus ingevorder word. Die toelaes kos die staat verskriklik baie en die mense wat belasting betaal kry nie dienste nie.

    Dit is hoekom daar dikwels so baie betogings en geweld is.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s