Bloed vir bier. SANBS beweeg in die regte rigting – begin om duik te maak in skenkers se behoeftes, maar word daar genoeg gedoen?

Ek was vandag by die bloeddiens waar ek elke 56 dae heen gaan om bloed te skenk. Vandag was my 24ste eenheid. Dis altyd ’n lekker uitstappie daar na my alma mater, die Universiteit van die Vrystaat se kampus. Dan sien ek hoe verander als. En as ek die studente sien ook weer hoe sekere dinge nooit eintlik verander nie.

Ek skenk nie bloed vir die presentjies nie. Ek is seker jy sal meer maak as jy vuil ou klere aantrek en by die robot (die verkeerslig vir mense buite ons land se grense, ons gebruik die woord ‘robot’ as sinoniem vir verkeerslig) gaan staan en jou hand uithou. Ek skenk eerstens want jy word getoets. Jou bloed, jou yster, jou bloeddruk. Tweedens word die bloed vir ’n goeie doel gebruik. Derdens gesels jy lekker met die mense daar. Hulle ken jou gesig later. Vierdens, askies nee hierdie is eintlik die eerste rede en die res skuif als een aan, die koekies en koeldrank natuurlik! Deesdae kry jy daar waar ek skenk ook die opsie van koffie, wat ’n welkome variasie is. Sesdens kry jy ’n teksboodskap, of, soos ons dit in Suid-Afrika noem, ’n sms (Short message sevice). Hierdie duur en uitgediende tegnologie is besig om by die dag meer en meer ’n rare verskynsel te word. Al wie deesdae nog “sms’e” stuur is

1. Die bank (veral met transaksies).
2. Jou ma (asook baie tegnologiese dinosourusse soos sy).
3. Sommige adverteerders.

Kortom, ek skenk nie bloed vir die geskenkies nie, maar dit is ook redelik gaaf, veral die idee (nie die geskenkies altyd nie). As ek reflekteer op my goed wat ek gekry het:

– My medalje het ek weggegooi, so ook die borsspeld.
– In 2011 het ek ’n waterbottel gekry wat meer water op jou klere laat beland het as in jou mond – vullisdrom toe.
– My coolbag het ek goed gebruik. Hy het later skoon begin lostrek van al die gebruik.
– Die sak is waarskynlik die beste item. Dis sterk en baie handig.
– My kombers gebruik ek nie eintlik nie. Dit le iewers maar ek weet nie waar nie.
– Ek het ook ’n tipe winkelsak gekry wat ek nou die dag finaal weggegooi het.

Maar vandag by my skenking toe kry ek onder ander hierdie:

foto0034

Nou ja, dit is maar net ’n druppel in die emmer, maar ek voel ons is nou dalk besig om vordering te maak. My voorstel is ons moet kyk na ’n beer year. Miskien ’n gelukkige trekking – gratis bier vir ’n jaar . . .

Vir my is hierdie bier ’n probleem. Ek wil hom he. O ek wil. Maar die rit Spur toe gaan my seker klaar R10 kos. Dan die karwag. En wat van die kelner? Wat tip ek in hierdie geval? 100%? 1000%? Nee! nee! nee!, ek is nie ondankbaar nie maar hierdie voucher bemoeilik dinge . . . Dis vir my so reg en tog so unfair SANBS!!! Julle skep verwagtinge soos onderwysers wat goeie punte gee aan onaantreklike leerders. Dit skep totale onrealistiese verwagtinge en dis net regtig onverantwoordelik. Ek is boonop seker daar is mense wat as gevolg van hierdie voucher klomp geld by die Spur gaan mors.

Daarom is ek in my gemoed verdeeld oor hierdie ding. Diep verdeeld.

Maar dankie, nietemin.

🙂

Advertisements

4 comments

  1. Die SANBS se winkel by die Thakanengbrug op die Kovsie-kampus het vir my baie vreemd gelyk, want in Nederland is daar maar net ‘n paar plekke waar ‘n mens bloed kan skenk. Nou is ek baie skepties oor bloedskenk (dalk ontereg, want ek dit nog nooit gedoen het nie). Die kampuswinkel het vir my nooit regtig so skoon as sy Nederlandse ekwivalente gelyk nie.

    Die Nederlandse gesondheidsdienste waarsku Nederlanders om geen bloed in SA te skenk nie. Nou verstaan ek die waarskuwing vir die gemiddelde Suid-Afrikaanse staatshospitaal, maar as ek ‘n bloedskenker sou wees, sou ek die kampuswinkel wel vertrou. So’n winkel op kampus maak die drumpel baie baie baie laag om tog bloed te skenk.

    Komplimente vir jou bloedskenkery, Barend!

    • Ek kan nie regtig vergelyk nie Christian want ek ken nie Europa nie en ek glo amper nie ek sal Europa ooit in my lewe sien nie. Afrika is al wat ek ken en as ek hier moet weggaan sal my hart stukkie vir stukkie doodgaan. Dis my huis hierdie dis al wat ek ken en al wat ek wil he.

      Al wat ek weet is ek was nog nooit bang om bloed te skenk nie. Nee ek is banger vir die NG kerk dominee (of enige ander sekte se prediker for that matter) se preke as om bloed te gaan skenk.

      Ek gaan hierdie jaar November my 25ste eenheid skenk. 25 eenhede was my eerste groot doelwit. My nuwe doelwit sal dan 50 skenkings wees wat ek DV in 2019 sal haal.

      Ek dink selfs daaraan om te begin plaatjies skenk want ek is al genooi.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s