die lewe is moeilik

Ek sal nie stry nie. Die lewe is ingewikkeld. Hulle sê Suid-Afrikaners spaar te min. Ons is nie ’n nasie wat spaar nie. Maar dan weer is dit ook ’n slegte ding as besteding afneem. Dan trek baie sektore swaar. Ons verbruikerskultuur besoedel die aarde en bedreig ons omgewings, maar nogtans hou dit baie mense aan die lewe.

En so is dit ook met die ons geldeenheid, die rand (in die praktyk nog ten minste, op papier is die ook mos deesdae die Mandela). Die ding met die rand werk so: As die rand verswak, dan is dit baie goed vir ons uitvoere. Dan kry ons baie meer vir dit wat ons uitvoer. Maar die probleem is dat dit petrol dan baie duur word.

Ja alles in die lewe is so. Ook die rentekoers. As die rentekoers hoog is dan is dit goed vir pensionarisse, maar o wee dan kry die mense met lenings weer erg swaar.

As daar vrede is gaan minder mense gewelddadig dood. Maar die wapenindustrie kry geweldig swaar. As daar oorlog is dan eet die mense wat wapens bou darem weer bietjie, maar dan is dit geweld, veral teen weerlose mense soos vroue, kinders, gestremdes en oumense.

Myne. Kyk watse gemors los elke myn agter! Maar sonder die myn het baie mense geen werk nie.

Dit lyk my elke ding in die lewe skep probleme en dit skep oplossings. Daar is niks in die lewe wat ooit perfek is nie en een van die grootste probleme in ons samelewing is die mense wat dink dat alles perfek moet wees.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s