HELP: Ek’s nuusverslaaf

Nee, in teenstelling tot die meeste mense, lees ek geen koerante, webwerwe of tydskrifte in die kleinste kamertjie nie…

Elke keer as ek weer toegang tot internet kry, begin my rondtjie. Langs die nuuswebwerwe. As ek opstaan – vir Nederlandse begrippe baie vroeg  omstreeks 6:00 uur – het ek gewoonlik by Nuus24 se webwerf begin. Van die Afrikaanse en Nederlandse webwerwe wat ek besoek het hulle gewoonlik die eerste begin. De Telegraaf, die grootste Nederlandse koerant, se webwerf word gewoonlik vanaf 6:30 uur opgedateer. Ook die NOS, Nederland se onafhanklike staatsnuusdiens, se webwerf kry ’n eervolle besoek. Al die webwerwe kry ’n besoek as ek nog in my bed lê… Slimfone kan tog baie handig wees.

Nadat ek gestort het, is De Telegraaf deur die koerantloper by die huis besorg. Ek lees so 15 minute die belangrikste berigte in Nederland se grootste oggendkoerant.

Na my ontbyt gaan ek op pad universiteit toe. Tydens my reis na die universiteit lees ek die twee gratis Nederlandse dagblaaie Metro NL en Sp!ts. Dit bevat amper nuus en is gewoonlik meer die reis se tydverdryf.

Iewers in die dag surf ek ’n bietjie na Nuus24 (nou nie meer nie) of die Vlaamse koerant De Standaard. In die ure op die universiteit dat ek geen klas het nie, kan ook Maroela Media ‘n besoek verwag. Maroela Media se nuuskommentaar is altyd baie insiggewend en ek raai dit vir almal aan om te lees.

Terug huis toe is die enige nuuslose oomblik. Na die aandete gaan ek weer ’n bietjie rond oor die webwerf. Maroela Media, De Telegraaf en die NOS se webwerwe. Ook begin ek gewoonlik ’n stukkie te skryf vir hierdie webwerf, Die Afrikaanse opinieplatform. Soms skryf ek klaar en soms nie. My rekenaar staan vol met beginstukkies vir opinie-artikels. Ook besoek ek De Standaard se webwerf weer rond ’n uur of sewe.

Na ongeveer 8 uur in die aand raak die Afrikaanse webwerwe stil. Nederlandse webwerwe se intensiteit gaan omlaag. Een nuwe berig per uur raak standaard. Vir my is dit nie genoeg nie.

Dus ek gaan na die Amerikaanse dele van die Nederlandse taalgebied. Daar in Suriname en op die Nederlandse eilande in die Karibiese see is dit op daardie oomblik nog middag. Die webwerf van De Ware Tijd, die grootste koerant van Suriname, kry ’n besoek. Ook Versgeperst, die grootste Nederlandstalige nuuswebwerf van Curaçao, se joernaliste skryf lekker artikels.

Na hierdie rondjie gaan ek slaap. Genoeg nuus. Moeg na ‘n lang dag.

Elke uur van my dag is daar splinternuwe artikels oor die nuutste buitelandse nuus. Wat skryf hulle oor Amerika, oor Sirië? Is daar nog taalkwessies? Wat bring die lande se politieke kronkels nog? Politieke krisisse in Curaçao en België, korrupsie in Sint Maarten en Suid-Afrika. Blyk Suriname en Namibië se binnelandse beleid weer eens gevoelig te wees?

Ja. Ek is nuusverslaaf. Gewoonlik weet ek binne vyf minute van ’n groot gebeure. Om van die draadloos wat ook nog geluid produseer (lees: nuus verksaf) nie eens te praat nie.

Ek beken. Gelukkig is dit – buite Naspers se invloede – geen misdaad om nuusverslaaf te wees nie.

Maar sonder hierdie nuusverslawing en die kennis wat daaruit voortspruit, kon ek nooit hierdie opinie-artikels skryf nie. Hoewel, hierdie artikel is behoorlik opinieloos…

En die laaste nuus? Op ons tuisblad kan jy die skakels na Maroela Media en Die Republikein (Namibië) se nuutste berigte vind…

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s