Die Burger berig Mandela is uit die hospitaal

Oudpresident Nelson Mandela is volgens berigte uit die hospitaal ontslaan nadat hy nagenoeg drie maande in die Medi-Clinic in Pretoria was. Daar word ook berig dat sy huis effektief omskep is in ’n hospitaalsaal om die verswakte Mandela behoorlik te kan versorg.

Interessante dinge wat gebeur het sedert 8 Junie:

– Daar het ’n hele anti-Naspers beweging tot stand gekom. Hierdie beweging se aktiwiteite het hoofsaaklik gewentel rondom hulle Facebook blad waar hulle poog om Suid-Afrikaners daarvan te laat afsien om enige Afrikaanse Naspers publikasies aan skaf, onder meer Huisgenoot, Burger, Volksblad, Beeld, die Son en Rapport.

– Die anti-Naspers beweging het hulle Bakkiesblad bladsy (Facebook page) met groot fanfare van stapel gestuur. Die hoofpremis van hulle aktiwiteite was verwoord in ’n “artikel” waarin beweer was dat Nelson Mandela reeds oorlede is, maar dat die rede hoekom die ganse mensdom nog nie daarvan weet nie als maar als Naspers se agterbaksheid is weens die feit dat Naspers kop in een mus met die ANC is. Toe dit egter duidelik word dat Nelson Mandela REGTIG nog lewe, is die berig verwyder. Net soos vele regse webblaaie het hierdie ouens hulle ook maar ontbloot as terroriste wat chaos veroorsaak deur die een strooistorie na die volgende te versprei.

– Uit die noorde het oudok sy stem laat hoor ten gunste vir die anti-Naspers veldtogte. Ek kry nie meer die skakel na oudok se oorspronklike stuk nie maar daar is wel nog webwerwe waar dit gelees kan word. Mens wonder, so in jou stilte, of oudok weer in 2016 vir die Vryheidsfront Plus gaan staan en wat sy mening is oor sy party se beoogde samewerking met die UDM, ACDP en COPE.

– Een van hierdie anti-Naspers medewerkers het my outomaties en sonder my toestemming toegevoeg tot hulle haatblad op Bakkiesblad, waar ek myself verwyder het. Ek moes ook die betrokke persoon van my kontakte af verwyder. Ek is ’n reuse voorstander van vryheid van spraak, maar dis tog gaaf as jy mense eers vra of hulle deel wil word van jou haatblaaie.

– Soos ons almal weet het Nuus24 tot ’n einde gekom. Die Afrikaanse Opinieplatform is ’n direkte uitvloeisel van die beëindiging van Nuus24. Naspers publikasies se verhouding met Afrikaans is inderdaad nie wat dit altyd was nie, maar die boikot van hulle Afrikaanse publikasies is waarskynlik ’n groter gatslag vir die Afrikaanse taal as vir Naspers self. Dit is vir my asof veral die Sondagblad Rapport ’n ernstige knou gekry het. Maar dis maar net my mening.

– Intussen het daar reuse geleenthede begin ontstaan, aangesien daar ’n behoefte is vir nuus in Afrikaans. Alternatiewe persgroepe begin al meer en meer van die gate toestop en sal in die toekoms waarskynlik ’n NOG groter rol begin speel, veral in digitale vorm.

– Die Blou bulle het weer gister sleg verloor en ons moet maar duimvashou dat die groen bulle, uhm, askies die Springbokke die komende naweek sal skitter daar oor die waters.

– Afrikaans is en bly die lekkerste taal ooit.

Advertisements

4 comments

  1. Thanks for your marvelous posting! I certainly enjoyed reading it,
    you may be a great author. I will make sure to bookmark your blog
    and will come back sometime soon. I want to encourage yourself
    to continue your great job, have a nice holiday weekend!

  2. I am not sure where you are getting your info,
    but great topic. I needs to spend some time learning much more or understanding more.
    Thanks for great information I was looking for this information for my mission.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s