Nuwe Nuusflitse-diens het nouliks waarde

Die ‘Nasperssentrum’ in Kaapstad. Die gebou is die hoofkantoor van Naspers. Ook Media24 en Nuusflitse is hier gevestig.

Op 1 Augustus het Media24 sy nuusdiens Nuus24 gestop. Nuus24 se webwerf, inklusief sy argief het verdwyn. Media24 het die diens omgeskep tot Nuusflitse. Nuusflitse se “berigte” is bereikbaar via nuus24.com of via Beeld, Die Burger en Volksblad se webwerwe.

Wie gaan kyk na Nuusflitse se ‘nuusberigte’, word verseker teleurgestel. Die ‘nuusdiens’ dra sy naam toepaslik. Die berigte is soos flitse so kort. Die gemiddelde berigte is 5 tot 7 sinne lank. Geen agtergrond word gegee nie. Geen toeligting word gegee nie. Dis net ‘n weergawe van die feite.

‘n Berig soos hierdie:

Madiba is nie ontslaan

JOHANNESBURG. – Die presidensie het Saterdag gesê berigte dat oudpres. Nelson Mandela uit die hospitaal ontslaan is, is onwaar.

“Madiba is steeds in die hospitaal in Pretoria en hy bly in ‘n kritieke maar stabiele toestand. Sy toestand is soms onstabiel, maar hy reageer op mediese behandeling,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Verskeie nuusagentskappe het Saterdag berig dat Mandela uit die hospitaal ontslaan is.

Die berig mag dalk korrek wees, maar die berig roep talle vrae op. En vir ‘n leser wat net gratis Afrikaanse nuus van Media24 wil/kan lees, kom die berig nogal onverwag. In so’n berig moet minstens vertel word wie gesê het Mandela het die hospitaal verlaat. Ook word verwag dat die leser die antwoorde op die volgende vrae weet:

  1. In watter hospitaal is Madiba?
  2. Watter nuusagentskappe het dit berig?
  3. Sedert wanneer is Mandela in die hospitaal?
  4. Hoekom is Mandela in die hospitaal?

As die leser slegs op Media24 se gratis Afrikaanse nuus moet vertrou (lees: Nuusflitse), weet die leser die antwoorde nie. Hiermee oortree Nuusflitse een van die belangrikste joernalistieke grondreëls: volledigheid. Die artikel is nie volledig nie.

Johannes Froneman skryf op Maroela Media oor sy afsku oor die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se besluit om Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, die Frans du Toitmedalje vir bedryfsleiding toe te ken. Hoewel ek met Froneman se joernalistieke redes saamstem hoekom Bekker die prys eintlik nie behoort te kry nie, stem ek, weens bedryfsmatige redes, wél saam met die toekenning.

Die Akademie gaan nie net oor taal. Die Akademie gaan ook oor wis- en natuurkunde en óók oor die wetenskap van bedryfbestuur. As ‘n mens kyk na die bedryfbestuur en finansiële resultate van Naspers as geheel, is Bekker se beleid amper ongesien. Sy beleid is ongesien doeltreffend. By tradisonele bedryfsvoering kyk bedryfsleiers dikwels na kwaliteit of kwantiteit. By moderne bedryfsvoering kyk bedryfsleiers eerder na doeltreffendheid. En Bekker het dit as een van die eerste gesien. Naspers se bedryfsvoering is vanuit ‘n finansiële en aandeelhouersoogpunt ‘n ligtend voorbeeld. In hierdie lig is die toekenning van die Frans du Toitmedalje vir bedryfsleiding volgens protokol.

Terug naar Nuusflitse. Die feite-weergawe van Nuusflitse se berigte, waarin geen plek vir besinning en agtergrondinligting is nie, kan baie as doeltreffend omskryf word. Dit pas tipies in die Naspers-strategie. Maar Nuusflitse, en sy maatskappy, Media24, is nie ‘n gewone bedryf nie. Dit is ‘n diens. Dit is nie Ir.Deto of Tescent nie. Naspers kan nie WeChat op dieselfde manier bestuur as Tescent nie. WeChat, met meer as 400 miljoen gebruikers, is nes Nuusflitse ‘n Naspers-diens. Dit is ‘n diens wat direkte kontak met mense onderhou. Dit verlang ‘n ander bestuur as ‘n bedryf wat met bedrywe handel. Dalk moet Koos Bekker dít nog sien.

Eerder het ek al geskryf dat veranderings op Naspers se Afrikaanse persmark groot intellektuele gate in die Afrikaanse wêreld slaan. Die joernalistieke vlak daal baie vinnig. So het Hannelie Booyens, Rapport-redakteur, na verluid ook gesê.

As Nuusflitse se slagspreuk daadwerklik ‘doeltreffend‘ was, kon Media24 ook nuusflitse slegs via twitter versprei. Kort, vinnig, baie nuus, 1 werkplek. En dus kan ‘n mens die twitter-nuusflitsediens met slegs ‘n paar medewerkers 24 uur per dag goedkoop aan die gang hou.

Want laat ons goed beskou. Nuusflitse se ‘artikels’ bevat nouliks meer inligting as die gemiddelde twiet. Dit maak dat Nuusflitse nouliks waarde het. Dit was ‘n groot fout om Nuus24 te sluit. Ek voel regtig jammer vir die ou Nuus24-redaksie.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s