‘Pink pantoffels’ het SANW se standaard geword

Die Suid-Afrikaanse Leër oefen reëlmatig met die Koninklijke Landmacht (KL/RNLA) in die Noord-Kaap. Die Koninklike Landmag doen dit om vertroud te raak met vreemde omgewings en kulture. So oefen die Nederlandse weermag jaarliks in die bosse van die Amasone, in eie tropiese waters en in koue Skandinawiese gebiede. Die onderstaande materiaal is gemaak deur die Koninlike Landmag tydens hul oefening in Lohatla in die Noord-Kaap (waar die vegskool van die SA Leër gevestig is) en die video bevat nogal skokkende beelde oor die huidige taktiese standaard van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. 

Video: Nederlandse elitetroepe word “getrain” deur die SANW.

Nederlandse troepe loop gewoonlik nie kaalvoets nie. Nederlandse soldate maak gewoonlik geen vuurtjies met kondome nie. Hollandse kolonels is nie vriendelik ernstig nie. Hulle is ernstig óf vriendelik. Ook die seremoniële steenlegging is vreemd vir die Hollanders. Die Nederlandse weermag is ‘n hoogs professionele organisasie. Soos enige weermag behoort te wees.

In die onderstaande video voer die Nederlandse weermag ‘n militêre landing uit op die kus van die Nederlandse (tropiese) eiland Curaçao.

Video: Nederlandse oefenlanding op die kus van Curaçao

Oor die finansiële probleme in die SANW is die laaste tyd baie gesê. Finansiële probleme het die SANW lam geslaan. Voertuie staan stil, vliegtuie werkeloos op die grond en bote lê aan wal. Maar hierdie finansiële probleme is bloot finansieel, nè?

Nee. Die boonste video toon ‘n verafrikanisering van die Suid-Afrikaanse strydkragte na 1994. Andere kulture se gebruike het in die weermag posgevat. Die weermag, wat in feite baie westerse eienskappe het, moes verafrikaniseer, omdat mense van Afrika-kulture in die weermag moet kan dien. Die SANW moes homself in staat stel om mense van Afrika-kulture gedeeltelik te kan verwester.

Nederland het met sy Arubaanse en Curaçaose krygsmagsdele dieselfde gedoen – maar hierdie krygsmagsdele funksioneer. Die SANW egter nie…

Wie is ek om Afrika-kulture te kritiseer? ‘n Behoorlike weermag behoort aan sekere standaarde te voldoen, soos dissipline, trou, dapperheid, standvastigheid en opofferingsgesindheid. ‘n Weermag behoort die belange van andere, medemense en burgers, te beskerm. Ook Afrika-kulture kan hierdie standaarde sukselvol bied; kyk na ander lande in Afrika. Weermagte behoort nie – of slegs as hul eie taak in gevaar kom – naar hul eie belange te kyk nie. Ook moet enige weermag elke skyn van eiebelang vermy.

Die SANW doen dit nie. Die bestuur kyk mooi vir homself en sy eie mense. Ten koste van Suid-Afrika se weerbaarheid. En die organisasie is nie bang om dit vir die buiteland te toon nie.

Die SANW se leiers en die ANC-regering moenie spog nie, maar die probleme in die weermag uitsorteer. Die ANC moet stop om die SANW te vervorm tot sy eie ‘goue wapen’. Want almal weet dat goue wapens nie kan skiet nie. En die enige keer dat dit kon, het die goue geweer sy eie baas vermoor… 

Advertisements

2 comments

  1. Ek was in die ou SAW gewees en trots daarop.Daar was dissipline,respek,trots en die opleiding was puik gewees.Die toerusting was in goeie kondisie en die soldate het geweet hoe om daarna te kyk.Die SAW was n goed geoliede masjien met ongelooflike slaankrag en mobiliteit.Vandag se weermag,die SANW,is ongedisiplineerd,swak opgelei,geen trots en respek,en boonop kan hulle staak ook.Ongelooflik né,n weermag wat staak! Die toerusting en voertuie is in swak toestand of werk nie.Hoe kan sulke ouens oorlog voer? Ek sidder om te dink hoe die SANW die land sal kan verdedig.Nee wat,die ou SAW was die beste met top bevelvoerders soos Genl Constand Viljoen,Genl Jannie Geldenhuys,Genl Roland de Vries en dies meer.Puik gewees!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s