Internasionale Sirië-ingrype gevaar vir SA

Die Siriese president Assad ontmoet die Russiese president Medvedev.
Die Siriese president Assad ontmoet die Russiese president Medvedev in 2010. Rusland is Sirië se belangrikste bondgenoot. (Foto: Wikimedia Commons; http://www.kremlin.ru)

Noudat die Siriese burgeroorlog verder eskaleer met die gebruik van chemiese wapens, raak die wêreld se politieke verhoog verder verdeel. Westers-Europese lande, waaronder die VSA en die Verenigde Koninkryk wil teen president Assad ingryp, terwyl die Oosterse lande, waaronder Rusland en Iran, wil dat Assad sy mag behou.

MaroelaMedia skryf dat ’n internasionalisering van die Siriese burgeroorlog Suid-Afrika slegs sal tref weens ’n oplopende oliepryse en dat ander sake ’n belangriker vir die land is. Dit mag dalk so wees, maar die verskuiwings in die internasionale verhoudings raak Suid-Afrika al hoe harder. Nie in die minste mate deur die ANC se eie optrede.

Die ANC het danksy apartheid taamlik berugte bondgenote geërf. Die bondgenote kry baie aandag in die ANC-regering se internasionale beleid. Of dit tereg is, is betwisbaar. Maar Kuba, Iran, Venezuela is bondgenote waarvan elke westerse land gruwel. Hulle behoort tans tot Suid-Afrika se voorste bondgenote.

Hierdie groep van anti-westerse lande sal ’n toekomstige aanval op Sirië ernstig veroordeel. Verhoudings tussen die groep van anti-westerse lande en die groep van westerse lande sal verder verslegter. Maar hoe raak dit Suid-Afrika?

Suid-Afrikaanse regerings het sedert 1994 ’n baie besondere rol gekry as “vredestigter”. Na die euforie van 1994 was die ANC-presidente dikwels suksesvol om internasionale konflikte uit te sort. Maar sedert 2005 is internasionale vredespogings van die Suid-Afrikaanse regerings minder suksesvol. Na publieke steun aan diktators soos Mugabe en Kaddafi het die ANC se internasionale rol as vredestigter verdwyn.

Zuma se pogings in Libië om die diktatorskap van Kaddafi te red was ’n groot fout. Om van die storie in die Sentraal-Afrikaanse Republiek nie eers te praat nie. Zuma se oproep om die verkiesingsuitslag van die Zimbabwaanse verkiesings van hierdie jaar te erken en om die internasionale sanksies teen Zimbabwe te onttrek, was dalk die doodsteek vir die internasionale waarde van Suid-Afrika se internasionale politieke beleid. Die ANC het sy waarde as vryheidsparty op internasionale vlak verloor.

Die westerse lande sal nie weer Zuma (of sy toekomstige ANC-opvolger) as onderhandelaar in enige internasionale konflik respekteer nie.

Westerse lande verstaan nie die ANC-regering se bongenootskappe met Kuba, Venezuela en Iran nie. Hoewel Iran nie regtig ’n bondgenoot van die ANC is nie, is die ANC in so’n mate kritiekloos teenoor die Islamitiese regime dat die ANC in verhouding met die internasionale gemeenskap as ’n bondgenoot van Iran beskou kan word. Die VSA kyk ook met argusoë na Suid-Afrika se verhoudings met Kuba, terwyl Nederland met meer as algemene belangstelling Suid-Afrika se verhoudings met Nederland se grootste buurland in die Karibiëse gebied, Venezuela, dophou. Veral omdat Venezuela reeds partykeer gedreig het om oorlog met Nederland te begin…

Die ANC-regering sal in die internasionalisering van die Siriese burgeroorlog op eiers moet loop. As hy onverhole die kant van president Assad, Rusland en Iran kies, sal en kan hierdie soveelste afwyking van westerse standpunte nie sonder westerse antwoord bly nie.

Die houding van die Suid-Afrikaanse regering in die internasionalisering van die Siriese burgeroorlog gaan die toekoms van Suid-Afrika se internasionale beleid definitief bepaal. Almal weet die antwoord. Die ANC sal verder afskeid neem van westerse standpunte.

1994 is verby. Vir almal. Ook op internasionale vlak. Behalwe vir die ANC. En hierdie onkunde van die ANC kan groot gevolge op internasionale vlak vir Suid-Afrika hê.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s