Bloemfontein bustoer saam met die vriende van die Ou Presidensie, 24.08.2013

Ek was Saterdag bietjie op ’n bustoer deur Bloemfontein saam met die Vriende van die Ou Presidensie. Dit was ’n absolute fees en ek kon dinge leer van Bloemfontein wat ek nooit sou geweet het nie. Die opkoms was regtig iets besonders, daar was ’n hele skoolbus vol mense – ongelukkige meer van die hoerinkomstegroep (lees oumense), maar dit was nogtans verblydend dat daar nog so baie mense is wat die erfenis so waardevol ag om op ’n Saterdagmiddag so ’n toer mee te maak. Die Vriende van die Ou Presidensie verdien lof vir al die moeite vat dit doen om die erfenis so toeganklik en relevant vir mense te maak.

Die Eerste Raadzaal is natuurlik die oudste gebou in Bloemfontein. Dit was soms ‘n skool, soms ‘n kerk, en ja, ander kere natuurlik die raadsaal.

image (2)

image (1)

En hier is die Ou Presidensie! Dit is interessant om daarop te let dat die deel in tweede foto, die deel wat ‘laer’ is as die ander deel, nog deel was van die oorspronklike ‘eerste’ ou presidensie.

image (4)

image (3)

Skole speel ‘n reusagtige rol in Bloemfontein. Behalwe vir die Universiteit van die Vrystaat, is van Afrika se bekendste skole in Bloemfontein. Die baie bekende Grey College was eers in hierdie bietjie meer nederige geboutjie, soos gesien kan word in die eerste foto, voordat dit geskuif het na die huidige perseel waar dit vandag nog staan. In die tweede foto is Oranje meisieskool.

image

image (8)

Bloemfontein het ‘n REUSAGTIGE rol gespeel in die ontwikkeling van Afrikaans. Die heel eerste hofuitspraak in Afrikaans is in Bloem gelewer. By die Vrystaatse sinode van 1908(?) het ene N.J. van der Merwe gepleit vir die aanvaarding van Afrikaans as Bybel en kanseltaal (as ek die toergids reg verstaan het!). Die redakteur van die dagblad die Patriot, wat deur die Genootskap vir Regte Afrikaners uitgegee was, ‘oom Lokomotief’, het eiendom in Bloemfontein besit en was ook onderwyser hier. Die oudste Afrikaanse dagblad op aarde, Volksblad, is natuurlik nog vandag net so deel van Bloemfontein soos altyd. En dan was daar ook natuurlik generaal J.B.M. Hertzog. Generaal Hertzog het in Bloemfontein gebly tot hy in 1924 Eerste Minister geword het. En ons weet wat Hertzog vir Afrikaans/Nederlands gedoen het met sy skolewet. In die volgende foto sien ons die Hertzoghuis.

image (5)

Pragtige Bloemfontein:

image (6)

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s