Bokke stel teleur

(Foto: Hamish McConnochie)
Die Springbokke teen Nieu-Seeland in 2006 se ‘drienasies’ (Foto: Hamish McConnochie; Wikimedia Commons)

Dit was een van daardie naweke wat mens wonder of die wedstryde nie gekook was nie. Die Bulle, WAT HET DIE BULLE TOG AANGEVANG?

Die Cheetahs? (Die Sharks het ook maar lelik foute gemaak)

Die Bokke?!

Die Springbokke het natuurlik 2 groot rekords gebreek onlangs. Verlede naweek was hulle grootste wen ooit teen Argentinië. En hierdie naweek het die Bokke hulle eerste wegwedstryd in die “Kampioenskap/voorheen ‘drienasies’” gewen sedert 2009. Dit was, met ander woorde, toe Peter “Snorre” de Villiers nog aan die stuur was. En hulle het net-net gewen. Ek dink die Bokke het die eerste keer laat in die 2de helfte die voortou geneem. Baie laat in die tweede helfte. Die Pumas het vir die grootste gedeelte van die wedstryd voorgeloop.

Ek dink ’n week gelede het baie van ons Bok ‘supporters’ nog so tinteling in ons gemoed gevoel. So opgewondenheid. Oor die jaar wat voorlê. Maar na dese sien ons net gate in ons spel. Miskien was Soweto, 17 Augustus 2013 net ’n ligte mistykie. Want as ons gaan speel soos ons vandag gespeel het teen Australië en Nieu-Seeland, dan kan ons maar onttrek aan 2013 se kompetisie.

Laat ons eerlik wees, dinge lyk nie goed vir die Bokke nie. Mag die Bokke ons verkeerd bewys!

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s