Aanlynbekendheid en sosiale media

Die perfekte lewe vir jong mense: ‘n Gratis fees wat 95% van hul vriende misgeloop het…

Elke land, elke bevolkingsgroep het sy eie bekendes. Publieke persone, wie se lewe deur duisende aanhangers – in meer of mindere mate – gevolg word. Meisies, jong seuns, huisvrouens, eintlik maar almal, het die selfde fantasie oor bekendes en bekend wees.

Daar is drie tipe bekendes. Die eerste groep is bekend om wat hulle doen. Hulle is dikwels nie gelief nie. Politici en sakemense val in hierdie groep. Die tweede groep is bekend om wat hulle kan. Hulle is dikwels wél gelief. Waar hulle kom, skreeu die menigte vir ’n aanraking. Hulle is dikwels sporters, akteurs, ens. Die derde groep is die groep wat bekend is, omdat hulle bekend is. Daar is geen rede hoekom hulle bekend is; hulle het niks gedoen nie en het dikwels ook nog ’n gebrek vir talente. Miskien is Paris Hilton, die kleindogter van die Hilton-hotelgroepbaas, ’n internasionale voorbeeld.

Die  sosiale media, internet en vinnige slimfone bied toegang tot ’n groot verhoog met meer as 3 miljard mense in die publiek. Party mense gebruik internet om hulself te profileer. Mense wil gesien word. Hulle wil ’n fanbase. “Ondersteuners.” Ander mense, wat droom om so’n lewe te kan hê.

Om so veel as moontlik “likes” te kry, publiseer mense hul “lewensverhaal” op internet. Aanlyn en regstreeks. Emosies word gedeel. Mense probeer volgers te kry. En ander mense raak verslaaf daaraan.

Maar mense is nie eerlik nie. Hulle is selektief. Net die awesome stories word gedeel. Die negatiewe kante van die lewe word nouliks getoon. ’n Skewe beeld word geskep. En ander mense glo daarin. En hierdie mense kry dikwels ’n negatiewe selfbeeld, met alle gevolge van dien.

Ook ek is selektief. Op Facebook spog ek met foto’s, geneem op Tafelberg, maar nêrens sal ’n mens die oggendfoto’s van sewe-uur-klas-op-die-Afrikaanse-universiteitskampus vind nie. Want om sewe uur in die oggend klas is nie cool nie, verseker nie vir studente van ’n Hollandse kampus, waar klas eers om nege uur begin nie.

Die perfekte lewe. Party mense glo daarin. Koninklikes koester al vir eeuelank die magie rond hulle bestaan. Want hulle het altyd die verhoog gekry. Later, met die opkoms van tradisionele media het ook ander hoës en atlete hierdie verhoog gekry. Sommige monargieë is onttroon na die opkoms van tradisionele media.

Maar met internet het die grootste veranderings gekom. Nou is die verhoog toeganklik, oop vir almal.

Maar mense – almal – moet onthou dat die perfekte lewe, soos mense dit toon op Facebook en ander sosiale media, onwaar is. Die reëls van die fysieke lewe, geld ook in die aanlyn-lewe. Verseker nou die tyd met volledige aanlyn-anonimiteit stadig maar seker verby raak.

Moenie jaloers wees nie. Die buurman se gras is slegs dikwels groener. Maar dit smaak altyd slegter.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s