Lesersartikel: Om te stem of nie te stem nie?

Soos ons weet is dit weer verkiesingstyd in 2014 en gaan politieke partye weer vry na kiesers se stemme. Gaan dit help om te stem en gaan my stem tel? Dis vrae wat gevra word deur kiesers en hul soek antwoorde.

Dis feitlik seker die ANC gaan die meeste stemme kry, maar hul gaan swakker doen as voorheen. Mense wat nie die ANC steun nie, moet juis gaan stem. Hoe meer opposisie daar teen die ANC is, hoe meer druk kan op hul geplaas word. Elke stem is dus belangrik en met die proporsionele stelsel gaan elke stem tel, want geen stem word gemors nie, terwyl dit nie saak maak vir wie jy stem nie.

Ignoreer dus die propaganda dat as jy vir n kleiner party stem, jou stem gemors gaan word. Dit is nie so nie. Vir wie stem n mens dan? Elke persoon moet kyk watter beginsels van ‘n party is dieselfde as syne en dan stem vir daai party.

Voorbeeld: ‘n Persoon staan sterk op Christelike beginsels, glo aan minderheidsregte en selfbeskikking, is trots op Afrikaans en trots op sy Afrikanerskap, is gekant teen aborsie, ondersteun die doodstraf, is gekant teen regstellende aksie en grondhervorming, en dies meer. Wel, dan is die Vryheidsfront Plus (VF+) heelwaarskynlik die party wat die beste na jou belange sal omsien en dan stem jy VF+. So stem elkeen dan vir die party van sy keuse.

Ná die verkiesing kan opposisiepartye ‘n koalisie vorm waar die ANC minder as 50% steun het en sodoende die mag uit die hande van die ANC hou. Daar hoef dus nie een party gestig te word waarin alle partye opgaan nie, want dit sal nooit werk nie.

Elke party het sy beginsels, identiteit en unieke karakter en ook sy kiesersmark wat vir hom stem. Soos alreeds gesê, kan daar dan na die verkiesing saamgewerk word. So, elke persoon kan gerus gaan stem en wel ‘n verskil maak.

Maak natuurlik net seker jy is geregistreer om te kan stem!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s