OASE vs. Orania?

Jaaaa, die Boere ne? Die Boere is ’n lekker klomp. Koppig. Danksy die Afrikaanse Opinieplatform het ek nou geleer van hierdie klomp mense. Hulle soek skynbaar ’n nuwe staat. Ek vind dit ABSOLUUT totaal en al fassinerend dat Bloemfontein ook deel van hierdie nuwe ‘staat’ gaan wees.

In die Noord-Kaap is daar natuurlik alreeds ’n groep mense wat hulself aktief beywer vir onafhanklikheid en wat nie net sit en dagdroom en lugkastele bou nie. Hoorie!, ek wil nog sien hoe hierdie OASE mense al die koppige mense van Bloemfontein gaan kan beheer en administreer hoor! Mense, EK WAG IN SPANNING!

Elk geval. Net soos met die Hervormers en die Steedsmisvormers en Andermisvormers en die stigters en die inkommers, soos in die kerke dus, so is daar ook skynbaar ’n spanning tussen die OASE-manne en die Orania-manne. Meer van die eersgenoemde se kant af op laasgenoemde af as andersom. So lyk dit. Ek is duidelik minder ingelig as die maatjies meer ten Noorde. Miskien is dit deels omdat mens altyd so sukkel om sitplekkies te kry by sekere vergaderings aangesien die goet altyd reeds vooraf gereserveer en gepreserveer is.

Maar as ek my eiertjie durf lê, tussen die twee konsepte, dink ek in my domgeit, het Orania die groter kans op sukses. Iets van die samestelling van Orania wil-wil vir my sê dat húlle ’n meer volhoubare konsep het. Ag, ek weet nie presies wat dit is nie. Dalk is dit iets te doen met eie arbeid of so iets. Ek sal nie weet nie. Ons sal maar moet wag en kyk. Maar ek voorspel nie dat Bloemfontein in my leeftyd deel gaan word van die voorgestelde nuwe multikulturele volkstaat waar die Afrikaners(?)/Boere(?) gaan regeer nie.

Advertisements

2 comments

  1. Barend,dis nie nodig om venynig te wees teenoor OASE se mense nie.Daar is plek vir verskeie groepe en denkrigtings wat Afrikanerselfbeskikking voorstaan.Laat ons elkeen konsentreer op dit wat ons hand goed vind om te doen en mekaar help om selfbeskikking te verwesenlik.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s