Lesersartikel: NP-leiers moet stilbly en die WVK was oneerlik

Hierdie lesersartikel het betrekking op twee ander opinies: Laat voormalige NP-onderhandelaars hul sê sê! en Wat anders kan ons doen?

By die destydse onderhandelings het die African National Congress (ANC) vir die Nasionale Party (NP) geheel en al uitoorlê. Die NP het geswig voor die “rolling mass action” van die ANC en basies het daar niks van hul beloftes gekom wat hul aan mense gemaak het tydens verkiesings en spesifiek die 1992-referendum nie.

Daar het absoluut niks van hul magsdeling en sogenaamde wigte en teenwigte gekom nie. Hul het die mag op n skinkbord aan die ANC gegee. Die ANC het die 1994-verkiesing oortuigend gewen en die NP het, soos ons weet, jare later opgegaan in die ANC. Van die eens magtige NP het niks oorgebly nie.

Die Afrikaner is aan sy eie genade oorgelaat en sy reg op selfbeskikking is weggegee deur die NP. Gelukkig kon die Vryheidsfront (VF+) dit regkry om artikels in die grondwet te kry rakende selfbeskikking. Vandag veg die VF+ onverpoosd voort vir minderheidsregte en selfbeskikking.

Wat die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) betref, kan mens net sê dit was nie ‘n regverdige proses nie. Mense kon allerhande uitlatings maak en hulle is geglo. Daar was nie werklik enige bewyse voorgelê nie en hul kon nie soos in ‘n hof onder kruisverhoor geneem word nie. Slegs die veiligheidsmagte wat onder apartheid gedien het, is aangevat en gedemoniseer.

Wat van die ANC, PAC en diesmeer se wandade? Hoeveel onskuldige mense is nie dood a.g.v. van bomontploffings en landmyne nie? Wie het hul eie mense laat sterf met die halssnoermetode en weggekom daarmee? Mens kan ‘n ellelange lys maak van wandade, maar niemand het geboet daarvoor nie. Dis mos alles gedoen in die stryd teen apartheid en daarom word dit as reg beskou, maak nie saak hoe onmenslik van die dade was nie.

Nee wat,die WVK was ‘n onregverdige en eensydige spul wat net belanggestel het in een kant van die saak.

Feit van die saak is die NP het die Afrikaner in die steek gelaat en mense soos FW de Klerk en Pik Botha moenie nou kla en sê die ANC hou nie by wat onderhandel is nie. Die NP het niks onderhandel nie, net eenvoudig alles weggegee en daarom moet hul maar liewer stilbly en in die vergetelheid verdwyn. Die Afrikaner het hul nie nodig nie.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s